‘n Dromer op ‘n liefdesreis is ‘n digbundel wat op verskillende aspekte van die liefde fokus – verlief wees, die diepe liefde ervaring, hunkering na liefde, verlore liefde of om jou vingers met liefde te verbrand. Alle ervaringe van liefde word uniek uitgebeeld en gevoelens van liefde word op so ‘n wyse vasgevang om die leser op ‘n reis te neem na eie ondervinding en ervarings reeds beleef.
Dit word uitgegee deur Minimal Press en sal die einde van Maart by hul beskikbaar wees op hul Facebook blad of hul webtuiste, http://www.minimalpress.co.za. Ek is nog net nie seker wat dit gaan kos nie.
Hierdie is al ‘n droom vir baie jare wat na vele bloed sweet en trane realiseer. Ek skryf om iemand aan te raak en te deel wat die Here my gebied het. Ek weet dat daar baie mense is wat hierby aanklank sal vind op een of ander manier. My digkuns is vir my old school, waat dit ‘n storie vertel en rym en ek love dit, want dit bied soveel diepte en emosie.
Corlien Jacobs is op 29 November 1983 in Vryburg, in die Noordwes, gebore. Eersteling van Daan en Anne-Marie Jacobs. Vyf jaar later het hul haar kleinsus en beste vriendin, Marike Jacobs, in die wêreld verwelkom.
Corlien het tydens haar hoërskool loopbaan,aan Hoërskool Vryburg, begin dig en in verskeie kompetisies deelgeneem. Sy het heelwat pryse vir haar digkuns gewen en van haar werk is in verskeie digbundels opgeneem.
Na skool het sy BA Kommunikasiewetenskap aan UNISA gaan studeer en so aan haar skryfkuns gewerk. Haar werke het uitgebrei van digkuns na toneelstukke en sy het haar eerste toneelstuk, Moord op Brakpan, op die planke gesien by ‘n ATKV Tienertoneel opvoering deur die dramagroep van Hoërskool Vryburg.
Van haar gedigte is ook gebruik deur Achieve Careers vir hoërskool handboeke in Life Orientation en een van haar gedigte is opgeneem in Inkspraak 2 in 2021. Van haar werke is tans in 6 verskillende digbundels opgeneem in Afrikaans en Engels.
Corlien is ‘n onderwyseres by ‘n aanlyn skool en gaan voort om in haar vrye tyd vlerke aan haar woorde te gee en mense op reis te neem.

Olka Bolka het ‘n onderhoud met Corlien gedoen:
Waar is jy gebore en het jy grootgeword?
Ek is gebore in Vryburg in die Noordwes en het ook hier my skoolloopbaan voltooi.
Het jy naskool gaan studeer, indien wel wat?
Ek het naskool BA Kommunikasiewetenskap by UNISA studeer.
Wat is jou beroep?
Ek is ‘n aanlyn onnie by Teneo.
Skryf jy voltyds?
Nee ek sal love om dit te kan doen, but I have bills to pay! Ek skryf in my vrye tyd.
Het jy van kleintyd af al gelees?
Ek is mal oor lees. As kind het my ma vir my al die Disney boekies aangekoop en vir my gelees totdat ek self kon lees en van daar af het ek die een boek na die ander nader getrek.
Wanneer het jy begin skryf en wat was jou eerste verhaal/gedig?
In gr 6 het ons Afrikaanse juffrou ons gevra om ‘n raaisel in gedig vorm te skryf. Ek onthou dat ek oor ‘n druiwetros geskryf het en toe besef het, maar sjoe dis nogal lekker en ek is nie te sleg nie en van daar af het die skryf gogga gebyt.
Hoeveel boeke/gedigte het jy al geskryf?
Van my gedigte is in 6 verskillende bundels opgeneem en Achieve Careers het 9 van my gedigte gebruik vir hul handboeke vir LO en ek het 2 toneelstukke wat een op die ATKV tienertoneel opgevoer is en die ander word deur Vryburg Voorbereidingskool opgevoer. Dan het ek ‘n kinder digbundel in e-book formaat op Amazon en nou my bundel deur Minimal Press, ‘n Dromer op ‘n liefdesreis.
