KATE ROK KOM NEEM HAAR PLEK IN…

Kate Rok lyk soos ’n donkerkop superster… met ’n Voortrekkerkappie… maar sy is simbolies van die sterk vroue wat sy bewonder, asook haar onwrikbare trots op haar kultuur en herkoms. Haar musiek is net so uniek en emosievol soos die vrou wat dit skep en sy bewys dit met haar eerste enkelsnit, MAANGENADE.

Hierdie veelsydige musikant en liedjieskrywer, wat in Bethlehem gebore is en in Clarens woon, het nie nodig om ’n plek in die plaaslike musiekbedryf te kom verdien nie. Sy het eenvoudig haar plek vol selfvertroue kom inneem, Voortrekkerkappie en al, met die bekendsteling van MAANGENADE op alle digitale platforms op haar verjaarsdag, 1 Julie 2021, spesiaal vir haar land en haar mense.  Dié indrukwekkende enkeslnit is op 2 Julie 2021 aan alle radiostasies landswyd uitegereik.  

Hierdie liedjie gaan oor hoe nietig die mens is in vergelyking met die grootsheid van die skepping. Dit is nostalgies, maar ook modern en uniek en kombineer lekkerluister kampvuurmusiek met dramatiese elemente om ’n reënboog van klanke te skep, sonder reëls, net soos haar geliefde land.

“Hierdie lied het ek geskryf om te onthou dat ten spyte van die seer in ’n mens se lewe, daar ook soveel mooi en lekker dinge is. As jy daarop fokus, vind jy genesing in die vreugde van soveel ander goed – soos familie, vriende en die natuur,” verduidelik sy. “Ek raak soms baie vies oor die situasie in my land, maar dan besef ek dat die genade van my opvoeding en hoe ek redeneer, gesetel is in kennis wat ek onverdiend ontvang het. As jy besef hoe groot rol jou genade-aandeel in jou lewe speel, behoort jy meer empatie en liefde uit te deel, ongeag wie dit is.”

Kate Rok glo dat die publiek van die liedjie sal hou omdat dit positief, patrioties en romanties is en sy is ongelooflik trots op die eindproduk. “MAANGENADE gaan oor ’n universele tema. Dit laat jou trots voel op jou kultuur en jou eie bestaan, maar hopelik inspireer dit ander ook om nog liewer vir jouself, jou medemens, jou kultuur en land te wees.”

Dié treffende liedjie word ook gekombineer deur ’n hoendervleismooi musiekvideo wat op 6 Julie bekendgestel is en afspeel op haar pa se prentjiemooi plaas in Clarens. Adelheid Broom was die regisseur van dié besonderse video, met haar Great Dane – Barnaby – in die hoofrol en Dawid Raath agter die kamera.

“Ek en Barnaby gaan oral saam. Hy is my beste vriend en my beskermengel… ’n legende in my gemeenskap. In die video, wou ek die dinge wat ons die gelukkigste maak ten toon stel… ons “roadtrips”, om tyd saam met familie en vriende te spandeer, om nuwe mense te ontmoet en die beste van elke oomblik te maak,” deel die sanger. “Dit is op my pa se plaas, Witrans, geskiet waar ek al soveel liedjies geskryf het, trane gestort het, en lesse oor die lewe geleer het. Al die mense en dinge in my lewe, wat ek as ’n voorreg beskou is deel van die video en ek wou ook nie te veel sing nie en eerder visuele kuns in storievorm weergee vir die kyker om te geniet.”

Kyk die video hier:  https://youtu.be/cCTgKglD4as

Hierdie interessante en sterk jong vrou sing al vandat sy drie jaar oud is en skryf al van skooldae af haar eie musiek.

Die land en sy probleme inspireer haar om liedjies te skryf en sy hoop om mense met haar musiek te motiveer om ’n verskil te maak in ander mense se lewens.

Kate Rok is besonders en vol verrassings en aanhangers kan elke maand iets nuuts uit haar pen te wagte te wees. 

“Ek hoop dat MAANGENADE luisteraars sal help om die genade in hulle eie lewens raak te sien en dankbaar te wees daarvoor,” sluit sy af.

