Frans Naumann aka Frans se nuwe enkelsnit, DRONK OP LIEFDE, gaan jou baie vinnig in ‘n partytjie bui plaas en verseker lus maak om ‘n braaivleis vuurtjie aan te steek en te kuier saam met familie en vriende.
“Ja ek is dronk op liefde, jy het my hart laat gaan, ek kan nie ophou van jou drink nie, ek weet, ek is dronk op liefde, ek is dronk op jou, jy doen goed aan my wat my dronk maak op jou”.
DRONK OP LIEFDE” is Frans se debuut enkelsnit en beloof dit om enige POP-musiekliefhebber se hartskamers vining te oorrompel want ons almal bevind ons self een of ander tyd dronk op liefde…
Frans is gebore te Springs en is 31 jaar oud, hy het skoolgegaan van graad 1 tot graad 7 in Laerskool Welgedag, en van graad 8 tot graad 12 bevind hy homself in die gewilde hoërskool HTS Springs.
Frans noem dat hy al van kleins af ’n groot liefde vir musiek koester, in graad 10 sluit hy aan by die skool se sanggroep om sy groot liefde vir musiek te begin uitlewe.
Frans se ander groot passie is om te sing by sy kerk se spesiale eredienste of funksies, omdat hy so naby aan God lewe elke dag.
Nou waar kom Dronk op liefde vandaan?
Frans vertel dat hy vroeër die jaar besef het hy is nou gereed om sy debuut enkelsnit vry te stel en dadelik die bekende liedjieskrywer en musiek vervaardiger Vincent Gordon gekontak om hom te help met iets besonders, anders en nuut, Vincent het natuurlik nie geskroom om vir hom ’n liedjie te skryf nie, en so is DRONK OP LIEFDE gebore.
Van die eerste keer wat Frans “Dronk op liefde” gehoor het was hy absoluut mal daaroor, dit het hom soos ‘n handskoen gepas, sy droom is dat almal wat hierna luister die tye sal onthou toe hulle self ook dronk op liefde was.
“Dit is ’n gevoel wat jy nie sommer sal vergeet nie, al het dit ’n paar keer met jou gebeur, dit bly altyd ’n baie spesiale tyd in enigiemand se lewensverhaal”.
Dronk op liefde is nou beskikbaar op alle bekende musiek platvorms asook die musiek video op YouTube, gaan loer gerus.
“DRONK OP LIEFDE”
Vrystellings datum: 09 Julie 2021
Musiek video: https://www.youtube.com/watch?v=vFkFHL-EbcI
Label: Independent
ISRC Kode: IEL012112744
Skrywer: Vincent Gordon
Produksie: Vincent Gordon Studios
Media skakels:
Facebook: https://www.facebook.com/Fransfanpage/
Instagram: fransnaumann
Bemarking deur:
Artist Village
Ferdi J Steyn-Eicker
Tel: 079 455 701
Epos: ferdi@artistvillage.co.za
Facebook: https://www.facebook.com/artistvillagesa
Instagram: artistvillagesa