WILLEM VAN DER RYST SE DERDE ENKELSNIT PLAAS WARE LIEFDE IN DIE KOLLIG.

In 2020 het Willem van der Ryst van Centurion, opslae gemaak met sy liedjie, Knipmes Aand, wat steeds ’n gunsteling is op almal se kuiermusiekspeellys. Nou is dié populêre sanger wat grootgeword het op ’n plaas in die Noordkaap terug met ’n splinternuwe enkelsnit wat nóg dieper in Afrikaanse musiekharte gaan kruip.

NIKKELS EN DIE WYN gaan oor ’n man wat verlief raak op ’n vrou, maar as gevolg van omstandighede moet sy vir hom wag. Hy weet nie vir hoe lank sy sal wag nie… maar intussen drink hulle gereeld saam wyn en is sy vir hom meer werd as geld (nikkels),” verklap Willem, wat al veertien jaar doenig is in die bedryf, oor sy derde vrystelling waarby hy glo almal sal aanklank vind.

Hierdie lekkerluister folk-popliedjie kom uit sy eie pen en pas sy growwe storievertellerstem soos ’n handskoen. “Ek dink dis ’n sterk liedjie, met ’n goeie storie waarmee mense sal kan vereenselwig, omdat almal sulke tipe stories het wat hulle in die lewe ervaar,” sê hy.   

’n Musiekvideo van die snit sal ook eersdaags aanlyn en op die kassie beskikbaar wees, maar hieroor wil hy nog nie te veel verklap nie.

Alhoewel hy vir die grootste gedeelte van sy skoolloopbaan meer in sport belanggestel het en geen formele musiekopleiding het nie, was daar ’n seun in sy koshuis wat altyd kitaar gespeel het. Nadat hy op ’n dag besluit het om die kitaar op te tel en te begin tokkel, het hy ontdek dat hy ’n natuurlike aanvoeling het daarvoor en so het sy liefde vir musiek ontstaan.

Hy is mal oor moderne Country-musiek en sonder Keith Urban, Kip Moore en Zac Brown Band uit as sy grootste inspirasie en verklap dat hy graag nog eendag saam met musikante soos Mauritz Lotz, David Classen, Denny Lalouette en Vinnie Henrico sou wou werk.  

Ek sing eenvoudige liedjies, wat stories vertel. Enigiets kan my inspireer, van ’n boemelaar tot ’n ou in ’n Ferrari. Dis nie iets spesifiek wat my laat liedjies skryf nie, maar ek weet dadelik wanneer iets my wel geïnspireer het”, sê Willem.

Willem het ’n groot liefde vir vlieg en sou graag ’n vlieënier wou wees as hy nie kon sing nie. Hy is hoeka tans besig om sy kommersiële vlieglisensie te kry en werk ook hard aan nuwe musiek vir die toekoms. 

NIKKELS EN DIE WYN is nie net ’n pragtige resultaat van die werk en passie wat hy reeds in sy loopbaan belê het nie, maar is ook een van daai liedjies wat vir nog lank gewild gaan wees onder oud en jonk.

Olka Bolka het ‘n onderhoud met Willem gedoen om meer oor hom uit te vind:

Vertel ons lesers waar jy gebore en grootgeword, waar bly jy tans?

Ek het grootgeword op n plaas in die Noord kaap, n klein plekkie

met die naam “Koopmansfontein”

Wat het jy na Matriek gedoen?

Ek het klank ingeneurswese geswot by die SAUK

Wat doen jy behalwe musiek?

Ek is n kommersiële vlieënier

Vertel my van jou nuutse enkelsnit?

NIKKELS EN DIE WYN gaan oor ’n man wat verlief raak op ’n vrou, maar as gevolg van

omstandighede moet sy vir hom wag. Hy weet nie vir hoe lank sy sal wag nie… maar

intussen drink hulle gereeld saam wyn en is sy vir hom meer werd as geld (nikkels)

Skryf jy self jou liedjies?

Ja

Vertel ons van jouself in ‘n neutedop?

Eks maar soos enige ander ou lief vir braaivleis en braaibroodjies.

Ek geniet mense en musiek maak vreeslik baie. Jy kan my in ‘n wip

vang met goeie koffie en peppermint crisp tert.

Hoe het jy 2020 tot nou in 2021 ervaar?

Die eerste helfte van 2021 was verbasend besig gewees, ek het

weer begin hoop kry vir die vermaaklikheids bedryf. Ons is almal in

die ding geboender, maar ek dink tog almal het nogsteeds baie om

voor dankbaar te wees.

Watse invloed het covid op jou musiekloopbaan gehad , en nog

steeds?

Dit het my n paar goeie lesse geleer, ek vat die positief daaruit. Dit

het my gedwing om uit die boks te dink om sodoende nogsteeds n

bestaan te maak. In party gevalle dink ek eintlik ek is beter af as

voor covid.

Wat is jou gunsteling Musiek genre?

Modern Country

Som jou musiekstyl in een sin op?

Ek is maar n storieverteller

Vertel ons iets wat niemand van jou weet nie?

Ek sal ja sê vir amper enige uitdaging

Wat inspireer jou?

Positiewe mense

As jy saam met enigeiemand in die wêreld kan sing, wie sal dit

wees en hoekom?

Keith Urban, wat n briljante musiekant!!!

Wat is volgende vir jou, en hoe sien jy jou toekoms?

Om eerlik te wees dink ek ek leef my droom. Ek is baie bevoorreg

om te kan doen waarvoor ek lief is. Ek wil nooit ophou om nuwe

plekke en hul mense te besoek en te leer ken nie. Ek dink ook elke

kunstenaar wil op die uiteinde n positiewe verskil in mense se

lewens maak. Dis genoeg vir my.

Wat is jou droom vir die toekoms?

Ek al graag om n groot verhoog wil optree en wil hoor hoe mense

die woorde wat ek geskryf het vie my terug sing.

Wat is op jou emmerskoplys?

Ek wil graag vir Rusland besoek, ek weet nie hoekom nie.

Wanneer verjaar jy?

31 Januarie

Wat is jou gunsteling:

Tipe Musiek- Modern Country

Sangers- Kip Moore, Keith Urban

Band- Zac Brown Band

Gunsteling liedjie- Hey old Lover

Rolprent- Enemy at the gates

Akteurs- Adam Sandler

Reeks- How I met Your mother

Kos en drankie – Seekos en Koffie

Ontspanning – Golf

Boek – Rich Dad Poor Dad

Vakansie bestemming – Bosveld

Kleur – Blou

Waarvan hou jy niks – noem 4 dinge.

Oneerlikheid

Grootpraterigheid

Afguns

Selfsug

Waar kan mense jou kry en volg?

Ek is tans op Facebook en Instagram doenig,

Mense kan my daar volg.

Die liedjie is nou op alle digitale platforms beskikbaar. Kry dit hier: https://willemvanderryst2.hearnow.com/nikkels-en-die-wyn

SOSIALEMEDIASKAKEL

Facebook: https://www.facebook.com/willemmusiek

Instagram: @willemmusiek

PUBLISITEIT & BEMARKING

Starburst Promosies

Alani Coetsee

Sel: 072 442 6918

E-pos: alani@starburstmusic.co.za

Webblad: www.starburstmusic.co.za

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →