Ons skop die nuwe jaar af met ‘n opwindende nuwe film, REDEEMING LOVE wat binnekort in filmteaters begin draai! Ons is veral opgewonde omdat hierdie film spog met verskeie Suid-Afrikaanse akteurs en is plaaslik in Kaapstad verfilm. Redeeming Love stel vry in Suid-Afrika sowel internasionaal en sal in filmteaters begin draai op 21 Januarie 2022.
Redeeming Love is ‘n opkomende romantiese Amerikaanse tydperkdrama deur die regisseur D. J. Caruso, wat saam met Francine Rivers aan die draaiboek geskryf het. Hierdie film is gebaseer op Rivers se 1991 topverkoper met dieselfde naam en speel af tydens die goudstormloop in Kalifornië in 1850.
Regisseur: D.J. Caruso
Vervaardig deur: Cindy Bond; Brittany Yost; Simon Swart; Wayne Fitzjohn; Michael Scott; David A. R. White
Produksie:
*Film vervaardig in Kaapstad, Suid-Afrika in Maart 2020. Die film was bekend gemaak in April 2020, met D.J. Caruso as regisseur en Roma Downey sowel Francine Rivers as uitvoerende vervaardigers. Die draaiboek was ‘n gesamentlike poging deur Rivers en Caruso. Dit is die tweede keer wat vervaardigers Cindy Bond en Simon Swart saam aan ‘n film werk, sedert die 2018 film, I Can Only Imagine. David A. R. White, Wayne Fitzjohn, Michael Scott en Brittany Yost hulp vervaardig.
Gallery Still Photography of ABIGAIL COWEN as the character ‘Angel’ in REDEEMING LOVE.
Francine Rivers-bewonderaars – en enigiemand wat hou van ’n aangrypende romantiese drama – kan regsit, want hierdie bekroonde skrywer se topverkoper is uiteindelik beskikbaar in rolprentformaat!
Sedert REDEEMING LOVE in 1991 gepubliseer is (Verlos deur die Liefde in Afrikaans), het dit meer as driemiljoen eksemplare verkoop en is dit vertaal in dertig tale. Dit is ’n moderne weergawe van Hosea se verhaal in die Bybel en fokus op die ongewone verhouding tussen Sarah, wat Angel (Abigail Cowen) word, en Michael Hosea (Tom Lewis). Dié agtienjarige meisie is as kind verkoop vir prostitusie en is nou ’n pragtige en gewilde vrou in ’n rowwe prospekteerdorp in Kalifornië. Michael is ’n boer en ’n diepgelowige man. Deur hulle verhouding ontdek Angel dat liefde enige pyn kan genees.
Cowen meen dat sy dadelik aangetrokke was tot haar karakter: “Angel is ’n baie komplekse karakter wat na ’n leeftyd van swaarkry deur ware liefde gemotiveer word om uit haar omstandighede te ontsnap. Dit is ’n baie tydlose en inspirerende storie.” Lewis was weer baie beïndruk met die draaiboek en wou graag deel wees van die projek.
Die twee hoofkarakters word ondersteun deur ’n sterk rolverdeling, waaronder Famke Janssen, Eric Dane, Logan Marshall-Green, en Nina Dobrev, om net ’n paar te noem.
Alhoewel dit ’n eg Amerikaanse verhaal is, het REDEEMING LOVE ’n baie sterk Suid-Afrikaanse aanslag, aangesien dit in en om Kaapstad verfilm is en verskeie plaaslike akteurs, soos Tanya van Graan, Clyde Berning, Stephen Jennings, Brandon Auret en Daniah De Villiers, insluit. Verder is dit ook ’n gesamentlike projek tussen twee vervaardigers, Cindy Bond en Simon Swart.
RL_Day 06 of 35_Sc 32 & 34: Mae’s Shack, 1836: Sarah (LIVI BIRCH) asks if Mae (NINA DOBREV) needs to see a doctor – She declines. Sarah (LIVI BIRCH) holds Mae (NINA DOBREV) as they pray. Mae dies in her arms. RL_Day 13 of 35_Sc 110: Hilltop: Michael (TOM LEWIS) takes Angel (ABIGAIL COWEN) to the top of a hill and shows her everything he wants her to have as the Sun Rises.
“Suid-Afrika het ’n groot deel van die legkaart geword, want toe ons besluit het om saam te werk het ons begin debatteer oor waar verfilming sou plaasvind,” verduidelik Bond. “Ons het gou besef dat Suid-Afrika perfek sou werk vir hierdie rolprent as gevolg van die pragtige natuurskoon, berge, bome en wynlande. Dit is basies ook hoe die noordelike deel van Kalifornië lyk.”
Baie plaaslike besighede het betrokke geraak en meer as 450 verskaffers het die nodige produkte en dienste gelewer wat nodig was vir die film. Swart sê: “Die harde werk tussen plaaslike en internasionale spanne het tot die maak van ’n wonderlike fliek gelei. Dit is ’n fantastiese oomblik in die geskiedenis van ons maatskappy en voldoen aan ons leuse om rolprente van internasionale gehalte te vervaardig.”
D.J. Caruso was die regisseur van hierdie romantiese tydperkdrama, wat in die ou Amerikaanse Weste afspeel, en hy het die draaiboek saam met Rivers geskryf. Die bedryfsveteraan het die storie hersien op grond van sy uitgebreide ervaring, wat gelei het tot ’n film wat getrou bly aan die skrywer se weergawe van pyn, onvoorwaardelike liefde, mislukking, vergifnis en God se vermoë om te genees. Volgens die regisseur, leer die rolprent ons dat “genesing geskied deur liefde en ervaring en nooit deur veroordeling en dwang nie”.
REDEEMING LOVE wys wat God se volmaakte wil vir ons lewens is – onbelemmerd deur wat die samelewing aan ons wil voorskryf. “Die boek was net so ’n groot deel van hulle lewens soos wat dit van myne was,” sê Bond. “Daarom was ons buitengewoon bedag op elke aspek van die fliek. Dit gaan mense aangryp, want dit is ’n groot, aangrypende, epiese, pragtige, emosionele rolprent!”
Hierdie is ’n lewensveranderende verhaal oor die krag van onvoorwaardelike en oorvloedige liefde en die kragtige storie van ’n paartjie se liefde en deursettingsvermoë tydens die goudstormloop in Kalifornië in 1850.
Die fliek word plaaslik versprei deur Filmfinity Edms (Bpk.) en sal vanaf 21 Januarie 2022 in plaaslike bioskope te sien wees.
Kyk die lokprent hier: https://www.youtube.com/watch?v=_8RIlIOd_us
SOCIAL MEDIA LINKS
REDEEMING LOVE
Facebook: https://www.facebook.com/redeeminglovefilm/
Instagram: @redeeminglovemovie
FILMFINITY
Facebook: https://www.facebook.com/TeamFinityZA/
PUBLISITEIT & BEMARKING
Starburst Promosies
Alishia van Deventer
Sel: 083 635 4717
E-pos: alishia@starburstmusic.co.za
Webblad: www.starburstmusic.co.za
STARBURST PROMOTIONS
Alani Coetsee – PUBLICIST