KATE ROK SING ’N LIEFDESLIED VIR DIE NATUUR.

Kate Rok, Clarens se donkerkopster met haar kenmerkende Voortrekkerkappie, het op 1 Julie vanjaar (op haar verjaardag,) musiekliefhebbers in vervoering gehad met ’n hoendervleismooi-enkelsnit, Maangenade, wat gereeld deur groot radiostasie regoor die land gespeel word.

Sedertdien het sy op die eerste dag van elke maand ‘n nuwe enkelsnit en musiekvideo digitaal uitgereik.  1 Augustus was die Afrika Reën en op 1 September het Verlate gevolg.

Nóú is sy terug met haar volgende radio-enkelsnit, WILGERLIED, wat beloof om groot sukses op radiostasies te behaal en heel moontlik die sukses en verwondering van die vorige lied te oortref.

Hierdie alternatiewe snit, uit haar eie pen, daaroor dat die mens die natuur geniet, maar nie behoorlik daarna omsien nie. “Die natuur is my asem en waaruit ek my inspirasie put. Dit laat my skatryk voel en maak my vry, daarom is ek hartseer oor wat ons, as mens, aan die aarde doen,” deel Kate. “Hierdie lied gee my hoop dat die mensdom eendag sal besef hoe nietig ons is en dat ons agtergelaat sal word as ons nie na die natuur begin omsien nie.”

In hierdie besonderse lied, neem pragtige klank, lirieke en harmonieë die luisteraar op reis om saam met haar opnuut verlief te raak op die skepping rondom hulle. “Ek wil graag mense se harte raak en hê dat my musiek hulle gelukkig moet maak en inspireer,” sê sy.

Die musiekvideo, wat op haar pa se gasteplaas – Madeira – verfilm is, kan beskryf word as visuele kuns wat versier is met die mooiste natuurtonele. “Mooi natuurskote, waar ek op ’n berg die krag van die Skepper ervaar en my nietigheid besef, staan in sterk kontras met beelde van ’n vullishoop, wat die mens se invloed op die natuur simboliseer,” verduidelik die musikant. 

“Die boodskap is om die natuur lief te hê, te waardeer en op te pas. Dit is hoekom Madeira, wat gesetel is in die hoogste berge teen die Golden Gate Nasionalepark, die perfekte plek was om die video te skiet. Daar is nie elektrisiteit of selfoonopvangs nie, die stilte is amper soos ’n gedruis in jou ore en jy is nader aan die sterre as wat jy nog ooit ervaar het.”

Dawid Raath van Peach Tree Productions het die video verfilm en geredigeer, terwyl haar akteur-vriendin, Adelheid Broom, die regie behartig het. Die stilering is deur Christel Steyn gedoen, en Shirley Keyser en Hayley Nel het gesorg dat sy op haar beste lyk in elke skoot.

Kyk die video hier: https://youtu.be/-wxgUM2IsOM

Kate Rock het baie planne vir die toekoms en haar musiek gaan verseker ’n blywende impak op die samelewing hêen van die land ’n beter plek maak.

WILGERLIED is nou aanlyn beskikbaar. Laai dit hier af: https://music.apple.com/za/album/wilgerlied/1587302644?i=1587302645

SOSIALEMEDIASKAKELS:

Facebook: https://www.facebook.com/KateRokRSA/

Instagram: @katerok.rsa

Webblad: www.katerok.co.za

YouTube: https://www.youtube.com/channel/UCJXL8pd-_6VZPAetyLlxWzw

STARBURST PROMOTIONS
Gizela Arndt – PUBLICIST

Related posts