ROLENE STRAUSS stel haar nuwe boek – Herontdek jou selfvertroue, Sewe stappe na ’n nuwe jy, bekend.

Is jy ’n perfeksionis en voel jy nooit goed genoeg nie? Verhinder jou swak selfbeeld jou om jou doelwitte te bereik?  Jy is nie alleen nie. Verbasend genoeg sukkel van die slimste en mooiste vroue ter wêreld daagliks met gebrekkige selfvertroue. Rolene Strauss was een van hulle. In dié boek vertel sy haar eie verhaal openhartig. Soos so baie van ons worstel sy sedert haar tienerjare met pynlike selftwyfel en liggaamsbeeldkwessies. Selfs toe sy die Mej. Wêreld-kroon gedra het, het sy bly glo sy is nie goed genoeg nie. As…

Lees meer

EKSTRA VERTONING VAN MY OOM SE VROU SE PLEKKIE BY ATTERBURY TEATER.

Goeie nuus is dat daar so pas ‘n ekstra vertoning van MY OOM SE VROU SE PLEKKIE geskeduleer is vir Sondag, 30 Oktober 2021 om 15:00 by die Atterbury Teater in Pretoria.  Frans Swart, Regisseur en Vervaardiger van Lefra Produksies sê dat hulle baie opgewonde is oor die ondersteuning wat “Plekkie” tans ondervind.  “Ons is so dankbaar dat ons weer terug is op die verhoog en dat ons gehore uitgekom het en ons so mooi ondersteun.  Uitverkoop beteken natuurlik deesdae iets heel anders, want ons kan slegs vir 50% kapasiteit…

Lees meer

Jaenette Jacobs vind geluk na suksesvolle jaar as aandbieder op Ster-Status 2020.

JAENETTE JACOBS is ’n sielvolle 34-jarige donkerkop wat al vele uitdagings oorkom het. Sy bly tans in Pretoria en is ’n gesondheids- en veiligheidsverkoopsbestuurder asook Bestuurder & Agent vir verskeie kunstenaars. Haar eie besigheid JL Artist Management & Promotions is n reuse sukses en geniet haar werk terdeë..sy word ook tans genomineer as “Best Artist Manager/Agent vir die Afrikaanse Independent Artist Awards 2022 ‘n Passie om werklik ’n verskil te maak, het Jaenette die Goue wenner gemaak van die splinternuwe realiteitsreeks, Ster-Status, waarna sy op 10 Augustus 2019 as die…

Lees meer

Mari Minnaar – Vat ’n kans op liefde.

Vat ’n kans op liefde! Dit is wat ons almal doen; om weer te probeer; weer lief te kry; weer om te gee. Om weer die liefde ’n kans te gee. En dit is presies wat dié talentvolle sangeres Mari Minnaar met haar eerste enkelsnit Vat ’n kans op liefde wil bereik – om luisteraars aan te moedig om die liefde ’n tweede kans te gee. Mari het haar toetrede al langer as twee dekades gelede tot die musiekbedryf gemaak. Sy het op die verhoë by kunstefeeste en in kuierkroeë…

Lees meer

Onvergeetlike sononder-jazz en piekniek wink – Vier die lewe by die Taalmonument.

Die ryk Suid-Afrikaanse en inderdaad Afrika-jazztradisie is die strelende fokus van die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) se soel sonsak-piekniek op Saterdag, 27 November 2021, wanneer bekende jazzsterre hulde bring aan hierdie internasionale musiekstyl wat in die vasteland en haar mense gewortel is. Chadleigh Gowar se orkes met Zeke le Grange, ʼn saksofoon-sensasie, en Jason Ward, meester van die slaginstrumente, beloof om die gehoor op ‘n musikale reis te neem terwyl die son agter die ikoniese monument wegsmelt. Die res van die talentvolle en ervare groep bestaan uit Roderick McKay…

Lees meer

Met sy nuwe enkelsnit, Langpad na Môre, vier Gerduan Kemp ‘n nuwe hoofstuk in sy lewe.

