ESTÉ GROSS EN LEN MULLER REIK BOEIENDE MUSIEKVIDEO UIT.

Die bekende omroeper, nuusleser, programsamesteller en rubriekskrywer, Esté Gross, het met haar nuutste enkelsnit bewys dat sy ook ’n musikant en liedjieskrywer is om mee rekening te hou.

FOTO KREDIET: HANROUX NEL.

HEMELRUIM word nie net landswyd deur groot radiostasies gespeel nie, maar het ook op verskeie trefferparades verskyn en onlangs die nommer een posisie op Radiokansel se trefferlys beklee.

’n Musiekvideo van hierdie pragtige lied, wat Len Muller as gaskunstenaar saam met haar sing, is pas vrygestel en is binnekort op die kassie te sien!

Drie storielyne word in hierdie video, met Jana van Deventer van Duck Soup Productions as regisseur, gekombineer om die boodskap weer te gee dat jy die droom wat in jou hart is moet uitleef en nie uitstel nie.

“Die drie mense in die video moet elkeen hulle eie pad volg om hoop en oortuiging te vind om hulle drome na te jaag en uiteindelik self uitgaan om manne vir die dag te gaan optel,” verduidelik sy. “Lig en skaduwee was ’n sentrale tema en het ’n groot rol gespeel in die skiet van die video. Ons het net een dag gehad en was behoorlike sonjagters, om die son op die regte oomblik te vang vir ’n spesifieke toneel.”  

Volgens haar, het die pandemie en die feit dat die storielyne op verskillende plekke afspeel, die opname van die video effens moeiliker gemaak. “Ek en Lennie kon nie bymekaar kom om die video te skiet nie. My gedeelte is in ’n huis in Pretoria verfilm en syne by sy huis in die Kaap (deur Leslie van Wyk). Mattheüs, wat die rol van die tjellis speel, se storielyn het ook op verskeie plekke afgespeel onder andere in die Pierneefteater en ’n groentewinkel.”

Kyk die video hier: https://youtu.be/ql80RPpcxHI

Len, ’n bekende musikant en liedjieskrywer, en Esté het ontmoet toe sy met hom in haar musiekreeks Hier en Anderkant die Blouberge, gesels het. Hulle het dadelik gekliek, waarna sy hom genader het om saam met haar ’n liedjie op te neem.

HEMELRUIM volg in die voetspore van haar debuut-enkelsnit, Lig, wat in 2019 vrygestel is.

Vir dié veelsydige vrou, is sing soos asemhaal en sy het reeds op Universiteit formele sangopleiding ontvang. Alhoewel haar huidige loopbaan, wat sover baie hoogtepunte opgelewer het, tot onlangs haar hooffokus was, het sy besluit dat die tyd reg is om meer aandag aan haar musiek te gee.

Esté is tans besig om nog liedjies te skryf en wil in die toekoms meer van haar eie musiek vrystel, nog saamwerkgeleenthede aanpak en betrokke raak by die konseptualisering van uiteenlopende en ’n verskeidenheid van musiekproduksies.

HEMELRUIM is op alle digitale platforms beskikbaar. Kry dit hier: https://song.link/za/i/1571305829

SOSIALEMEDIASKAKELS:

Facebook: https://www.facebook.com/EsteGrossPublic

Instagram: @EsteGross1

Twitter: @EsteGross

YouTube: EsteGross

STARBURST PROMOTIONS
Gizela Arndt – PUBLICIST

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →