ANNA WOLF NEEM HAAR PLEK IN AS KOMPLEKSE EN AANGRYPENDE KUNSTENAAR MET ROMANCE WAS BORN.

Anna Wolf is gereed om haar plek in te neem as ’n komplekse, aangrypende, wêreldbekende kunstenaar met haar nuwe kortspeelplaat, ROMANCE WAS BORN.

Hierdie vyfsnit-vrystelling is eie aan dié Suid-Afrikaner (wat nou in Londen woon) se styl. Dit bevat ’n treffende kombinasie musiek, wat wissel tussen dramaties en musikaal (Dreaming Again), sag en getekstureerd (Can I Get High on You?), emosioneel en energiek (Heaven Breathes Out), asook opgewek en ritmies (Vegas).

ROMANCE WAS BORN, wat vanaf 30 Julie 2021 aanlyn beskikbaar is, sluit haar gewilde treffer, Gong, in wat vroeër in 2021 uitgereik is. Beide die liedjie en musiekvideo is baie goed ontvang en word geprys vir die emosiebelaaide donker klank en onvergeetlike beeldmateriaal.

Dit is die kombinasie van haar unieke musiek en verskillende elemente van artistieke uitdrukking wat verseker dat Wolf relevant bly. Dit stel haar in staat om verskillende elemente van konseptuele kuns en pop weer te gee, luisteraars weg te voer met haar musiek, die dansvloer vol te maak en die trefferleer te klim.

“My kreatiwiteit begin baie keer met ’n visuele impuls wat deur musiek lewe kry,” sê Wolf. “Die snitte op my kortspeelplaat bevat beelde en stories wat eers tydens my eerste opnames na vore gekom het en daarna weer saam met Matthew Fink, wat ’n meester in die ateljee is.”

Die liedjies op ROMANCE WAS BORN is reeds gekies om ingesluit te word in ’n rolprent en gaan ook aan Wolf haar eerste ernstige rol as aktrise besorg.

CAN I GET HIGH ON YOU?, die volgende enkelsnit, is omskep in een van die beste visuele musiekvideo’s wat Wolf nog ooit vervaardig het – die merkwaardige beeldmateriaal gee lewe aan die kenmerkende vloei van haar musiek en voer jou weg na ’n intieme wêreld wat deur Wolf geskep is. 

Die snit is vervaardig deur Matthew Fink and vertel die verhaal van ’n toksiese verhouding en hoe dit jou gedagtes beïnvloed. Deur gebruik te maak van die perfekte hoeveelheid beweging, met behulp van instrumente, het Matthew dit reggekry om presies vas te vang wat sy wou weergee met die liedjie. 

In die musiekvideo, vervaardig deur die Suid-Afrikaanse regisseur Christell de Wet (KLAK), sien ons hoe Anna asem soek in ’n poel troebel water en ’n swaan word dan gebore in haar mond. Die wit vere van die swaan verteenwoordig nuwe lewe, die verandering wat die dood bring en die dankbaarheid wat ons soms ervaar nadat ons iets verloor het.

KYK DIE VIDEO HIER: https://youtu.be/p95DZNpwfOo

Regdeur haar loopbaan, wat die bekroonde liedjie Tailor insluit, het Wolf dit reggekry om op ’n opwindende manier die visuele en sintuiglike wêreld te ontgin. Dit is daarom nie vreemd dat liedjies, soos Shaped Like A Gun en Wolf, die inspirasie was vir choreograwe op programme soos So You Think You Can Dance (VSA) nie, of dat sy mense heeltemal wegvoer wanneer sy op die verhoog is nie.

As liedjieskrywer, het Wolf ook reeds wêreldwyd sukses behaal. Sy was die eerste Suid-Afrikaner om Unsigned Only se groot prys te wen met haar liedjie Believer. Tydens hierdie kompetisie, het Wolf het met 6 000 ander inskrywings, uit meer as 100 lande, meegeding en is sy as wenner gekies deur ’n paneel beoordelaars wat bestaan het uit Garth Hudson (The Band), Taj Mahal, Aimee Mann, O.A.R., Sanctus Real, Bow Wow, Boney James, Ruthie Foster, en Robert Smith (The Cure).

Alhoewel die pandemie steeds probleme veroorsaak, beplan Wolf reeds om deel te neem aan ’n paar feeste en solo-vertonings wanneer dit weer toegelaat word. Sy stel veral belang in Colours of Ostrava (Czechoslovakia, Julie 2022) en HOT VOX wat deur Old Queens Head (Londen, 2 September 2021) aangebied word.

“Ek is baie opgewonde om my kortspeelplaat met die wêreld te deel,” sê Wolf. “Dit is gemaak sonder veel verwagtinge en dit het my gehelp om regtig lewe te gee aan elke liedjie. Dit is egter met ’n doel geskep – om musiek te maak wat die groter prentjie vir die mensdom voltooi.

Ek wil hê dat my musiek artistieke vorm moet gee aan al ons lewensreise, wat nie vas is nie. Ek probeer om die hart van ’n storie te soek en die waarheid daaragter te openbaar, en ek is opgewonde dat mense saam met my op hierdie reis kan gaan – of dit nou vir die eerste keer is of saam met diegene wat reeds ’n pad saam met my gestap het.”

ROMANCE WAS BORN is nou beskikbaar op alle digitale platforms.  Laai dit hier af:

APPLE MUSIC: https://music.apple.com/za/album/can-i-get-high-on-you/1574934613?i=1574934626
SPOTIFY: https://open.spotify.com/track/7qb19I6gvtqXj7SeVq2QGn?si=44oPkkjNS4ScrwtuNOMkYg

SOSIALEMEDIASKAKELS

Facebook: www.facebook.com/realannawolf

Instagram: @realannawolf

Twitter: @realannawolf

YouTube: www.youtube.com/AnnaWolfVEVO

STARBURST PROMOTIONS
Gizela Arndt – PUBLICIST