Skuif reg op jou gunsteling rusbank en maak gereed vir ‘n aanlynfees van musiek, komedie en drama oor die volgende paar maande wanneer Lefra elke Sondagmiddag om 17:00 in jou sitkamer kuier met heerlike vermaak. Ons volgende kelderkonsert is Beautiful Noise met Alwyn Oberholster op Sondag, 15 Augustus om 17:00, en besprekings kan by www.itickets.co.za of www.lefra.com gedoen word teen slegs R180.00 per huishouding. Die Lefra Kelderkonserte word aangebied met die trotse ondersteuning van RSG, Sounds Good, Hollywood Costumes, Van Loveren Wines, Renegades Removals, Ambassador Execudrive, Q2V Productions en Savvy Holdings.

Op die ouderdom van ses het Alwyn sy passie vir musiek ontdek en so het sy sangloopbaan begin. Nadat hy in verskeie sangkompetisies deelgeneem het en nadat hy die “pub scene” behoorlik gedoen het, het hy besluit om die teater te betree. In Beautiful Noise bring Alwyn hulde aan die legendariese Neil Diamond en sal gehore bekende liedjies soos Sweet Caroline, I am, I said, Kentucky Woman en natuurlik Beautiful Noise kan geniet. Alwyn is gewild en bekend onder gehore vir sy briljante vertolking van die ouer treffers deur sangers soos Billy Joel, Neil Diamond, Allen Jackson, die Staccatos, die Bee Gees en vele meer, maar Neil Diamond bly sy gunsteling. “Ek is mal oor die musiek van Neil Diamond en ken seker elke liewe liedjies wat hy ooit geskryf het. En my stem pas die Neil Diamond liedjies ook soos ‘n handskoen. Ek probeer nie soos Neil Diamond sing nie – daar is net een Mnr. Diamond – so ek gee my eie vertolking aan die liedjies,” sê Alwyn.
Alwyn se nuutste album, Tussen Sterre Dans, is ook vroeër vanjaar vrygestel. “Die album gaan oor die liefde”, sê Alwyn. “Die lekker van twee mense wat mekaar ontmoet, verlief word en dan lief vir mekaar word.” Die inspirasie vir Tussen Sterre Dans het Alwyn een aand onder die helder maanlig gepak, met die melkweg se skitterende sterre in ‘n diep-donkerblou hemel. “Op die nuwe album vier ons elke aspek van die liefde”, vertel Alwyn. “Behalwe vir die skoenlappers-in-die-maag-gevoel en die romanse, is die liefde ook soms laf en lig, prettig en stout. Maar geen verhouding is bestand teen die lewe nie, en as ‘n mens oor die liefde praat, moet ‘n mens ook die hartbreek en seerkry noem. Die geheim van ware liefde lê egter in hoe ‘n mens daardie hartbreek en seerkry hanteer, en of dit jou verhouding gaan maak of breek. Die liefde verg toewyding. Vlei, stry en verskil van mekaar. Debatteer en kommunikeer met mekaar. Inspireer en motiveer mekaar, en laat so die liefde élke dag gedy”. En dit is waaroor die nuwe album gaan, sê Alwyn.
Lefra het ‘n spesiale aanbod indien jy vir vyf Kelderkonserte op ‘n slag wil bespreek: jy betaal jy slegs R450.00, en bespaar R450.00! Na Beautiful Noise op 15 Augustus, kan aanhangers van musiekblyspele gerus naderskuif. In Shades of Broadway op Sondag, 22 Augustus om 17:00 trek Gregg Pettigrew die gordyn terug en gee ‘n aangrypende blik op die eienaardighede, snaaksighede en unieke uitdagings van ‘n akteur wat besig is om voor te berei vir verskillende rolle. Met liedjies van enkele van die grootste Broadway-musiekblyspele ter wêreld, lewer Gregg sy eie unieke interpretasies van klassieke en bekende vertonings. Country-liefhebbers natuurlik op Sondag, 29 Augustus om 17;00 gereed maak vir Country Legendes en Vriende. En dan op Sondag, 5 September om 17:00, bring die meesterakteur Johny Klein die Sandveld en sy mense na jou sitkamer toe in Die Pomporrelkonsert. Ons Kelderkonsert op Sondag, 12 September is Andrè, die Skreeusnaakse Hipnotiseer. Verhooghipnose in Suid-Afrika = André, Die Skreeusnaakse Hipnotiseur. André tree al die afgelope twee dekades dwarsdeur Suid-Afrika op, en vermaak gehore steeds met sy skaterlag-vertonings landwyd, en nou ook aanlyn!
Lefra se Kelderkonserte bied aan: Beautiful Noise met Alwyn Oberholster
Sondag, 15 Augustus 2021 @ 17:00
Besprekings: www.itickets.co.za | Meer inligting by: www.lefra.com
Lefra se Kelderkonsertre, elke Sondagmiddag om 17:00. Bespreek nou by itickets.co.za of besoek www.lefra.com

MEDIA NAVRAE | Charl Senekal by 011 815 3000 of admin@lefra.com