Die liedjie is nou op alle digitale platforms beskikbaar. Kry dit hier:

https://music.youtube.com/watch?v=4C5rPBs9MkY&feature=share

https://music.apple.com/za/album/maangenade/1574249039?i=1574249040

Fotograaf: Willem Botha

Grimering en hare: Suna Robberts

Stilering: KateRok

Olka Bolka het in ‘n onderhoud meer oor Kate uitgevind:

Waar is jy gebore en het jy grootgeword?

Ek is in Bethlehem in die OosVrystaat gebore, en het hier grootgeword en skoolgegaan.

Wat het jy na Matriek gedoen?

BA.Drama by Tukkies studeer, waarna ek onder andere as akteur in teaters gewerk het, maar hoofsaaklik as grimeerkunstenaar (TV industrie)

Ek het teruggetrek platteland toe waar ek ‘n informele teater begin het om musiek as kuns ten toon te stel.

Wat doen jy behalwe musiek?

Ek hou tans skool (Wiskunde en Kuns), September begin ek as “experience creator” by ‘n dinamiese maatskappy in Pretoria.

Ek is passievol daaroor om spasies mooi te maak en te omskep. Funksionele kuns inspireer my om ‘n verskil te maak in ons huise en spasies.

Ek doen ook grimering en neem foto’s ook as ek kans kry.

Vertel my van jou nuutse enkelsnit?

MAANGENADE

Ek het dit geskryf namate ‘n intense beseffing van hoe groot genade – so onverdiend- is. En dan het die genade my bonop getref om in ‘n ONVERWOORDBARE DINAMIESE EN GEGRONDE kultuur te ‘beland waar lag en liefde en samesyn sentrale temas is.

Ons mooi land met bekoorlike landskappe is ook iets wat deel vorm van ‘n ryke bestaan hier aan die Suid Punt van Afrika.

Dit alles is meer as genade, groter as genade- iets amper so ver soos die Maan Genade.

Die lewe se skewe sirkels en seer is definitief ook realisties, daarom vind ek dat vreugde heel en dat hoop en en rede seer en sleg kan genees.

Skryf jy self jou liedjies?

Ja en nee. Ek voel nie dat ek die krediet vir iets kan vat wat onwillkeurig oor my gestort word nie. Ek glo dat my Skepper Vader dit vir my gee- en dat ek bloot net ‘n instrument is waardeer Sy kuns vloei…

Vertel ons van jouself in ‘n neutedop?

Ek is passievol, lewenslustig en ‘n intense dromende wese.

‘n Probleem Oplosser

Ten volle Wiskundig en Kunsinnig; ‘n Introvert-en Ektrovert…

Ek is verlief op die nosie van LEEF

Hoe het jy 2020 tot nou in 2021 ervaar?

Die wonder en voorreg om in die platteland te kan leef, en die feit dat ons hele gesin hier is het gemaak dat dit soos ‘n droom voel. Ons het mekaar deurentyd gesien, ons kon meer tyd saam spandeer as gewoonlik…dit was eintlik surreal om winkels toe te gaan en dan eweskielik maskers op te sit. Wat ‘n voorreg dat dit nie deel van my elke dag was nie.

Watse invloed het covid op jou musiekloopbaan gehad , en nog steeds?

Ek het met opnames in Clarens by Heinrich Pelser voorgegaan net soos dit beplan was. Dalk sou dit makliker gewees het om my musiek en kuns daarbuite te kry sonder COVID maar ek weet nie, ek was nie deel van die industrie voor dit nie so ek voel nie dat dit ‘n negatiewe invloed op my gehad het nie.

Ek is mal oor die kreatiewe proses –van skryf en opnames ens. Ek sou inelkgeval nie ORAL en ENIGEPLEK wou optree nie- Kate Rok sal baie spesifiek optree waar ‘n gehoor wil luister en dit kan ek steeds vir myself skep.

Ek is nog besig met opnames aangesien ek elke maand, vir ‘n jaar lank, ‘n nuwe enkelsnit uitbring…so vir nou is optredes inelkgeval nie ‘n prioriteit nie.

Wat is jou gunsteling Musiek genre?

Ek is mal oor enige fusion van genres. Ek hou van unieke style, Indie, Koor. Van Klassieke musiek tot melodiese SwaarMetaal. Rock, AvantGarde… ek is mal oor musiek. Punt

Som jou musiekstyl in een sin op?

