HUNTER LEITE OORKOM HAAR GROOTSTE VRESE IN NUWE ENKELSNIT.

deur Elingua Editorial Services Spits jou ore, want HunTer Leite se nuutste enkelsnit, Hoogtevrees, is beslis nie iets wat jy wil mis nie. Die liedjie is pas vrygestel en reg om die radiogolwe oor te neem. Dit spog met ’n strelende kontemporêre klank en diep lirieke, uit die pen van Rudi Claase, waarby luisteraars van alle ouderdomme sal aanklank vind. Hoogtevrees is ’n baie persoonlike liedjie wat gaan oor die vrees om alleen te wees in liefde en om iemand te vra om by jou te bly – deur goeie…

Lees meer

Kom GROET DIE GROTMAN 2 hierdie Sondag in jou sitkamer.

Die Grotman of te wel Wynand van Vollenstee (Karate Kallie en Gielie in Ouboet en Wors) is hierdie Sondag om 17:00 (25 Julie 2021) te sien in Groet die Grotman 2.  Hierdie is ‘n aanlynproduksie en die hele gesin kan lekker kyk in die gemak van hulle eie sitkamer. Daar is ‘n ouderdomsbeperking van PG16 op Groet die Grotman 2.  Besprekings kan gedoen word by www.itickets.co.za of 0118153000.  Daar is ook seisoenkaartjies teen R450 vir 5 aanlyn Kelderkonserte wat dan ‘n R450 besparing is.  Groet die Grotman 2 sal slegs…

Lees meer

Anton Thomas stel ‘n nuwe enkelsnit vry – Soms

Die Johannesburgse sanger Anton Thomas se nuutste enkelsnit Soms is ‘n liedjie met ‘n country-skop, maar dit beweeg weg van die meer tradisionele klanke en die resultaat  ‘n pure rock/country-plesier. Met dié liedjie het Anton probeer om verskillende genres te meng. “Ek is mal oor country en ek hou ook van sekere elemente van rock. Ek dink het ek daarin geslaag om met ‘n splinternuwe klank vorendag te kom,” vertel hy. Anton het veral bekendheid verwerf het toe hy aan Patricia Lewis se Supersterre deelgeneem het. Sedert sy deelname het…

Lees meer

Wedevaringe en reise as lugvaartingeneur gee aanleiding tot Kobus de Villiers se boeke.

Olka Bolka het Kobus gevra om sy biografie met ons te deel. Dit voel vreemd om oor myself as persoon te praat. Ek was altyd een van die ‘backroom boys’ by die werk, die ouens met die wit jasse, dik brille en penne in die bosak. Ek is ʼn lugvaartingenieur en my vrou het linguistiek studeer.     Ek het as kaalvoetseun op die myndorp, Welkom, in die Vrystaat groot geword en weens die nuus en algemene invloed van die 60s se koue oorlog en ruimteprogramme, was ek so beïndruk met…

Lees meer

Sien uit na nog meer drame, liefde en intriges in die 6de seisoen van Getroud met Rugby.

Ná vyf seisoene van Getroud met Rugby is dit vir Deon Opperman en sy span ’n eer dat ’n nuwe seisoen van dié gewilde kykNET-sepie op Maandag 19 Julie begin het. Seisoen 6 skop op ’n hartseer noot af wanneer die Stryders op Dinsdag 20 Julie, finaal vir Reitz Bekker (Sean van Noordwyk) groet. Reitz was in ’n ernstige motorongeluk, wat hom breindood gelaat het. Dit is ’n moeilike en hartseer tyd, maar “Stryders bloed is bloedrooi,” en die hele Stryder-gemeenskap sal weer opstaan.  Groot en opwindende storielyne propvol intrige,…

Lees meer