JAENETTE JACOBS is ’n sielvolle 34-jarige donkerkop wat al vele uitdagings oorkom het. Sy bly tans in Pretoria en is ’n gesondheids- en veiligheidsverkoopsbestuurder asook Bestuurder & Agent vir verskeie kunstenaars. Haar eie besigheid JL Artist Management & Promotions is n reuse sukses en geniet haar werk terdeë..sy word ook tans genomineer as “Best Artist Manager/Agent vir die Afrikaanse Independent Artist Awards 2022
‘n Passie om werklik ’n verskil te maak, het Jaenette die Goue wenner gemaak van die splinternuwe realiteitsreeks, Ster-Status, waarna sy op 10 Augustus 2019 as die heel eerste wenner van hierdie vrouebemagtingsprojek gekroon is. Sy is ook aangewys as Ster-Beïnvloeder van die reeks.
Jaenette was ‘n Gunsteling voor die kassie as Aanbieder van die Reeks Ster-Status op DSTV kanaal VIA in 2020 en beoog om aan haar eie reeks te werk en haar passie as aanbieder voort te leef
Wanneer sy begin gesels oor haar Loopbaan en TV- persoonlikheid, raak die donkerkop baie ernstig: “ ek wil ek ander inspireer en die stem wees vir gebroke vroue wat nie vir hulleself kan praat nie. Ster-Status was vir my soveel meer as net ’n kompetisie – dit was n roeping. ’n Geleentheid om te kan teruggee.”Haar Seisoen as TV- Aanbieder van die reeks 2020 was ‘n Reuse sukses en haar hart borrel oor van dankbaarheid as sy praat van haar Goue jaar as wenner

Hierdie natuurliefhebber, is ook in ’n aspirant-skrywer wat graag haar gedagtes neerpen en mal is daaroor om in die bosveld te kuier. Sy is opreg lief vir mense en leef elke dag asof dit haar laaste is. Sy wil nog bitter graag haar boek klaarskryf en dit deel met almal.
Die lewe het vir JAENETTE gewys dat dit nooit te laat is om oor te begin nie. Haar geloof speel ’n belangrike rol en sy gee God al die eer vir alles wat sy tot dusver bereik het.
Jaenette spog ook met ‘n blou-oog lang man langs haar sy wat haar tenvolle ondersteun in haar Loopbaan, na haar hartseer in 2019 het sy ten volle op haar en haar Loopbaan gekonsentreer, Sy kan nie genoeg Dankbaar wees vir Frank wat haar kom wys het wat ware Liefde kan wees nie. Sy het hom ontmoet deur haar Besigheid JL Artist Management waar hy een van die eienaars is van n bekende restaurant asook voltydse pos as GM by ‘n Mining Division van ‘n Privaat Sekuriteits Maatskappy…hy laat my voel soos ‘n Prinses elke Liewe dag, ek het dit nog nooit ervaar nie.
“En toe vind ek jou..my beste vriend en toe onverwags, die Opregte Liefde wat ek gedink het nooit bestaan nie.”” Lag Jaenette met haar mooi Glimlag.
My oorlede ouma het altyd gespot, en gese..ek gaan verlief raak op ‘n Lang maer Blonde man…..” ek het altyd gelag en gesê, blond,,ek nooit!…en hier staan ek voor ‘n Blonde blou-oog Lang volwasse man wat my so veilig laat voel onder sy arm.

Fotos deur Jan Muller Creative Studio X
Strand Fotos deur Natasha van Zyl Photography
Rok gemaak deur @Este Creations
Blomme Ruiker deur Nonna’s Flower Pretoria
Naels Mystique Nails & Makeup
Lashes Chrystle Nails & Lashes
Tan Moroccantan SA
Oefenprogram Bodytec Centurion
Jaenette Jacobs
Agent & Manager
JL ARTIST MANAGEMENT & PROMOTIONS
+27 61 253 8705