Dit is uniek- propvol liriek en stemlae. Dit is teatraal en veranderlik- ‘n samesmelting van elektroniese, akoestiese en alternatiewe pop. Nostalgies. (Onmoontlik om ‘n selfgeskepte veranderlike samesmelting in een sin op te som. Haha;)

Vertel ons iets wat niemand van jou weet nie?

Ek is VERSOT oor verassings!

Dis ‘n romantiese avontuur opsigself- soos ‘n brief. Ek wou altyd die pos uithaal. Dan kry jy onverwags ‘n brief, jy maak dit oop en alles is ‘n avontuur… Soos reis en nuwe mense…

Wat inspireer jou?

God se skepping-

Ek put my energie uit die natuur en gesonde verhoudinge..

Probleme inspireer my ook om te skryf en oplossings te soek.

As jy saam met enigeiemand in die wêreld kan sing, wie sal dit wees en hoekom?

Daar is te baie! Enya – haar stemlae en groot ‘range’.

Chris Chameleon- ook sy ‘range’ en kunsinnigheid.

Eddie Vedder- sy musikaliteit en wyse lirieke

Leonard Cohan

Wat is volgende vir jou, en hoe sien jy jou toekoms?

Ek is pal besig met opnames. Ek skryf steeds- soos nog altyd in my lewe en ek hoor om net voort te kan gaan met hierdie reis en elke oomblik daarvan te geniet.

Dis ‘n avontuur. Alles ‘n verassing- hoe dit ontvang word, waarheen dit gaan… dis nie in my hande nie en dit maak my vry sodat ek dit kan geniet.

Ek sal nooit ophou sing en skryf nie- ek het nog nooit, dit het my net lank (jare!) gevat om die moed bymekaar te skep en myself ‘daarbuite’ te sit

Wat is jou droom?

* Om in my Voortrekker kappie met ‘n groot landsvlag rok NKOSI voor ‘n Springbok wedstryd te sing. (Dit was nog altyd my droom)

* Om musikante te ontmoet wat my kuns en klank laat groei…

* Dat mense geraak word deur my musiek en dat dit ook deel uitmaak van die druppel in die emmer wat ‘n positiewe verskil in ons bestaan maak.

* Om ‘n bestaan aanlyn te maak en verewig te reis

Wat is op jou emmerskoplys?

Ek is ‘n avontuurlis en sal die wereld plat wil toer in ‘n dubbledecker bus! (Eers SA, dan Afrika en dan die res van die wereld;)

  • Nothern Lights
  • TransSiberian Rail
  • Walliese Manskoor (Springbokke teen Wallis in Wallis)
  • Cappadocia Balloons
  • Cuba
  • Pottery te leer
  • Tjello te leer speel

Daar is te veel om te noem

Wat is jou gunsteling:

Tipe Musiek : Opera, Avant Garde, Koormusiek, Alternatiewe Samesmeltings, Rock

Sangers : Edith Piaf, Enya, Eddie Vedder, Lady Gaga…

Band : Queen, Beirut, Boo, Edward Sharpe & The Magnetic Zero’s,

Gunsteling liedjie : Graceland-Paul Simon; Gebed- Koos Doep, Sonvanger-Valiant Swart

Rolprent : Amelie, Life is Beautiful, Sound of Music, Octupus Teacher

Akteurs : Johny depp, Helena Bonhma Carter

Reeks : Game of Thrones

Kos en drankie : Braaivleis (Braai, Slaai, Braaibroodjie) & Bier of Rooiwyn

Ontspanning : See Swem, Veld stap, Boeklees

Boek : Eilande, Kringe in ‘n Bos, Gesel van namaland…

Vakansie bestemming : Karoo, See, Trankskei- enigeplek ongerep & rustig

Kleur : Swart & Kleurvol : Mal oor die kontraste van die twee en hoe hul mekaar komplimenteer

Waarvan hou jy niks – noem 4 dinge.

Negatiewiteit

Ondankbaarheid

Swak diens

Misbruik

SOSIALEMEDIASKAKELS:

Facebook: https://www.facebook.com/KateRokRSA/

Instagram: @katerok.rsa

Webblad: www.katerok.co.za

YouTube: https://www.youtube.com/channel/UCJXL8pd-_6VZPAetyLlxWzw

STARBURST PROMOTIONS
Gizela Arndt – PUBLICIST

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →