Trientjie Malan vind inspirasie vir haar gedigte uit Ingrid Jonker, die natuur, diere en haar katte.

Trientjie Malan is ‘n plat op die aarde boeremeisie met ‘n passie en liefde vir dig. Verskeie digbundels en boeke is deur haar neergepen.

Olka Bolka het gaan aanklop om meer van Trientjie uit te vind. Hier vertel sy ons lesers van haar grootword jare asook in ‘n onderhoud.

Ek is gebore op 14 Maart 1975, en getoë in Vanderbijlpark. My doopname is Catharina Cornelia Jacoba, waarop ek geweldig trots is… My ouma se name, maar almal ken my net as Trientjie.

Ek is die oudste van 3 kinders, woon sedert 1987 op ‘n plaas in die Vanderbijlpark distrik.
Voor ons plaastoe getrek het, het ons in ‘n dorpshuis gebly. Toe ons in die dorp gebly het, was ek Laerskool Hendrik van der Bijl. In 1988 maak ek my laerskool jare klaar by ‘n plaasskool Laerskool Kalabasfontein wat ook nie meer bestaan nie en my Hoërskool jare voltooi ek by Hoërskool Vanderbijlpark in 1993. Ek kon ’n Kollege of ’n Universiteit loopbaan volg nie, want geld was aan die min kant gewees en het glad nie ’n maklike lewe gehad nie. My pa het ook namens ons kinders besluit wat moet ons met ons toekoms doen en dit was om as ‘n goedkoop arbeider op die plaas te werk.

Na my pa se dood het als verander. Toe moes ek iewers die rol van ‘n huisvrou speel en my ma begin versorg wat tans in ‘n rolstoel is.
My heel eerste gedig wat ek geskryf het, was in 1990, toe was ek in standaard 7 gewees en dit was “ ’n Klein bietjie liefde ” gewees wat in MALANKOLIE geplaas is.

Het jy naskool gestudeer, indien wel wat?    

Nee, het matriek geskryf in 1993 by Hoërskool Vanderbijlpark.

Wat is jou beroep?

Boeremeisie, huisvrou, digter en reklame bemarker by Malherbe Uitgewers.

Skryf jy voltyds?

Nee, ek skryf maar soos ek tyd kry.

Het jy al van kleintyd af al gelees?

Ja, ek was versot op die kinderboeke en Saartjie boeke.

Wanneer het jy al begin skryf en wat was jou eerste verhaal?

In 1990 was ek in STD. 7 gewees toe ek my heel eerste gedig “’n Klein bietjie liefde” geskryf het. Daarna het ek maar net as ’n stokperdjie geskryf. Ek eers ’n jaar na my pa se dood eers werklik begin skryf. My pa is in 2014 oorlede. In 2016 het my heel eerste gedig “Kers-boodskap” in gesamentlike bundel “Kersfeeskeur – ’n ware wins” by Malherbe Uitgewers sy verskyning gemaak. In 2017 het my heel eerste digbundel “Malankolie” sy verskyning gemaak waarin “’n Klein bietjie liefde” ook geplaas is. In 2018 het ek en my broer, Hennie Malan gesamentlike sertifikaat en veertjies ontvang vir “Eerste broer-en-suster wat onder moeilike omstandighede uitstyg”. Ons was self in die Vaalweekblad ook gewees. https://vaalweekblad.com/3014/broer-en-suster-geprys-vir-debuutwerke/

Hoeveel boeke het jy al ge skryf?

10 Boeke, waarvan 5 digbundels, 3 duet-bundels, 1 kinderboek en 1 Potpourri Inspirasie is.

19 Gesamentlike bundels waar my gedigte ook saam met ander skrywers en digters se name verskyn.

Wat is jou genre?

Digkuns

Watter tipe boeke lees jy?

Roman, Speur en gedigte.

Is daar ’n boek wat jy gelees het, wat ’n groot indruk op jou gemaak het?

As die liefde seëvier van Heleen Malherbe

Vertel van jouself in ’n neutedop

Ek is ’n stil, rustig en plat op die aarde boeremeisie wat trots is op my taal. Ek rook en drink glad nie.

Vertel ons iets wat niemand van jou weet nie.

Ek is nie geduldige mens nie en het ’n kort humeur. Ek probeer altyd om die geduldigste persoon te wees, maar se iemand iets verkeerd, dan is ek op my perdjie. Ek is emosionele mens wat my vrese ook het, veral engtevrees en spoed vrees. Ek self vrekbang vir slange.

Wat is volgende vir jou, en hoe sien jy jou toekoms?

Ek geen idee nie. Ek hoop … dit is my droom dat my ondersteuners wel groei. Ek het so paar weke terug ’n duet-digbundel saam met ’n Nederlander geskryf. Vir my was dit ’n groot eer gewees om saam met ’n baie bekende skrywer, Wilmari Jooste ’n duet-bundel “Waar harte saam praat” te kon geskryf, maar nou is dit nog ’n groter eer om saam met Paul Opdam te kon geskryf het.

Wat inspireer jou?

Digters, veral Ingrid Jonker, die natuur, die diere en my katte.

As jy met enige iemand oor ’n koppie koffie kan gesels, wie sal dit weet wees en hoekom?

Definitief Ingrid Jonker, want ek glo sy het ’n vriendin nodig gehad toe sy alleen was. Soos ek haar gedigte lees, sien ek my pyn en seer ook daarin en Jannie Moolman.

Wat is op jou emmerskoplys?

Ek wil definitief nie dieselfde pad as my pa loop nie. Ek wil ‘n “wolf in skaapsklere” wees nie. Ek wil wees wie ek is. Reguit en eerlik.

Hoe wil jy onthou word?

As iemand wat deursettingsvermoë het en wat ’n omgee hart het.

Wat is jou luukse tyd vir jouself?

Om tyd af te staan saam met Jan Tuisbly waar ek net rustig kan wees saam met God en die natuur.

Wat is jou gunsteling?

Sjokolade, veral smarties en ‘n pakkie chips.

Tipe musiek?

Country, Afrikaans, ligte pop en instrumentale musiek

Sanger/Sangeres

Jannie Moolman, Celine Dion en Selina

Rolprent

Titanic, Selina

Akteur/Aktrise

Nicolaas Cages, Bruce Willis

Kos en drankie

Fanta lemoen, appelsap, hamburgers, vis en chips.

Ontspanning

Lees, hekel en skryf

Boek

Ena Murray en Susanna Lingua

Vakansie bestemming

Jan Tuisbly se karretjie. Ons gaan nie glad weg met vakansie nie. Werk elke dag van Maandae tot Sondae.

Waarvan jy nie hou nie – noem 4 dinge.

  • Vloekwoorde – Ek verpes vloekwoorde, waar al waardeur ek gegaan het toe my pa nog geleef het. Niemand besef hoe seer kan daardie vloekwoorde sny nie.
  • Rook – Ekself kan nie rook hanteer nie, want rook self maak my siek.
  • Drank – Ek verpes drank, want daardie persoon sien homself nie self wat die drank aan homself doen nie.
  • Mishandeling – Mishandeling van mens en dier. Dit is ’n pyn wat ’n mens nooit sal vergeet nie.

Waar kan jy lesers jou volg en jou boeke aankoop?

www.malherbe-uitgewers.co.za/trientjie-malan

Besoek gerus by www.malherbe-uitgewers.co.za/trientjie-malan vir meer besonderhede en vir bestellings, stuur jou bestelling na mike@malherbe-uitgewers.co.za.

Naam van BoekSagtebandE-Boek
Digbundels  
MalankolieR144.00R86.00
IntropeksieR98.00R59.00
PelgrimsreisR115.00R69.00
Jesus gee omR90.00R54.00
DigbrieweR149.00R89.00
Kinderboekie  
MientjieR137.00R82.00
Potpourri Inspirasie  
Die liefde is blindR90.00R54.00
Duet-bundels  
Kaktus in die Woestyn (Mandy Mulder)R129.00R77.00
Voetpad van Geloof (Loret Zwarts)R139.00R83.00
Waar harte saam praat (Wilmari Jooste)R129.00R77.00

Related posts