LYF TEEN MY, JP White se nuwe enkelsnit sal jou hartsnare roer.

Ek dink die naam vertel julle waaroor die liedjie gaan, 

Lekker Afrikaans sokkie gemeng met romans en kuiergevoel als in een

Die liedjie beteken volgens JP dat almal moet waardig voel. Daars n plek onder die son vir elkeen van ons.

Wat die een persoon dalk nie van jou hou nie maak n ander se hart weer warm klop

Ons lewe in Era waar mens maar gewoont raak aan jou lewensstyl

Omstandighede en veranderinge is teen jou. 

Maar elke dag staan jy op en probeer weer

Soos die 1ste vers beskryf se JP

“Ek weet jys skaam maar ek weet jy wil !  Kan myself nie in hou..dis teen my wil

 “Vergeet van hom, ek sal jou wereld draai.. jy slaan my hart se drom ! Speel n bietjie harder”

Mense moet kanse in lewe neem. Maak die beste daarvan. 

Gee jou beste in als wat jy aanpak 

Wees gelukkig, geniet jou lewe. 

Lewe hom voluit!

Gryp elke geleentheid aan met albei hande.

Elke persoon se geluk begin tog by homself

As jy gelukkig is met jouself sal dit weerspieel in jou menswees

en al jou dade

En dan so ook almal om jou positief beinvloed

Die lied is een uit die pen van die talenvolle Vincent Gordon 

Soos vorige van JP se treffers

Ek hoop van harte dat julle die lied sommer gate uit sal geniet 

Dit is reeds beskikbaar op alle digitale platforms

Kry hom vandag nog!!

Die musiekvideo sal binnekort ook beskikbaar wees

Dankie aan al my ondersteuners vir al julle liefde en omgee

Dit maak my hart sing

Julle gee my nuwe krag

Mag elkeen van julle n  vreugdevolle, geseende en gesonde Kersfees geniet

Mag 2022 vir almal van ons DIE JAAR wees 

Liefde 

JP White

Gaan join nou my Spotify account deur om link te volg https://artists.spotify.com/…/5vMPdJypoBV…/profile/about

  • https://m.youtube.com/channel/UCMeHHfABC-pEGHr7JyxTTmwYouTube
  • http://tiktok.com/@jpwhitesaTikTok