Daar is baie skrywers wat daarvan droom om eendag ’n boek of twee vry te stel, maar ongelukkig word groot uitgewers toegegooi met manuskripte wat, indien dit wel op iemand se lessenaar beland, deur ’n streng keuringsproses moet gaan.
Om self uit te gee is natuurlik ’n opsie, maar kan dikwels baie verwarring veroorsaak wat skrywers ontmoedig, of lei tot die vrystelling van ’n boek wat taalkundig nie heeltemal op standaard is nie.
’n Gebrek aan kennis en goeie bemarking, kan ook lei tot finansiële verlies of geen of min verkope van die eindproduk.
GLANS BOEKE se doel is om vir onafhanklike skrywers ’n platform te gee om hulle boeke, teen ’n bekostigbare prys, in elektroniese formaat met die wêreld te deel.
Verskeie pakkette, wat taalversorging insluit, is beskikbaar om te verseker dat elke skrywer ’n hoë gehalte produk vrystel waarop hy/ sy kan trots wees.
Boekverspreiding na groot verkoopsplatforms, soos Amazon, Kobo, Google Books en meer, asook verkope op www.glansboeke.co.za is ook deel van elke pakket.
’n Span kundiges is ook aan boord om seker te maak dat elke boek behoorlik aanlyn vrygestel en bemark word.
GLANS BOEKE wil graag skrywers se drome vlerke gee en sien uit daarna om diep spore in die Afrikaanse boekmark te trap.
VIR MEER INLIGTING, KONTAK:
Gina van Staden
Uitgewer
Tel: 074 359 2576
Webblad: www.glansboeke.co.za
VOLG GLANS BOEKE OOK OP SOSIALE MEDIA:
Facebook: https://www.facebook.com/glans.boeke.uitgewer
Instagram: @glansboeke
Twitter: @BoekeGlans
TikTok: @glansboeke