Wat as ‘n nuwe liefde begin het, het vir Abigail Fourie in ‘n passie en besigheid ontaard. Ilesyns Bridal Boutique se amptelike opening is die Saterdag 9 Julie 2022, moet dit nie misloop nie!

Olka Bolka Tydskrif het ‘n onderhoud met Abigail gedoen om meer oor haar uit te vind en dan is daar meer inligting oor haar besigheid en pragtige rokke asook geskenk-boksies.
Vertel ons lesers waar jy gebore en grootgeword, waar bly jy tans?
Ek is in Julie 2000 gebore in Johannesburg, ek het in Germiston groot geword en my Hoërskool loopbaan in Vereeniging voltooi. Ek bly tans saam met my man en my 2 dogters in Meyerton.
Wat het jy na Matriek gedoen?
In 2018 September, my laaste paar maande van matriek het ek die man van my drome ontmoet, nadat ek matriek geskryf het en uit die skool uit is het ons beplan om te trou, en met ‘n familie te begin. Ons is April 2019 getroud en kort daarna het ek my oudste dogter wat nou 3 jaar oud word verwag. Voor my troue het ek besluit om aanlyn onderwys te studeer en ek het ‘n kort kurses daarin voltooi. Ek het ook vir so 2 maande vir ‘n aanlyn maatskappy gewerk en vir Taiwanese klas geggee. Die ure wat daarby loop was nie gerieflik saam met my 6-maande oue baba dogter en my huishouding wat ek moes onderhou nie. Daarna het ek besluit om ‘n ander beroep te volg. Dit is toe ek en my Moeder laat in 2019, 25 trourokke aangekoop het en met die trourok bedryf begin het. Ek het bitter vining verlief geraak op die trourok bedryf en het dit met volle hart en siel aangepak.


Abigail en Haar man Rudi by hul 2 dogterjies. Abigail het hul rokke self gemaak.
Watter beroep beoefen jy?
Ek is tans ‘n Boutique Eienares en verhuur Trourokke asook Matriek Afskeid rokke uit teen bekostigbare pryse. Dit is ook ‘n groot rede waarom ek besluit het om die trourokke te doen, omrede ek weet trourokke is duur en baie mense kan nie altyd bekostig om ‘n plaas se prys te betaal vir ‘n rok wat jy net eenkeer gaan dra en heel waarskynlik nooit weer nie. Dit is ook hoekom ek my kliënte aanraai om eerder hul rokke te huur as koop omdat dit dan net soos ‘n wit olifant in die kas hang. Ek sal ook sê ek is ‘n onwerper omdat ek bruidsmeisie rokke, strooimeisie rokke en japonne self maak en ontwerp ek geniet dit om materiale bymekaar te pas en die uitkoms daarvan te sien.
Vertel ons van jouself in ‘n neutedop?
Ek is ‘n baie gedrewe mens ek het baie ambisie as ek iets begin het moet ek dit klaar maak, ek het baie min Geduld so dit moet ook so vining as moontlik klaar kom. Ek is hardwerkend en streef na sukses. Ek geniet dit om met mense te werk en hulle tevrede te stel dit bring my oorvloed van vreugde as ek iemand gelukkig kan maak deur my dienste of werk. Ek is ‘n baie kreatiewe persoon ek hou van al die Kleiner details en om nuwe idees aan te pak. Ek is ook n baie sagte mens ek probeer altyd help waar ek kan.
Vertel ons iets wat niemand van jou weet nie?
Ek was Engels sprekend tot op 3 jarige ouderdom.
Wanneer het jy jou trou-boutique begin?
Ek het in 2020 amptelik my boutique begin, trou rokke uitverhuur en ‘n klein winkel gevestig by my man se fabriek.
Wat het dit geiïnspireer?
Daar is so baie aspekte en mense wat my geinspereer het, My eie troue was Pragtig maar nie Alles wat ek wou hê nie, ek dink dit is omdat ek en my man net baie graag wou trou en huisves, het ons nie baie saak gemaak oor die klien goedjies nie, en dit is iets waaroor ek spyt is vandag. Ek sou graag wou meer moeite doen met my troue. Maar as ek bruide kan help met hulle rokke, geskenke of enige iets wat ek vir hulle kan bied voel dit of ek n stukkie wat leeg is van my eie troue vul. My Moeder is my grootste aanhanger en ondersteuner asook my grootste inspirasie, soms glo sy meer in my sukses as ek self, sy hou my altyd bo die water en ondersteun elke nuwe idee wat ek het al is dit soms orealisties. My ouma het my alles geleer van naaldwerk sy het my in daardie bedryf geinspereer en ook ondersteun in alles aspekte. My man is my linker hand, hy help met alles wat hy kan van rakkies bou tot verf en even naaldwerk. Hy is altyd gretig om te help en ondersteun my so verskriklik baie.




