IS JY OPSOEK NA ‘N MOTIVERINGSKREET? DAN MOET JY HAYLEA HEYNS SE NUWE ENKELSNIT, SORRY, KLIPHARD LUISTER!

SORRY is ‘n emosiebelaaide kontemporêre popsnit uit die pen en uitgevoer deur die super talentvolle sangeres / liedjieskrywer, Haylea Heyns en is vir enigiemand wat al ooit deur ’n geliefde in die steek gelaat is. “Dit is ’n liedjie waarin ek seerkry en verwerping oorkom,” deel die sangeres. “Iemand het my onlangs in die steek gelaat en ek het ’n liedjie daaroor geskryf. Ek is seker dat daar baie luisteraars is wat al dieselfde pyn en verwerping ervaar het, maar hierdie liedjie gaan daaroor om dit te oorkom en lief genoeg te wees vir jouself om aan te beweeg.”

Die lied is vervaardig deur Justin Swart en Tom Watkeys en kombineer elemente van pop, elektroniese musiek en gospel om ’n merkwaardige eindresultaat te skep wat in jou kop bly maal lank nadat jy dit vir die eerste keer gehoor het.  

“Vir my verteenwoordig dit persoonlike groei. Dit het lank gevat om die moed en selfvertroue op te bou om nee te sê vir mense, te doen wat die beste is vir my en om lief te wees vir myself,” verklap die veelsydige dertigjarige musikant.

Kyk die video hier:  https://youtu.be/sgZMb6UTSJo

Dié snit volg in die voetspore van, Blow Your Speakers, wat in 2020 vrygestel en uitstekend ontvang is deur plaaslike radiostasies. 

Haylea het in Empangeni grootgeword en was nog altyd passievol oor musiek. Na skool, het sy BA Musiek en Drama studeer en haar graad met lof verwerf.

Feels Like Christmas – haar debuut-enkelsnit – is in 2018 uitgereik, gevolg deur ’n kortspeelplaat – My Heart Belongs in Africa – saam met die internasionale platemaatskappy, David Gresham Records in 2019.

Sy is in 2021 aangewys as Durban se Kunstenaar van die Jaar tydens die City Awards en het die voorreg gehad om die Suid-Afrikaanse Volkslied te sing voor die toetswedstryd tussen die Springbokke en Georgie by Loftus Versfeld in Junie 2021, asook die Britse Volkslied voor die toetswedstryd tussen Suid-Afrika en Engeland by Emirates Airline Park in Junie 2018.

Buiten vir haar onlangse prestasies, het sy al saam met ander SAMA-bekroonde musikante gewerk, soos 

Connell Cruise, en ’n liedjie geskryf vir Mark Stent se nuwe album, wat in 2021 benoem is as Beste Pop Album.

Sy skryf ook kinderboeke en haar nuutste boek, The Muchness Monster, het onlangs die lig gesien.  

Haylea put inspirasie vir haar musiek uit haar eie emosies en ervaringe en groot name soos Ed Sheeran, Sam Smith en Bruno Mars het almal ’n invloed gehad op haar eie musiekstyl.

SORRY bied ’n unieke kombinasie van kontemporêre popklanke, betekenisvolle lirieke en ’n meesleurende wysie wat jou dwing om dit weer-en-weer te luister. Hierdie enkelsnit beloof nie net om die volgende groot motiveringskreet te word nie, maar is ook die begin van ’n opwindende nuwe hoofstuk van haar loopbaan.

BIOGRAFIE:

Haylea Heyns is ’n dertigjarige Suid-Afrikaanse sanger, liedjieskrywer en kinderboekskrywer van  Durban in KwaZulu-Natal.

Sy is onlangs aangewys as Durban se Kunstenaar van die Jaar tydens die City Awards en het die voorreg gehad om die Suid-Afrikaanse Volkslied te sing voor die toetswedstryd tussen die Springbokke en Georgie by Loftus Versfeld in Junie 2021, asook die Britse Volkslied voor die toetswedstryd tussen Suid-Afrika en Engeland by Emirates Airline Park in Junie 2018.

Haar nuutste enkelsnit, Sorry, is onlangs vrygestel en word deur verskeie groot radiostasies, regoor die land, gespeel.

Die kunstenaar het in Empangeni grootgeword en was nog altyd passievol oor musiek. Na skool, het sy BA Musiek en Drama studeer en haar graad met lof verwerf.

Feels Like Christmas – haar debuut-enkelsnit – is in 2018 uitgereik, gevolg deur ’n kortspeelplaat (My Heart Belongs in Africa) saam met die internasionale platemaatskappy, David Gresham Records in 2019 en ’n tweede enkelsnit – Blow Your Speakers – in 2020. 

Hierdie veelsydige dame is nog relatief nuut in die bedryf, maar is vasberade om haar vaardighede as sanger en liedjieskrywer te ontwikkel en haar volle potensiaal te bereik.

Haylea het ’n intense outentieke musiekstyl en dit is vir haar belangrik om liedjies te skep waarby sy aanklank vind. Daarom vind sy inspirasie in haar eie emosies en ervaringe. “Ek skryf op my beste wanneer en emosioneel is! Dit is belangrik om geïnspireerd te wees wanneer jy liedjies skryf om die emosie behoorlik vas te vang,” verduidelik sy.  

Daar is verskeie mense wat ’n invloed het op haar musiek. Dit wissel van Ed Sheeran en Sam Smith tot Kygo en Bruno Mars.

Haylea geniet ’n wye verskeidenheid genres en sal baie daarvan hou om eendag saam met musikante soos Sketchy Bongo, Black Coffee en die Ndlovu-jeugkoor te werk.  

Buiten vir haar musiek, skryf die sangeres ook kinderboeke en het onlangs haar nuutste boek, The Muchness Monster, gepubliseer. Sy is ook mal oor diere en erken dat sy graag ’n veearts sou wou word as sy nie so bang was vir bloed en naalde nie.

Vir haar gaan musiek nie net oor sukses nie, maar eerder oor die vermoë om haar emosies met ander te deel. “Net soos Hans Christian Anderson, glo ek dat musiek kan sê wat woorde nie kan nie. Ek kan nie altyd verduidelik hoe ek voel nie, maar ek kan altyd ’n liedjie vind wat my emosies perfek weergee,” sluit sy af.  

“Die liedjie sê nie dat jy nie diegene moet vergewe wat jou seergemaak het nie, maar motiveer jou eerder om jou lief genoeg vir jouself te wees om niks minder te aanvaar as wat jy verdien nie en om ontslae te raak van die ongesonde verhoudings in jou lewe,” sluit sy af.

Die liedjie is NOU beskikbaar op alle digitale platforms. Kry dit hier:

https://distrokid.com/hyperfollow/hayleaheyns/sorry

SOSIALEMEDIASKAKELS:

Facebook: www.facebook.com/hayleaheyns

Instagram: @hayleaheyns

Twitter: @hayleaheyns

Webblad: www.hayleaheyns.co.za

YouTube: https://www.youtube.com/channel/UCXggNfsmtEZwSTdYhLFqmBA

TikTok: @hayleaheyns

STARBURST PROMOTIONS

Gizela Arndt – PUBLICIST

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →