Ter ere van Afrikamaand, Museumdag en amptelike Afrikaans kry almal gratis toegang tot die Taalmonument EN Taalmuseum op 18 en 25 Mei. Op 21 Mei is daar gratis toegang tot die Taalmuseum, maar slegs met voorafbespreking. Die dae sluit onder meer gratis rieldanse en marimba-musiek in, dus dit is die perfekte geleentheid om die monument en museum te besoek as jy lanklaas daar was. En om ʼn piekniek te hou of die ATM Koffiehuis te ondersteun. Afrikaans het ʼn amptelike landstaal op 8 Mei 1925 geword en 18 Mei is Internasionale Museumdag. Sien www.taalmuseum.co.za/gratis-toegang-vir-taalmuseum-en-rieldans/ rakende 21 Mei en www.taalmuseum.co.za/taalmonument-gratis-toegang-vir-almal-op-afrikadag/ rakende 25 Mei. Neem asseblief kennis dat besoekersgetalle gereguleer kan word in ooreenstemming met veiligheids- en sekuriteitsprotokolle. In honour of Africa Month, Museum Day, and official Afrikaans, everyone receives free admission to the Afrikaans Language Monument AND Language Museum on 18 and 25 May. On 21 May there is free admission to the Language Museum, but only with a prior reservation. The days include free riel dances and marimba music, so this is the perfect opportunity to visit the monument and museum if you have not been there in a while. And to have a picnic or support the ATM Koffiehuis. Afrikaans became an official language on 8 May 1925 and 18 May is International Museum Day. See www.taalmuseum.co.za/free-admission-to-taalmuseum-and-riel-dance/ regarding 21 May and www.taalmuseum.co.za/taalmonument-free-admission-for-all-on-africa-day/ regarding 25 May. Please note that visitor numbers may be regulated in accordance with safety and security protocols. Jeffrey Pietersen Assistent: Geleenthede en Kommunikasie Assistant: Events and Communication Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument T +27 (0)21 872 3441 F +27 (0)86 231 7324/+27 (0)21 872 3642 E bemarking2@taalmuseum.co.za W www.taalmuseum.co.za | www.taalmonument.co.za F www.facebook.com/afrikaansetaalmonument T www.twitter.com/taalmonument I www.instagram.com/taalmonument Y www.youtube.com/user/taalmonument1 Twitter: volg ons / follow us | Facebook: word ‘n bewonderaar / like us | stuur aan / forward Kopiereg / Copyright © 2022 Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument Alle regte word voorbehou / All rights reserved. |
Ter ere van Afrikamaand, Museumdag en amptelike Afrikaans kry almal gratis toegang tot die Taalmonument EN Taalmuseum op 18, 21 en 25 Mei.