Vertel ons van jou boks geskenke?
So die boks geskenkies het so eenvoudig begin, ek het eendag op google gaan kyk en gedink nou dit kan nie moeilik wees nie. Ek het dit geadverteer en duisende navrae het ingestroom. My eerste kliënt se naam was Hiedi ek het 15 bokse vir haar gemaak, net daar en dan het ek besluit om die geskenkies en boks geskenke ook aan te pak. Dit is vir my vreeslik lekker om elke boksie te verpak en bymekaar te sit, om elke person se idees te sien en daasrmee te werk. Die boks geskenkies begin by R250 en kan opgaan tot en met R2000. Ek kry soms mense wat sal se dit is te duur maar dit is so spesiaal en dit is werklik net 1 keer in jou lewe wat jy die vooreg kan hê om op so spesiale manier dankie te sê.




Let wel pryse kan verskil, afhangende van inhoud. Hierdie is voorbeelde van geskenk bokse.
Watter dienste bied jy aan vir bruide?
Die grootste diens vir my bruide is die trourokke wat ek uitverhuur, asook die bruidsmeisie rokke. Dan is daar die geskenkies, décor, onwerp van uitnodigings spyskaarte ens, gaste geskenkies en ook geskenke vir die mans.
Watse tipe produkte bied jy aan?
Om so te sê enige iets, ek het’ n volle katalogus maar as jy iets nodig het wat nie op die katalogus is nie maak ek ‘n plan, ek gebruik my kliente om my winkel uit te brei.
Wat is jou visie vir jou besigheid?
My grootste doel is om bruide gelukkig te maak, ek sal baie graag eendag my eie perseel wil besit waar ek groot verskeidenheid dienste vir bruide kan bied.
Wat inspireer jou?
Elke bruidjie wat na my toe kom met haar eie storie en drome inspereer my om net elke dag meer en meer te probeer om my boutique ‘n lekker en veilige plek te maak vir bruide.
Wat is op jou emmerskoplys?
Ek wil graag my besigheid se visie behaal, ‘n organisasie begin vir vrouens wat ‘n lae selfbeeld het, ek werk so baie met bruide wat pragtig is maar vas staar in alles wat nie reg is nie. Ek wil graag die vrouens op bou en motiveer om hulle drome na te jaag. Ek wil Cuba in Havana gaan besoek, en ja my kinders sien grootword en hulle drome na jaag.
Wanneer verjaar jy?
Ek verjaar die 10de Julie.
Musiek
Ek hou baie van my geestelike musiek, dit hou my gefokus op my Christenskap asook waarvan af my hulp, krag, Geduld en verstand af kom. Van ons Vader af en ek kan net nie genoeg dankie se dat die Here my so onbeskryflik groot geseën het nie.
Sangers
Heel gunsteling is Theuns Jordaan,Elandre, en Adele
Band
Hillsong, en Bethel music
Gunsteling liedjie
Oceans van Hillsong United, Hierdie liedjie het al sooveel deurbraak in my lewe gebring.
Rolprent
Fliek- The Shack
Akteurs
Leslie Mann
Nick Gehlfuss
Reeks
Chicago med
Kos en drankie
Koffie, en Slap Chips
Ontspanning
Ek hou daarvan om buite te sit en na die voëltjies te kyk, ons het Huskies, die lekkerste is as hulle shed so by herfs se kant en al hulle klosies wol val uit, dan kom haal al die voeltjies dit en maak daarmee vir hulle nes. Dit het my ook geinspireer dat nie alles wat mense as afval of weggooi beskou so is nie maar dat jy waarde vir alles kan vind.
Boek
Die Bybel, ek hou baie van lees. Maar bestee al die tyd wat ek kry om te lees aan my Bybel dit is by ver die mees interesantse boek.
Vakansie bestemming
St. Lucia, maar ek hou ook graag van die Wildtuin
Kleur
Lig Blou
Waarvan hou jy niks – noem 4 dinge.
Ek hou nie darvan as mense skinder nie, ek verkies dit as mense vir my reguit kom se wat hulle pla en ons dit uitsorteer.
Ek hou nie daavan as mense vir my jok nie.
Ek hou nie daarvan as mense my onderskat nie.
Ek hou ook nie daarvan as mense my geloof disrespekteer nie.
Hiermee stel ons bekend Ilesyns Bridal Boutique.


























Waar kan mense jou kry en volg?
Ek is op Facebook asook op Instagram daar kan mense my volg. My kontak op Whatsapp of bel, en ek is geleë in Rissiville die address is ook beskikbaar op google as jy in tik Ilesyns Bridal Boutique sal hy jou tot by ons bring.
