Herewith E6 Vytin’s information:









Olka Bolka het ‘n onderhoud met Mandé gedoen om meer oor haar uit te vind:
Waar is jy gebore en het jy grootgeword?
Ek is gebore in Durban maar het grootgeword in die Oos Rand en het my tegniese matriek voltooi by HTS Brakpan.
Het jy naskool gaan studeer, indien wel wat?
Ek het tegniese kursusse gaan loop na skool. Ek het toe rigting verander om my passie te volg later in my lewe en het in die gesondheids-bedryf verder gaan leer.
Het jy enige kleintyd drome gehad oor wat jy wil doen?
Ek wou van kleintyd nog altyd ‘n fisioterapeut geword het. In hoërskool het ek besluit op argitektuur want dit was vir my fassineerend. En nou is ek weer terug in die gesondheidsbedryf. So mens moet maar altyd met jou eerste keuse hou want dis waar jy eintlik wil wees.
Het jy enige stokperdjies?
Ek is ‘n kreatiewe persoon en is mal oor enige iets wat ek kan maak, verf of ontwerp. Die beste gevoel is as jy iets tot lewe sien kom wat jy self gemaak het.
Vertel ons van jouself in ‘n neutedop?
Ek is ‘n sagte persoon wat altyd bereid is om mense te help.
Ek doen wat nodig is om werk gedoen te kry.
Ek is ‘n aangename persoon om rond te wees
Vertel ons iets wat niemand van jou weet nie?
Ek beskou myself as “‘n loner” weens die feit dat ek my tyd saam met my familie eerder wil spandeer.
Wat is jou besigheid se naam en wat beteken dit?
My besigheid se naam is E6 Vytin. (uitgespreek – “waaitin”)
Die betekenis is soos volg –
E6 – Ses elemente word beskou vir noodsaaklikheid vir lewe
Vytin – Sinoniem vir “within”
Die volle betekenis vir E6 Vytin is “Life Within”
Vertel ons van jou besigheid en watter dienste verskaf jy?
Ek is in die bedryf om mense te help met hulle elke dag pyn en probleme.
Ons verskaf die volgende –
- Swedish Massage
- Deep Tissue Massage
- Sport Massage
- Rehabilitation Massage
Die grootste misverstand wat mense het is om te dink dat sport en rehabilitation massage net vir sport mense is. Dit is voordelig vir mense wat met spasmas pyn, spier moegheid en wat omvang van beweging wil verbeter. Dit is nie altyd ‘n baie lekker tegniek nie maar dit is voordelig. As iemand sensitief is vir pyn is daar verseker ander maniere wat ek meer kan help. Dit hoef nie altyd net een manier te wees nie. By E6 Vytin kry elke kliënt ‘n persoonlike behandelingsplan. Atlete kry die voordeel van besering voorkoms, spier opwarming en genesing na ‘n sport byeenkoms.
Kan jou kliënte produkte by jou bestel om hul lewensgehalte te verbeter?
Ek gaan binnekort natuurlike gesondheids produkte aanskaf wat te koop sal wees. Asook ‘n lyn van handgemaakte natuurlike produkte.
Wat is jou toekoms visie vir jou besigheid?
Ek beplan om uit te berei na waar ‘n persoon al jou natuurlike gesondheids benodighede by een plek kan aanskaf.
Wat inspireer jou?
Om te sien dat suksesvolle entrepreneurs dieselfde uitdagings gehad het as wat klein besighede het en dat daar ‘n manier is om deur dit te kom.
Musiek – Country
Sanger – Lee Brice
Gunsteling liedjie – One of them girls
Rolprent – Grown ups
Akteurs – Dwayne Johnson
Reeks – The big bang theory
Kos en drankie – Enige italiaanse kos / “Craft coffee”
Ontspanning – Na musiek luister. Dit maak ‘n persoon beter voel onmiddelik.
Boek – When the wind blows – James Patterson
Vakansie bestemming –
Die pragtige Kaapstad as ek wil see toe gaan.
En my bos bestemming is Sabie.
Solank daar stilte en vars lug is, is dit ‘n vakansie.
Waarvan hou jy niks – noem 4 dinge.
- As iemand nie verantwoordelikheid kan vat vir hulle foute nie.
- As daar ingemeng word in ander se persoonlike sake.
- Onkundige persone
- Gemmer Koekies & liquorice
- Waar kan mense jou in die hande kry?
Ek kan gekontak word deur die volgende kanale –
Facebook – www.facebook.com/e6vytin
Selfoon – 064 853 7435
Epos – hello@e6vytin.co.za
Webwerf – www.e6vytin.co.za
