NUWE BERGE, NUWE HOOGTES VIR MICHELLE MOUNTJOY!

HOOFSTUK IN HAAR LOOPBAAN NADAT SY AS WENNER VAN DIE GEWILDE KYKNET TV REEKS “WAT DIT VAT” GEKROON IS.

Aanhangers het haar leer ken as die enkel mamma met die oulikste baba in haar video wat sy ingestuur

het as oudisie vir diè reeks.  Maar sy het vinning harte en ore oor gewen met haar unieke, suiwer stem, en sagte geaardheid.

Michelle is in Januarie 2022 aangewys as die wenner van “Wat dit Vat” die musiek realiteits-reeks wat op kykNET uitgesaai het. 

Die bekende sanger Appel het besluit dat hy vir haar , haar eerste enkelsnit getiteld “Sing jou lied” wil skryf.  En wat ‘n treffer was dit nie weer
uit hierdie jong man se pen nie.  Hierdie snit het al meer as 25 miljoen ore op verskeie  radio stasies bereik volgens Radio Monitor South Africa.

Michelle werk tans hard aan haar nuwe enkelsnit en musiek video wat in Mei maand vrygestel word en eksklusief bemark word deur TF Promosies.

“Ek is verskriklik opgewonde vir dit wat voorlê. Ek het die voorreg om by Sunset Studios my volgende enkel snit te record en is tans besig om reg te maak om motivering praatjes te hé by meisies skole oor mishandeling en waar hulle hulp kan kry.” Sê Michelle.

Michelle en die organisasie Tears vat ook hande hierdie jaar om uit te reik na jonger dames deur middel van ‘n landswye skole toer, waar Michelle haar storie van hoe sy mishandel was deel, en ‘n boodskap van hoop te bring vir elkeen wat dit in hierdie moeilike tye die
nodigste het.

Olka Bolka het met Michelle ‘n onderhoud gedoen:

Vertel ons lesers waar jy gebore en grootgeword, waar bly jy tans?

Ek is gebore in Amerika , Florida en ek bly tans in Durbanville in die mooie Wes Kaap !

Wat het jy na Matriek gedoen?

Ek het na Matriek vocals gaan swot by COPA (Campus of Performing Arts) vir ‘n jaar en toe gaan ek terug na my huis dorpie toe , Plett , om te werk .

Wat doen jy behalwe musiek?

Ek help Katinka die kat met ‘n paar goed wanneer sy nie tyd het om by alles uit te kom nie , ek oefen daagliks , ek doen mamma dinge 😂 ek skryf my gedagtes neer met die hoop dat ek dit in ‘n liedjie kan uitdraai , ek drink baie koffie en probeer lekkkker leggings aan die kant te verkoop . 😍

Vertel my van jou nuutse enkelsnit?

Ek het twee nuwe liedjies wat oppad is , Porcelain mossies wat deur my pa se goeie vriend geskryf is , Oom Johan Botha . Dit gaan oor n paartjie (wat oor die algemeen meeste mense se hobbels is) wat die heletyd probleme vind in hulle verhouding oor geld , maar dit eindig met n positiewe boodskap wat jou onmiddelik nuwe hoop gee .

Die tweede liedjie is Bella Blom geskryf deur my . Bella-Grace was 4 maande jonk toe ek die liedjie vir haar geskryf het . Dit was deel van ‘n uitdaging op Wat Dit Vat waar ons net 4 ure gehad het om ‘n pop liedjie te skryf . Toe skryf ek van wat op my hart was en dit was Bella , my mooiste sonneblom

Skryf jy self jou liedjies?

As ek inspirasie kry dan probeer ek skryf . Ek is eintlik nou besig om n liedjie te probeer skryf oor mishandeling , ek voel dit gaan so veel mense help want musiek dra SO veel krag . So ek het Bella Blom & die ene waarop ek nou werk . Maar hopelik kom daar nog baie !

Vertel ons van jouself in ‘n neutedop?

Ek is 26 en word die 30ste Junie 27 . My gunsteling kleur is geel want dit laat my dink aan alles wat sonskyn bring en warmte . Ek het ‘n dogtertjie , Bella-Grace , wat die 23 Mei haar hele eerste reis om die Son voltooi . Ek is aktief , is MAL oor die buite lewe . Ek kom van ‘n groot familie . Ek is een van 4 kinders , twee ouer sussies en n klein boetie . Ek is die enigste kind met bruin hare en oë . Ek het in Plettenberg Baai groot geword en voel vas ek sal ALTYD n klein dorpie dame bly . Ek het ook eers op die ouderdom van 17 voor mense begin sing .

Hoe het jy 2020 tot nou ervaar?

Shjoe , tussen 2020 en 2021 sou ek nooit kon raai hoe my lewe gaan verander nie . Ek het deur’ n baie groot mind shift gegaan in 2020 omrede ek swanger was en ‘n enkel mamma , so my kop het nagte omgedraai met hoe ek my en Bella-Grace se lewe ‘n goeie lewe sal kan maak op my eie . Toe “Wat Dit Vat” oor my pad gekom het , het ek eerlikwaar nie gedink hulle gaan my kies nie , alhoewel ek oor en oor en oor gesê het by die huis nog voor ek ingeskryf het , dat ek een van die 3 gaan wees . Dit het my gewys Watse impak dit het om iets oor jou lewe uit te spreek , want net daar die dag nadat ek ingeskryf het , het ek n oproep gekry om te se ek is op die kortlys . Vrydag die 13de Augustus 2021 . Bella was toe eers 3 maande jonk en ek was toe net besig om gewoond te raak aan mamma wees .

Watse invloed het covid op jou musiekloopbaan gehad , en nog steeds?

Om eerlik te wees , COVID het gelukkig nie my geafekteer met my musiekloopbaan nie . Wat Dit Vat het gebeur toe dinge rustiger geraak het . En op die oomblik die enigste ding wat my Pla van dit is die feit dat ek in ‘n masker moet asem haal . 🤣 verder as dit , weet die kieme mooi om nie by my musiek in te meng nie. 😉😂

Wat is jou gunsteling Musiek genre?

Ek is mal oor alle musiek , van Afrikaans tot Indië folk , golden oldies , electronic vibes . Enige iets wat goed is vir my siel en voed my in ‘n positiwe manier is my go to . Dit hang ook af hoe ek voel . Oeh en blues & jazz .. 😍

Vertel ons iets wat niemand van jou weet nie?

Ek is glad nie genees met dit wat met my gebeur het toe ek getroud was .

Wat inspireer jou?

Die buite lewe is vir seker my inspirasie . Ek voel dit is n plek waar dit die maklikste is om die Here te vind , en dit is reg waar my inspirasie le

As jy saam met enigeiemand in die wêreld kan sing, wie sal dit wees en hoekom?

As ek saam met Danie van Spoegwolf kon sing sou al my drome voltooi wees , sy musiek het ongelooflik baie mening en hy sing met emosie wat jou terug in tyd kan vat . Ek dink as ek ooit die kans kan kry om saam met hom te sing , sou dit maklik wees vir my om daai selfde emosie te gee omdat daai energie wat hy afgee so aansteeklik is .

Wat is volgende vir jou, en hoe sien jy jou toekoms?

Ek is tans besig met Tears Foundation, ek is hulle main ambassador en gaan by meisies skole my storie vertel van mishandeling en hoe ek weg gekom het en hoe hulle ook kan weg kom en waar hulle help kan kry , met ‘n liedjie of twee as ‘n bederf! Verder as dit is ons besig om op ‘n groot set list te werk sodat ons shows kan begin doen .

Wanneer verjaar jy?

30ste Junie

Wat is jou gunsteling:

Tipe Musiek: Alternatief

Sangers: Spoegwolf , Karen Zoid , Angus & Julia Stone

Band:

Houndmouth, Rainbow kitten surprise, Kai Straw

Gunsteling liedjie: Stukkend – Spoegwolf

Rolprent: Redeeming love

Akteurs: Katherine Heigl

Reeks: Sweet magnolias

Kos en drankie: Pizza en wyn

Ontspanning: Buite wees

Boek: Enige iets Francine Rivers

Vakansie bestemming: Bali

Kleur: Geel

Waarvan hou jy niks – noem 4 dinge.

Oysters

Lieg

Konflik

Iemand wat kies om te hoor en nie eintlik na alles luister nie

Waar kan mense jou kry en volg?

 Instagram : michelle.joy14

Bestuurder : Tania Fourie – 072 194 2794

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →