Hennie Malan is 8 Julie 1976 gebore en getoë in Vanderbijlpark. Hennie het eers in die dorp gebly en daarna het hulle plaas toe getrek. Vandag bedyf hy ‘n gemengde boerdery soos bv. eiers, melk, hoenders en groente. In Hennie se vrye tyd doen hy houtwerk.

Olka Bolka het bietjie meer oor Hennie uitgevind in’n onderhoud.
Waar is jy gebore en het jy grootgeword?
In Vanderbijlpark.
Het jy na skool gaan studeer, indien wel wat?
Ek het by Die Ankerskool klaar gemaak in 1994 en na skool het ek nie verder gestudeer nie.
Wat is jou beroep?
Ek is ’n Boer waar ek boer met gemengde boerdery van lê-ras hoenders, braaikuikens en melkkoeie.
Skryf jy voltyds?
Met die boerdery kom ek ongelukkig nie altyd by skryf uit nie.
Het jy van kleintyd af al gelees?
Ja, ek het baie gelees en lees nogsteeds.
Wanneer het jy begin skryf en wat was jou eerste verhaal?
Ek kan glad nie onthou nie. Nadat dit afgekeur is, het ek dit dadelik gaan verbrand, maar in 2017 het my eerste boek Bloedmaan die lig gesien waar ek en my suster, Trientjie Malan in 2018 ’n gesamentlike toekenning ontvang het.

Hoeveel boeke het jy al geskryf?
Twee. Bloedmaan en Jou hart is myne
Bloedmaan – R159.00 E-boek: R69.00
Jou hart is myne – R90.00 E-boek: R54.00
Wat is jou genre?
Speurverhale
Watter tipe boeke lees jy?
Speurverhale. Avonture en Romanse
Is daar ‘n boek wat jy gelees het, wat ‘n groot indruk op jou gemaak het?
Moenie lag hieroor nie, maar dit was die storie van Rachealtjie de Beer gewees oor haar dapperheid toe sy haar boetie gered het.
Vertel ons van jouself in ‘n neutedop?
Ek is maar stil, rustig en op my plek. Rook en drink glad nie.
Vertel ons iets wat niemand van jou weet nie?
Ek is baie geduldig, maar tot op ’n punt dan sê ek my sê.
Wat is volgende vir jou, en hoe sien jy jou toekoms?
Ek weet nie, maar wat een van my drome is, dat my boeke, veral Bloedmaan vertaal moet word na enige taal en/of ’n fliek daarvan gemaak of self op ’n radio drama daarvan maak.
Wat inspireer jou?
Mense en diere se bewegings. Dan neem ek sommer met my selfoon om dit vas te vang.
As jy met enigiemand oor ‘n koppie koffie kan gesels, wie sal dit wees en hoekom?
Definitief Deon Meyer. Ek is mal oor sy manier van skryf.
Wat is op jou emmerskoplys?
Ek volg niemand se voetspore nie. Ek volg my eie spore.
Hoe wil jy onthou word?
Nie idee hoe ander my raak sien nie. Hul moet my maar onthou die ou wat ek was.
Wat is jou luukse tyd vir jouself?
Om tyd saam met my mense wat na my is, deur te bring.
Waar kan lesers jou volg, en jou boeke aankoop?
By www.malherbe-uitgewers.co.za/hennie-malan of by jou naaste Bargain Books in jou dorp.
Wat is jou gunsteling:
Sjokolade, en ’n pakkie chips
Tipe Musiek
Afrikaans, Country, Klassieke werke, ens.
Sanger / Sangeres
Rina Hugo. Celine Dion, Bles Bridges, ens
Rolprent
Ghostrider, A-team, Titanic, ens.
Akteur / Aktrise
Mel Gibson, Charlize Theron, ens.
Kos en drankie
Sjokolade, gemmerkoekies en milo
Ontspanning
Lees en kyk televisie. Doen houtwerk in vrye tyd.
Boek
Ens Murray, Susanna Lingua, Deon Meyer, ID Lamprecht
Vakansie bestemming
Met die boerdery aktiwiteite moet ons saam met Jan Tuisbly wees om die diere te versorg.
Waarvan hou jy niks – noem 4 dinge.
Mense wat bly snuif
Gehoesery en geniesery
Mense wat dieselfde storie meer as een keer vertel