Jan Blohm het lankal reeds die kuns bemeester om bewonderaars se harte vas te vang… hetsy met sy boeiende lirieke, treffende melodieë, storieverteller-rasperstem, besonderse kunswerke of uitsonderlike musiekvideo’s… soos die een wat hy pas vrygestel het.
Foto Krediet: Lionel Smit
NONNIE, sy nuutste enkelsnit, is die volgende gedeelte van ’n boeiende verhaal wat dié talentvolle musikant met sy nuutste album vertel en is deur hom en John Masser vervaardig.
Die musiekvideo, waarvan die bekende beeldhouer, kunstenaar en videograaf – Lionel Smit – die regisseur is, is baie simplisties en gaan oor die verlange wat die storieverteller in die aand ervaar wanneer die lig van Jenny (Nonnie vir haar ouers) se gesin se huis helder deur sy kamervenster skyn en hy nie kan slaap nie. “Die liedjie is ook eintlik die punt waar Jenny ’n skrywer raak en ons beeld dit uit in die video,” verklap Jan. “Dit is dus die volgende gedeelte van die storie wat ons in die album vertel.”
Volgens hom, is dit die eerste keer wat hy ’n musiekvideo opneem by sy huis in Gordonsbaai, in die ateljee waar hy verf, maar hy meen ook dat dit baie gepas is aangesien hierdie liedjie hom na aan die hart lê.
Kyk die video hier: https://youtu.be/QweyCXius4c
NONNIE volg in die voetspore van Jenny, Ou Karoo en Levi Jeans wat almal bo-aan die treffersparades gekuier het en steeds oor die radio gehoor kan word.
Al die liedjies vorm deel van die konsep-album, Jenny, wat hy beskryf as ’n verhaal van twee tieners wat in die 1980’s in ’n klein konserwatiewe spoorwegdorpie (De Aar) woon, wat hy in twaalf liedjies vertel en wat verfilm kan word soos ’n fliek.
Jan, met sy poëtiese rockmusiek, het in 2004 sy debuut gemaak in die Afrikaanse musiekbedryf en het sedertdien diep in die harte van sy aanhangers gekruip.
Sy planne vir die res van die jaar is om veilig te bly een aan te hou skep. “Daar is opwindende dinge wat gebeur by ons winkel, Blohmhuis, in die Strand waarby ek baie betrokke is en ek is ook besig om nuwe musiek te skryf.”
NONNIE is tans op alle digitale platforms beskikbaar en kan hier afgelaai word: https://lnk.to/qWJR7gaL
SOSIALEMEDIASKAKELS
Facebook: https://www.facebook.com/janblohmfanpage/
Instagram: @janblohm2020
Twitter: @JanBlohm
STARBURST PROMOTIONS
Gizela Arndt – PUBLICIST