“Soms moet jy ou bagasie agterlaat om nuwe hoofstukke in jou lewe te bereik,” sê Gerduan Kemp oor die betekenis agter sy splinternuwe enkelsnit, LANGPAD NA MÔRE, wat hy saam met ADAM se Hugo Ludik en Rubber Duc se Nick Jordaan geskryf het. Hierdie lekkerluister Afrikaanse pop-rocksnit is geïnspireer deur dié veelsydige Bloemfonteinse musikant se moeilike besluit om die Rosestad agter te laat vir ’n nuwe en opwindende toekoms in Pretoria. “Ek is iemand wat baie van my emosies in my liedjies oordra. Hierdie een lê my juis na aan…

Lees meer

ESTÉ GROSS EN LEN MULLER REIK BOEIENDE MUSIEKVIDEO UIT.

Die bekende omroeper, nuusleser, programsamesteller en rubriekskrywer, Esté Gross, het met haar nuutste enkelsnit bewys dat sy ook ’n musikant en liedjieskrywer is om mee rekening te hou. FOTO KREDIET: HANROUX NEL. HEMELRUIM word nie net landswyd deur groot radiostasies gespeel nie, maar het ook op verskeie trefferparades verskyn en onlangs die nommer een posisie op Radiokansel se trefferlys beklee. ’n Musiekvideo van hierdie pragtige lied, wat Len Muller as gaskunstenaar saam met haar sing, is pas vrygestel en is binnekort op die kassie te sien! Drie storielyne word in…

Lees meer

SEWE-EN-NEGENTIGSTE LIEDJIE VLOEI UIT CHRISTIAAN BAARTMAN SE PEN!

“STOF gaan oor daardie een mens in jou lewe, wat jou van binne na buite ken, en altyd terugkom ongeag van wat gebeur,” vertel Christiaan Baartman oor die betekenis agter sy splinternuwe enkelsnit, wat hy saam met Leon Gropp vervaardig het. Volgens dié Huisgenoot Tempo- en Ghoema-bekroonde musikant, met sy rasperstem, het hy die koor van die liedjie al jare terug geskryf, maar dat ’n droom oor renosters wat nie kos het om te eet nie hom geïnspireer het om dit klaar te maak. Dit is ook hoekom die musiekvideo…

Lees meer

Charl Folscher se nuwe enkelsnit vier God se liefde en genade!

Het jy al ooit gewonder of ons God se liefde verdien en of ons goed genoeg is om so ’n groot geskenk te ontvang? Foto krediet Shaun Bennets In sy nuutste enkelsnit, CRAZY LOVE, spreek die sanger en liedjeskrywer Charl Folscher hierdie vraag aan – en bevestig dat alhoewel ons die teenoorgestelde verdien, God ons seën met Sy onvoorwaardelike liefde. “Ek het eendag by die klavier gesit en die lirieke: ‘I am broken, you will heal, you were broken, God’s love revealed’ (Ek is stukkend, jy sal genees, God geopenbaar)…

Lees meer

Daar is ’n nuwe leeu wat in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf brul, en sy naam is Lion Jay.

Dié oud-polisiekaptein het onlangs sy debuutenkelsnit Dance Forever uitgereik en dit is pure kontemporêre country-plesier. So ’n bietjie Niel Diamond en ’n datjie Creedence Clearwater Revival, maar tog so eg Suid-Afrikaans soos veldskoene en ’n oujaarsdans by ’n gewilde vakansieoord.  Leon, wat die verhoognaam Lion Jay gebruik, sê dié naam het niks met die Johannesburgse rugbyspan te doen nie – maar tog het die bynaam deel van sy lewe geword omdat hy so vinning en so sterk soos ’n leeu op die sportveld was.  “My geboortenaam Leon beteken ‘so sterk…

Lees meer