’n Aartappelmagnaat van Limpopo, wat ook Sepedi vlot praat, het pas sy eerste enkelsnit, My land, uitgereik wat aan elke Suid-Afrikaner opgedra is.
Dit bly steeds ons land… “n konstante in elkeen van ons lewens,” sing David Divaad in sy klassieke tenoorstem. “… my land, my nasie wat deur al die seer die lig sien.”
David, wat aan die Noordwes-Universiteit ’n B-Com-graad en diploma in musiek voltooi het, het homself eers na sy studies aan die praktiese aspekte van boerdery gewy voordat hy besluit het om dáárdie stem, wat nogal vergelyk kan word met die Spanjaard Juan Diego Florez, se liriese tenoor met die publiek te deel.
My land is ’n klassieke volwasse kontemporêre snit en ’n mens kan jou verluister aan David se stem wat met gemak tussen die hoër C-3 en laer A-5 note beweeg. Hoewel hy nog nie op die wêreld se groot opera verhoë gesing het nie, het hy genoeg stem, persoonlikheid en die sogenaamde “tenorhunk-voorkoms” wat hom maklik as een van die “nuwe stemme” in die klassieke wêreld kan vestig.
Tydens se musiekstudies is hy in die klassieke musiek en die klavier onderrig. “Ek sing darem nie net vir die aartappels nie,” lag David. “Ek is steeds besig om my stem te verfyn en knap my musiekteorie vaardighede op.”
My land is amper ’n ode aan die pragtige Suid-Afrika wat ten spyte van die sinnelose geweld, plaasaanvalle, droogtes en peste, steeds “neem en gee.” Die lirieke het sluit ook sterk aan by die nuwe grendelliriekbeweging waar die pyn van die pandemie grou deur liriekskrywers verwoord word.
Omdat David met hart-en-siel by die boerderyproses betrokke is, is die lirieke – wat hy self ook neergepen het – ontsettend eerlik. Suid-Afrikaners besef nie aldag hóé die pandemie ook die landboubedryf gekniehalter het nie.
“Ek het tydens die pandemie besef dat ’n mens nie kan veg teen iets insigbaars nie; iets wat net vat wat hy nie besit nie. Die pandemie het ons almal geraak, maar ek het besef dat ons nie in beheer is nie. Ons moet net glo en vertrou dat God in beheer is.”
My land is ’n musikaal goed versorg en luisteraars wat van diep lirieke en ’n sterk stem hou sal beslis aanklank by die liedjie vind.

Vir meer inligting kontak Lydia Winchester:
Sel: 082 554 8453; E-pos: lydiaw@mweb.co.za