Is jy ’n perfeksionis en voel jy nooit goed genoeg nie? Verhinder jou swak selfbeeld jou om jou doelwitte te bereik? Jy is nie alleen nie.
Verbasend genoeg sukkel van die slimste en mooiste vroue ter wêreld daagliks met gebrekkige selfvertroue. Rolene Strauss was een van hulle.
In dié boek vertel sy haar eie verhaal openhartig. Soos so baie van ons worstel sy sedert haar tienerjare met pynlike selftwyfel en liggaamsbeeldkwessies. Selfs toe sy die Mej. Wêreld-kroon gedra het, het sy bly glo sy is nie goed genoeg nie.
As professionele lewensafrigter, en ná ure se sessies met vroue wat sukkel met selfbeeld, beskik Rolene oor waardevolle praktiese kennis, wat sy hier deel.
Herontdek jou selfvertroue is ’n onmisbare gids vir elke vrou wat soms aan haarself twyfel. Rolene se sewe beproefde stappe vir vroue op soek na die moed om hul drome vreesloos na te jaag, kan ook jou lewe verander.
Oor die skrywer
Rolene Strauss is ‘n transformasie-afrigter, voormalige Mej Wêreld, gegradueerde mediese dokter, skrywer, internasionale spreker, entrepreneur, eggenoot en ma van twee seuns. Dit is haar passie om vroue regoor die wêreld aan te moedig om NEE te sê vir perfeksie, vergelyking en lae selfvertroue, en JA vir selfwaarde, moed, geluk en sukses.
Publikasiedatum: 17 September 2021
Prys: R290,00
Bladsye: 256
Formaat: 234mm x 152mm
Bindstyl: Sagteband
Kategorie: Leefstyl
ISBN-13: 9780624091813
Barcode: 9780624091813
Uitgawe: 1
Druk: 0
Digitale-uitgawes
Publikasiedatum: 17 September 2021
Prys R232,00
Epub ISBN: 9780624091820
* Prys onderhewig aan verandering
Tafelberg is ‘n druknaam van NB-Uitgewers
Tel: +27 (0) 21 406 3033
Webwerf: www.nb.co.za
SOSIALEMEDIA:
Facebook: @OfficialRoleneStrauss
Instagram: @rolenestrauss
Twitter: @RoleneStrauss
Vriendelike groete
STARBURST PROMOTIONS
Alishia van Deventer – CEO: STARBURST PROMOTIONS & MUSESTAR MANAGEMENT