Kom GROET DIE GROTMAN 2 hierdie Sondag in jou sitkamer.

Die Grotman of te wel Wynand van Vollenstee (Karate Kallie en Gielie in Ouboet en Wors) is hierdie Sondag om 17:00 (25 Julie 2021) te sien in Groet die Grotman 2.  Hierdie is ‘n aanlynproduksie en die hele gesin kan lekker kyk in die gemak van hulle eie sitkamer. Daar is ‘n ouderdomsbeperking van PG16 op Groet die Grotman 2.  Besprekings kan gedoen word by www.itickets.co.za of 0118153000.  Daar is ook seisoenkaartjies teen R450 vir 5 aanlyn Kelderkonserte wat dan ‘n R450 besparing is.  Groet die Grotman 2 sal slegs eenmalig Sondag om 17:00 uitgesaai word en daar sal geen heruitsendings wees nie.

Dit is 20 jaar later. Grotman en Karen is steeds baie gelukkig getroud … of is hulle? Die kinders is tieners. Mans en vrouens verskil steeds en is eintlik van verskillende planete. Is alle mans steeds poepholle? Is alle vrouens steeds gaarders? Meneer en mevrou kom herken jouself in Groet die Grotman 2 en kom skaterlag vir jouself. Meneer jy gaan beslis die kans kry om vir jou vrou vinger te wys. En Mevrou jy gaan beslis die geleentheid hê om manlief in die ribbes te pomp. Groet die Grotman 2 is die ideale tonikum vir enige huwelik met Wynand van Vollenstee as die skreeusnaakse Grotman! Meer inligting by www.grotman2.co.za

Uitgereik deur Lefra Produksies
Meer navrae/onderhoude/kompetisies:
Charl Senekal – 011 815 3000 of admin@lefra.com

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →