SPRINGBOKRUGBYSPELER, CHESLIN KOLBE, IS OP DIE OMSLAG VAN DIE NUWE RUGBY 22 PLAYSTATION-SPELETJIE.

Staan nader, videospeletjie- en rugbygeesdriftiges, want die wêreld van rugby-videospeletjies het pas nog meer interessant geraak met die vrystelling van RUGBY 22, met ons eie Springbok-rugbyspeler – Cheslin Kolbe – op die omslag!

Die nuutste weergawe van hierdie gewilde speletjie word vandag, 28 Januarie 2022, op plaaslike bodem vrygestel.

“Dit is baie besonders en ons is trots daarop dat een van ons plaaslike sterre wêreldwye erkenning kry deur so prominent gebruik te word in ’n gesogte spelvermaakproduk soos RUGBY 22,” sê Mario dos Santos – Uitvoerende Hoof van GameFinity Suid-Afrika.

Oor die feit dat hy op die omslag van ‘n internasionale PlayStation speletjie pryk sê Cheslin:  “Dit is ‘n massiewe voorreg om op die omslag van Rugby22 te wees.  Ek sou nooit kon dink ek sou op die omslag van ‘n rugby speletjie verskyn nie!  Ek het altyd ander spelers op vorige speletjies gesien en gespeel.  Dit is super spesiaal en ek kan nie wag om hierdie een te begin speel nie!!

NACON en Eko Software is ook opgewonde om ’n splinternuwe bekendstellings-lokprent vir RUGBY 22, hulle nuutste skepping, te deel om die amptelike vrystelling daarvan op PlayStation®5, PlayStation®4 en Xbox Series X|S Xbox One te vier. Al die bestanddele wat hierdie sport so besonders maak is saamgevoeg om hierdie speletjie-ervaring vir rugbyliefhebbers besonders te maak!  

Kyk die RUGBY 22-bekendstellingsvideo hier.

Nuwe groot nasionale spanne is nou ook vir die eerste keer deel van hierdie RUGBY-handelsnaam, insluitend die  Wallabies (Australië se nasionale span) en Nieu-Seeland se All Blacks. Beide is bekend vir hulle kompeterende en fisiese eienskappe en die betowering wat hulle na die sport bring! Die ateljee het ook besluit om fotogrammetrie te gebruik om ’n meer realistiese voorkoms aan die spelers van laasgenoemde, asook die Franse span, se gesigte te gee.

RUGBY 22 bied aan spelers al die elemente wat deel uitmaak van moderne rugby: bekende amptelike spanne, taktiese veranderinge voor en gedurende die spel, spesifieke spelpatrone, spel na kontak en verskillende kombinasies. Alle rugbygeesdriftiges sal die grondbeginsels van die sport in die speletjie vind.

Goeie nuus vir PlayStation- en Xbox-spelers: Om die oorgang na die volgende generasie speletjietoestelle te vergemaklik, is ’n spesiale aanbod in plek gestel. Tot 28 April 2022 sal die aankoop en aktivering van die PS4-weergawe van die speletjie ook die PS5-weergawe gratis ontsluit. Dieselfde geld vir die Xbox One-weergawe as jy dit in die Microsoft Store kry, wat die Xbox Series X|S-weergawe gratis sal ontsluit.

Hiermee net weer die kenmerke van RUGBY 22:

·         Speel as jou gunsteling spanRUGBY 22 beskik oor ’n groot verskeidenheid groot nasionale spanne, met hulle huidige spelers en truie: Nieu-Seeland, Australië, Frankryk, Fidji, Ierland, Italië, Skotland, Wallis, Japan en Georgia.

·         Speel alleen of saam met ander – Enkel- of veelvuldige-speleropsies is plaaslik en aanlyn beskikbaar deur verskillende verstellings wat selfs meer realistiese spel bied.

·         Ontdek die Loopbaanfunksie – Begin jou eie klub, klim die punteleer, bou jou droomspan en ding mee met die beste spanne in die wêreld!

·         Speel soos ’n kenner – Geniet realistiese rugby-simulasie met regte taktiese diepte. Speel as ’n pod, bepaal jou vleuel se posisie, beplan jou verdediging en stel slim kombinasies saam om jou teenstander uit te oorlê.  

·         Outentieke ervaringRUGBY 22 bied ’n intense en realistiese rugby-ervaring met fotogrammetrie om die gesigte van ster-spelers meer eg te maak en spesiale animasie wat so na as moontlik is aan die regte spelers se beweging, danksy bewegingvasleggingstegnologie.

·         Oefen – Danksy nuwe instruksievideo’s wat in die speletjie ingebou is, kan spelers die basis van die sport leer en oefen om die beste speler te wees.

Kliek hier vir meer inligting oor RUGBY 22

Oor NACON

NACON is deel van die BIGBEN Groep wat in 2019 gestig is om sy kundigheid te optimaliseer deur sterk sinergieë in die videospeletjiemark. Deur sy veertien ontwikkelingsateljees te kombineer, AA-videospeletjies uit te gee, hoë gehalte speletjietoestelle te ontwerp en te versprei, bied NACON twintig jaar se kundigheid aan speletjieliefhebbers. Die nuwe verenigde besigheidstruktuur verstewig NACON se posisie in die mark en stel hulle in staat om te innoveer deur nuwe kompeterende voordele te skep. https://corporate.nacongaming.com/

Oor Eko Software

Eko Software, wat in 1999 gestig is, is ’n onafhanklike speletjie-ontwikkelaar en uitgewer wat in Parys, Frankryk gebaseer is. Hulle ontwikkel speletjies vir alle groot speletjieplatforms (konsoles, rekenaars, slim-televisies). Die maatskappy, wat hoofsaaklik op ontwikkeling en inhoudskepping fokus, ontwikkel speletjies vir top-uitgewers en skep nuwe intellektuele eiendom wat in vennootskap met wêreldwye uitgewers, of onafhanklike uitgewers via digitale verspreidingskanale, gepubliseer word. Intellektuele eiendomme wat deur Eko geskep is, sluit in Aqua Panic!, Wanted Corp., SPRay, en How to Survive. Vir meer inligting oor Eko Software en hulle produkte, besoek www.ekosystem.com.

Net soos sy voorgangers, Rugby 18 en Rugby 20, bied die nuwe vrystelling ook ’n opwindende interaktiewe ervaring, maar ’n paar noemenswaardige veranderinge is aangebring om dié videospeletjie nog meer outentiek te maak.

Die speletjie sal beskikbaar wees vir PlayStation®5, PlayStation®4, Xbox Series X|S en Xbox One en sal te koop wees by uitgesoekte handelaars, insluitend BT Games , Game4u, Koodoo, Nexus Hub en Raru.

RUGBY 22 bied ’n totale rugby-ervaring en kombineer taktiek en intensiteit in ’n speletjieformaat wat eg is aan die sport. Dit word plaaslik versprei deur GameFinity Edms (Bpk.).

Kyk die video-voorskou van die speletjie hier: https://www.youtube.com/watch?v=DdaEUZWDLDI

SOSIALEMEDIASKAKELS

RUGBY 22

Facebook: https://www.facebook.com/rugbythegame/

Twitter:  @rugbythegame

Webtuistehttps://rugby-thegame.com/

#Rugby22 #Nacon

TEAMFINITY

Facebook: https://www.facebook.com/TeamFinityZA/

STARBURST PROMOTIONS
Gizela Arndt – PUBLICIST

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →