INTERNASIONAAL BEKROONDE AKSIEPRENT, INDEMINTY, VANAF 13 MEI 2022 IN PLAASLIKE BIOSKOPE TE SIEN!

Na die suksesvolle bekendstelling van die fliek by die Fantasia Internasionale Rolprentfees in Kanada verlede jaar, word INDEMNITY uiteindelik in plaaslike bioskope vrygestel op 13 Mei 2022.

Dié rolprent, Suid-Afrikaanse skrywer en regisseur – Travis Taute – se debuut-film, is baie goed ontvang deur oorsese kritici. Dit het ook plaaslike media beïndruk tydens die eksklusiewe media-voorskou wat op 28 April plaasgevind het en die bekroonde skrywer, rolprentresensent en dosent, Leon van Nierop, beskryf dit as “die dapperste, mees gewaagde en gebalanseerde Suid-Afrikaanse aksierolprent wat nog ooit gemaak is.”

INDEMNITY vertel die storie van Theo Abrahams (Jarrid Geduld), ’n voormalige brandweerman wat aan Posttraumatiese stresversteuring (PTSV) ly, wat homself aan drank oorgee omdat hy nie kan teruggaan werk toe nie.

Theo se wêreld word op sy kop gedraai wanneer sy vrou en joernalis, Angela (Nicole Fortuin), vermoor word en hy die hoof-verdagte is. Dit dwing om hom om van die polisie te vlug, aangesien hy oortuig is dat hy onskuldig is. Soos wat die saak ondersoek word deur adjunk-hoof, Alan Shard (Andre Jacobs), en speurder, Rene Williamson (Gail Mabalane), word onthullings gemaak oor sy verlede, wat sy PTSV veroorsaak het, wat met sy vrou gebeur het en ’n regeringsameswering met drastiese gevolge. 

INDEMNITY, ’n intense en indrukwekkende rolprent wat gemaklik vloei van een aksietoneel na die volgende, stel Taute (mede-skrywer van Nosipho Dumisa se bekroonde Nommer 37 en die Netflix-reeks Blood & Water) se vernuf as skrywer en regisseur op ’n nuwe vlak ten toon.

Gedryf deur die SAFTA-bekroonde Geduld se uitstaande toneelspel, verweef hierdie paranoïese samesweringsriller opwindende aksietonele met ’n emosionele storielyn en ’n kragtige boodskap. Dié prent, wat deur New York Times beskryf word as “’n stylvolle riller, vol erotiek en bedrog,” dien as bewys dat plaaslike rolprente en talent aan internasionale standaarde voldoen.

INDEMNITY is deur Gambit Films vervaardig, in samewerking met M-Net Films, Marche Media, Die Nasionale Rolprent- en Videostigting en Die Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging.  

Dit word plaaslik versprei deur Filmfinity Edms (Bpk.) en sal op 13 Mei 2022 in plaaslike bioskope te sien wees. Kaartjies kan vooraf bespreek word by https://www.sterkinekor.com/details/HO00002349/indemnity

INDEMNITY IS IN DIE VOLGENDE TEATERS TE SIEN:

Atlanta Cinema

Century Cinemax Northgate

Epic Mall@Reds

Epic Northridge

Epic Sun City

Grandwest Cine Centre

Julios Cinelux

Midlands Cine Centre

Minimax Cine ½

Movies@Emnotweni

Movies@GoldReef

Movies@Monte

NC Masa

Sky Cinema

Suncoast Cine Centre

The Gables

Whale Coast Theatre

NU Metro Boardwalk

NU Metro Canal Walk

NU Metro Clearwater

NU Metro Giyani

NU Metro Hyde Park

NU Metro Loch Logan

NU Metro Mamelodi

NU Metro Menlyn Park

NU Metro Mountain Mill

NU Metro Pavilion

NU Metro The Glen

NU Metro The Strip

NU Metro Westgate

Bay West

Bayside

Blue Route

Brooklyn Commercial

Cape Gate

Cavendish Commercial

Cresta

East Rand Mall

Eastgate

Garden Route Mall

Gateway Commercial

I’langa Mall

Kolonnade

Mall at Carnival

Mall of Africa

Mall of the North

Maponya Mall

Matlosana Mall

Mimosa

Musgrave

N1 City

Newton Junction

Parow

Promenade

Rosebank The Zone

Rustenburg

Sandton

Secunda

Somerset Mall

Southgate

Sterland

Tygervallei

Vaal Mall

Wonderpark

Kyk die lokprent hier: https://www.youtube.com/watch?v=kEeirDvFXLw

SOSIALEMEDIASKAKELS

INDEMNITY

Facebook: https://m.facebook.com/IndemnityFilm

Twitter: @IndemnityFilm

FILMFINITY

Facebook: https://www.facebook.com/TeamFinityZA/

Twitter: @TeamFinityZA

Instagram: @teamfinityza

FILMBATES

KREDIET: Magnolia Pictures

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →