Op 3 Mei 2022 was die suksesvolle stigter van Modern Breed, die internasionale spreker en skrywer Erik Kruger, se tweede boek – DANGEROUS – amptelik te koop in boek- en aanlyn-winkels regoor die land. Soos verwag, was dit ’n kitssukses en het dit binne ’n japtrap op die lys van topverkopers beland!



Tracey McDonald van Tracey McDonald Uitgewer het bevestig dat hierdie hoogs-inspirerende boek – kort na sy vrystelling die vyfde plek ingeneem het op Exclusive Books se Top 10-besigheidsboekelys.
“Dit is ongelooflik om te sien hoe goed die boek ontvang word. Ek dink dit is omdat dit die regte boodskap op die regte tyd bied. Mense is al vir meer as twee jaar in oorleweingsmodus en dit is nie meer goed genoeg nie. Die boek herinner lesers om weer beheer te neem, risiko’s te vat en te groei,” sê Kruger.
As jy weer effektief teen die bedreigings in jou lewe wil optree, en as jy belangstel om nie net die beste te maak van die uitdagings en struikelblokke op jou pad nie, maar ook die geleenthede daarin raak te sien, is hierdie boek die perfekte handleiding.
DANGEROUS gaan daaroor om weer beheer te neem van jou lewe. Dit is van toepassing op elkeen van ons; van joernaliste, tot bekendes, pastore, ouers, besigheidsleiers, entrepreneurs, onderwysers en paartjies. Ons moet almal ‘n bietjie meer “gevaarlik” wees. Ons moet optree op ’n manier wat ons help om die bedreigings in ons lewens te oorkom sodat ons terselfdertyd ook diegene vir wie ons omgee kan beskerm.
Hierdie boek kon nie op ’n meer geleë tyd gekom het nie, aangesien Suid-Afrikaners tans gebuk gaan onder bedreigings en uitdagings en juis aansporing nodig het om weer die beste weergawe van hulself te word.
DANGEROUS is uitgegee deur Tracey McDonald Uitgewers en is nou beskikbaar by jou naaste boekwinkel of aanlyn by: https://www.loot.co.za/product/dangerous/cpyn-7631-g3a0


Oor die skrywer
Erik Kruger is ’n internasionale spreker, skrywer en fasiliteerder wat ander leiers help om uit te blink in moderne tye.
Dié denkleier is ook mede-aanbieder van ’n gewilde potgooi, The Expansive, saam met die topverkoper-skrywer, John Sanei.
Hy het verskeie grade aan die Universiteit van die Witwatersrand (WITS) verwerf, insluitend ’n BSc in Fisioterapie, ’n Nagraadse Diploma in Bestuur, en ’n meestersgraad in Bestuur en Uitvoerende Afrigting.
Gedurende sy leeftyd, moes hy homself al verskeie kere herontdek en -vestig. Hy het gegroei van ’n fisioterapeut na die stigter van Suid-Afrika se grootste selfontwikkelingsgemeenskap vir mans tot die werk wat hy vandag doen; ’n reis wat geïnspireer is deur sy natuurlike vermoë om nuwe maniere te vind om ou waarhede oor te dra.
Wanneer hy nie besig is om te werk nie, geniet hy lekker koffie en whiskey en speel ’n graag gholf. Hy hou ook daarvan om motorfiets te ry, Xbox te speel en om met sy honde te gaan stap.
Erik woon tans in Somerset-Wes, saam met sy vrou en Duitse Herdershonde.
Hier is meer inligting oor Erik :
BIOGRAFIE – JANUARIE 2022
ERIK KRUGER
Erik Kruger is ’n denkleier en ware pionier van moderne leierskap, asook die stigter van Modern Breed – ’n spesialiswerkswinkel- en besigheidsgroei- en -ontwerp-agentskap, met die uitsluitlike doel om leiers en personeelspanne te moderniseer deur middel van wêreldklas-leerervarings.
Hy is ’n internasionale spreker, leierskap-afrigter en skrywer met ’n meestersgraad in Uitvoerende Afrigting, wat binnekort met sy doktorsgraad in die veld van leierskap en aanpasbaarheid begin. Hy werk nou saam met organisasies soos die Young President’s Organisation, die Entrepreneurs Organisation, Discovery, TedX, en vele meer.

Erik doen al sy werk met die toekoms van leierskap, aanpasbaarheid en hoëprestasie in gedagte. Hy meen aanpasbaarheid is ’n vaardigheid wat gekweek moet word en nie ’n passiewe eienskap wat net toegepas moet word wanneer dit nodig is nie. Hierdie oortuiging word vasgevang in sy maatskappy se leuse: “Modernisering van Leiers en Spanne”.
Elke leier en span het die vermoë om gemoderniseer te word. Ons leef in ’n wêreld waar daar geen geheime meer is nie. Kennis en motivering is vrylik beskikbaar. Om werklik uit te blink in ’n wêreld wat vinnig verander, is dit noodsaaklik om moeiteloos van kennis tot aksie te beweeg. As jy saamstem, dan is Erik gereed om te help.
Stigter van Modern Breed
Modern Breed is ’n maatskappy wat spesialiseer in leer en ontwikkeling en daarop fokus om effektiewe werkswinkels en groeiplanne te ontwerp en uit te voer. Kliënte kan vooraf ontwerpte werkswinkels kies oor onderwerpe soos digitale leierskap, veerkragtigheid, konveksiteit en hoë werkverrigting. Modern Breed se vlagskipprogram, Think Week, het puik resensies regoor die wêreld ontvang. Werkswinkels kan om enige tema ontwerp word.
Internasionale Spreker
Erik reis die wêreld plat, per vliegtuig en Zoom, om met gehore te praat oor die toekoms van leierskap en hoe om aanpasbaarheid as ’n vaardigheid te kweek. Of dit nou op die verhoog of aanlyn is, kombineer hy ervarings van sy afrigtingspraktyk moeiteloos met relevante navorsing om boeiende en aksie-georiënteerde boodskappe te lewer.
Hoëprestasie-afrigter en -fasiliteerder
Erik rig toppresteerders af, wat wissel van nuwe moderne besighede tot groot gevestigde telekommunikasiemaatskappye regoor die wêreld. Dit is ’n waardevolle komponent van die werk wat hy doen, want dit hou hom in voeling met die uitdagings wat mense in die gesig staar. Dit stel hom weer in staat om hierdie insigte te gebruik om beter inhoud te skep, beter praatjies te lewer en beter werkswinkels aan te bied.
Hy is in 1984 in Kaapstad gebore en was in Hoërskool Johan Jurgens en Laerskool Christiaan Beyers in Springs. Hy het al sy grade aan die Universiteit van die Witwatersrand (WITS) verwerf (BSc Fisioterapie, PDM Nagraadse Diploma in Bestuur, MMBEC meestersgraad in Bestuur in Uitvoerende Afrigting).
Hy en sy pragtige vrou woon in Somerset-Wes met hulle Duitse Herdershonde. Erik is lief vir goeie koffie en whiskey en speel graag gholf. Verder is hy ook mal oor nuwe tegnologie en is hy baie spesifiek oor die kwaliteit oorfone wat hy gebruik. Ontbytritte op sy motorfiets, om Xbox te speel en met die honde te gaan stap, is net van die maniere waarop hy sy vrye tyd deurbring.
Gedurende sy leeftyd, moes hy homself al verskeie kere herontdek en -ontwerp. Hy het gegroei van ’n fisioterapeut na die stigter van Suid-Afrika se grootste selfontwikkelingsgemeenskap vir mans tot die werk wat hy vandag doen. Alhoewel Better Man nie meer bestaan nie, het hy op ’n stadium daagliks e-posse aan 18 000 mans gestuur. As gevolg hiervan, het hy die geleentheid gekry om verskeie geleenthede aan te bied en mans op te lei en hy het ontdek dat hy op die verhoog sy ware passie kon uitleef. Vandag werk hy met ’n handvol 1:1-kliënte aangesien die meeste van sy werk op werkswinkels en praatjies gebaseer is. Hy is ’n idee-persoon. Om nuwe maniere te vind om ou waarhede te kommunikeer, is vir hom ’n natuurlike ding.

Sy gesogte leierskapgids: THE ART OF RECALIBRATION, wat fokus op die vyf kalibrasies (spannings) wat individue en spanne moet navigeer om suksesvol te wees, meer oor die bogenoemde tendense, asook sy voorspellings vir 2022, is vanaf 24 Januarie 2022 GRATIS hier beskikbaar: http://Erikkruger.com/2022
Die doel van hierdie gids is om besigheidsleiers, entrepreneurs en menslike hulpbronbestuurders te help om suksesvol te wees in ’n onseker en wisselvallige wêreld, waarin hulle konstant gedwing word om hulle manier van dink en doen te verander.
THE GREAT RECALIBRATION 2022 word met trots gedryf deur Sasfin.
SOSIALEMEDIASKAKELS
Facebook: https://www.facebook.com/erikkrugerspeaker/
Instagram: @erik_kruger
Twitter: @EricKruger
YouTube: https://youtube.com/c/ErikKruger
TikTok: @erik_kruger
Webblad: http://erikkruger.com/
PUBLISITEIT & BEMARKING: @Starburst Promotions
#RegteMense #RegtePublisiteit #RegteResultate
Vriendelike groete
STARBURST PROMOTIONS
Alishia van Deventer – CEO: STARBURST PROMOTIONS & MUSESTAR MANAGEMENT