Die legendariese sangeres, Min Shaw is die mede aanbieder van ‘n splinternuwe 13 episode TV-reeks getiteld Die Huis Van Legendes.
Hierdie televisie reeks is ‘n musiek en geselsprogram waar Min en haar mede aanbieder, Shaun Mynhardt oor 13 episodes met verskeie spesiale gaste gaan gesels oor hulle loopbane as akteurs, TV aanbieders en sangers. Die legendariese sangers wat genooi is sal ook op die program sing.
Legendariese gaste soos Tobie Cronje, Mimi Coertse, Karin Hougaard, Riaan Cruywagen, Joanna Field, Glenys Lynne en Clive Harding van Four Jacks and a Jill, Manuel Escorcio, Vicki du Preez, Billy Forrest, Maritza, Elma Potgieter, Claire Wrogemann, Freda Francis, Anne Power, Vinette Ebrahim, Barbara Veenemans, Bobby Angel, Cyrilene Slabbert, Min Shaw haarself, Clive Bruce en Manie Jackson sal op die program verskyn.
Dit is Joanna Field se eerste TV onderhoud in 24 jaar en sy het eksklusief ingestem om op Die Huis Van Legendes haar 24 jaar stilte te breek en sy gaan ook vir ons haar grootste treffers Silwermaan en Dont Fligh Too High sing. Karin Hougaard en Cyrilene Slabbert wat beide die afgelope dekade oorsee woon kom maak ook spesiaal ‘n verskyning as spesiale gaste.
Die legendariese gaste deel ook hul spesiale gedenkwaardighede vanuit hul roemryke loopbane soos toekennings, verhoogkostuums en goue en platinum plate met die kykers.
Die reeks word oor ‘n tydperk van vyf dae opgeneem in Gauteng tussen 24 en 28 Januarie 2022 en ‘n gehoor van 20 mense per program kan die opnames bywoon teen R100 per persoon.
Opname tye is daagliks tussen 10:00-12:00, 12:00-14:00, 14:00-16:00 en 16:00- 18:00 by die opname ateljees in Johannesburg, Gauteng. Geen kinders onder 13 sal ongelukkig die opnames kan bywoon nie en die reg van toegang word voorbehou. Alle Covid maatreels sal uitgevoer word tydens die opnames.
Om jou kaartjies te bespreek is baie maklik. Stuur ‘n epos na TV@minshaw.co.za of kliek op hierdie skakel om aanlyn jou kaartjies te koop: https://pay.yoco.com/die-huis-van-legendes
Vir Min Shaw en Shaun Mynhardt is hierdie TV-reeks die verwesenliking van ‘n droom en hulle sien baie uit om julle as deel van hierdie geskidkundige gebeurtenis te kan verwelkom.
