Skitterende 47 Tucanae sigbaar in die suide tydens Sterrekykpiekniek, Hemelse skattejag wag by Taalmonument.

Dit is ʼn nuwe jaar, dus hoog tyd dat Kapenaars en besoekers die skitterende sterrehemel – spesifiek die sprankelende sterrebondel 47 Tucanae – van nader leer ken tydens die Afrikaanse Taalmuseum en -monument se Sterrekykpiekniek op Paarlberg op Saterdag, 29 Januarie 2022. Dit beloof om ʼn feestelike aand in die beeldskone omgewing te wees; boonop is ʼn pragtige sonsondergang en ʼn gratis besoek aan die ikoniese beeldhouwerk ingesluit, én is die aand ten bate van ʼn goeie saak.  Gaste kan die heelal verken met behulp van Orion Observasie Groep (OOG)…

Lees meer

Onvergeetlike sononder-jazz en piekniek wink,Vier die lewe by die Taalmonument.

Die ryk Suid-Afrikaanse en inderdaad Afrika-jazztradisie is die strelende fokus van die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) se soel sonsak-piekniek op Saterdag, 19 Februarie 2022, wanneer bekende jazzsterre hulde bring aan hierdie internasionale musiekstyl wat in die vasteland en haar mense gewortel is. Chadleigh Gowar se orkes met Zeke le Grange, ʼn saksofoon-sensasie, en Jason Ward, meester van die slaginstrumente, beloof om die gehoor op ‘n musikale reis te neem terwyl die son agter die ikoniese monument wegsmelt. Die res van die talentvolle en ervare groep bestaan uit Roderick McKay…

Lees meer

Goeie nuus vir alle Gautengers en aanhangers van ons Afrikaanse legendes!

Die legendariese sangeres, Min Shaw is die mede aanbieder van ‘n splinternuwe 13 episode TV-reeks getiteld Die Huis Van Legendes. Hierdie televisie reeks is ‘n musiek en geselsprogram waar Min en haar mede aanbieder, Shaun Mynhardt oor 13 episodes met verskeie spesiale gaste gaan gesels oor hulle loopbane as akteurs, TV aanbieders en sangers. Die legendariese sangers wat genooi is sal ook op die program sing. Legendariese gaste soos Tobie Cronje, Mimi Coertse, Karin Hougaard, Riaan Cruywagen, Joanna Field, Glenys Lynne en Clive Harding van Four Jacks and a Jill,…

Lees meer

Reinhard en Karin Herbst van die duo-groep RNK het die nuwe jaar baldadig binnegeplons met ’n pop-rock enkelsnit, Oppie langpad.

Reinhard en Karin Herbst van die duo-groep RNK het die nuwe jaar baldadig binnegeplons met ’n pop-rock enkelsnit, Oppie langpad, wat jou sommer ’n huppel in jou liefdesrieldans gaan gee. Oppie langpad neem jou op ’n teerpadtoer – uit die vervloë dae –  toe ’n kêrel nog kilometers moes aflê om by die nooi van sy hart te gaan kuier, dan dalk net ’n soen of twee steel voordat haar pa uit die slaapkamer grom, en hy dan maar weer al die pad moet terug ry na sy huis toe.…

Lees meer