Wat is jou genre?
Ek is nie gebonde tot ‘n genre nie en skryf oor bietjie van alles.
Watter tipe boeke lees jy?
Ek is lief vir verskeie boeke, speurverhale, fantsie, romanse, ek hou van lees end it sluit enige tipe genre in.
Is daar ‘n boek/gedig wat jy gelees het, wat ‘n groot indruk op jou gemaak het?
Ek dink die Harry Potter reeks van JK Rowling het my vreeslik beindruk. Haar fyn detail wat van begin tot einde deurslaan is vir my ongelooflik.
Vertel ons van jouself in ‘n neutedop?
Ek is ‘n dromer op reis wat my hart vir die wêreld wil wys. Ek is maar skaam en teruggetrokke en hou eerder daarvan om agter die skerms te werk. Ek is iemand wat lief is vir die kunste en ek love die see. My gesin is my alles. Ek dink ek voel soms dieper as ander en gee te maklik om, het maar ‘n klein hartjie en haat onregverdigheid. Ek is maar die plain Jane next door.
Vertel ons iets wat niemand van jou weet nie?
Ek is versot op cartoons. Ek mis nie ‘n Disney kinder movie nie en huil snot en trane daarin.
Wat inspireer jou?
Ek word geinspireer deur dinge wat rondom my gebeur en ek het ook baie empatie en dus plaas ek myself in ander se skoene en daardeur dink ek hoe hul sal voel en reageer en dus word baie van my werk daarop gebasseer.
As jy met enigeiemand oor ‘n koppie koffie kan gesels, wie sal dit wees en hoekom?
JK Rowling! Ek love haar styl en ongelooflike verbeelding en die feit dat sy hoeveel keer weggewys is en toe so groot gegaan het.
Wat is op jou emmerskoplys (Bucket List)?
Ek wil kinderboeke uitgee. Ek wil graag een van my toneelstukke op die verhoog sien met bekende akteurs wat die rolle vertolk. Ek wil graag ‘n movie op die lappe bring, (cartoon) en sal daarvan hou as my werk ook oorsee kan gaan en ek wil mense aanraak met my skryfwerk en ‘n emosie by hul laat ontstaan. Ek wil ook nog graag oorsee reis en ‘n hele paar plekke besoek en soveel tyd as moontlik saam met my gesin deurbring en dan graag see toe trek.
Covid het ons “normale” lewe op sy kop gedraai, hoe ervaar jy dit?
Wat is volgende vir jou, en hoe sien jy jou toekoms?
Ek is tans besig met ‘n kinderboek en hoop om ‘n uitgewer daarvoor te kry. Ek hou aan met dig want dis deel van my en geniet ook my werk as aanlyn onnie by Teneo. In die toekoms sal ek graag meer werke daar buite wil hê met die doel om mense aan te raak. It is not about fortune or fame, maar net die blote idee dat iets wat ek geskryf het ‘n emosie by iemand laat ontstaan het.
Tipe Musiek
Mal oor country musiek maar luister ook graag enige ander genre. Baie lief vir 60s musiek.
Sanger / Sangeres
Te veel om te noem, maar Luke Combs, Cam en Pink kom sterk deur.
Rolprent
Dirty Dancing
Akteur / Aktrise
Anthony Hopkins
Kos en drankie
Pasta en cuppa chino
Ontspanning
Saam met my gesin kuier of movies kyk.
Boek
Harry Potter
Vakansie bestemming
Enige plek by die see, veral Weskus.
Waarvan hou jy niks – noem 4 dinge.
Onregverdigheid.
Iemand wat neerkyk op ander.
Afval eet.
Koud kry in die winter.
Waar kan lesers jou volg, en jou boeke aankoop.
Facebook – Corlien Jacobs
Instagram – Corlien Jacobs
Minimal Press – Facebook of www.minimalpress.co.za of kontak Steenkamp Btottger by steen.boettger@gmail.com