MICHELLE MOUNTJOY IS BESIG MET ‘N NUWE HOOFSTUK IN HAAR LOOPBAAN NADAT SY AS WENNER VAN DIE GEWILDE KYKNET TV REEKS “WAT DIT VAT” GEKROON IS.

Aanhangers het haar leer ken as die enkel mamma met die oulikste baba in haar video wat sy ingestuur

het as oudisie vir diè reeks.  Maar sy het vinning harte en ore oorgewen met haar unieke, suiwer stem,

en sagte geaardheid.

Michelle is in Januarie 2022 aangewys as die wenner van “Wat dit Vat”. 

Deelnemers het vir byne 4 maande ‘n eksperiment deur musiek verwaardiger en kitaarguru Loki Rothman

uitgevoer, waar alledaagse mense gekies is om omskep te word in supersterre!

Vandag stel sy haar tweede enkelsnit Porselein Mossies vry.

“Ek is verskriklik opgewonde vir dit wat voorlê. Ek het die voorreg gehad om by Sunset Studios my nuwe enkel snit te record en is tans besig om reg te maak om motivering praatjes te hé by meisies skole oor mishandeling en waar hulle help kan kry. Dit is net die Here wat my so ver gebring het, en ek glo vas Hy gaan my nog op ‘n baie lang journey vat waar ek my musiek en storie met ander kan deel en dalk intussen, ‘n lewe verander. Let’s do this!”

Porselein Mossies gaan oor die klein wit “mossies” wat op die telefoon lyne sit, en as jy mooi daaraan dink, uister hulle na al ons gesprekke wat ons met mekaar het.  Wat hoor die mossies nie alles nie…

Hierdie snit is nou beskikbaar op alle digitale platforms:

https://hyperfollow.com/mountjoymichelle

ArtistTitleISRCComposerPublisher
Michelle MountjoyPorselein MossiesQZK6Q2217542Johan BothaDistrokid

Vir meer inligting kontak:

tania@tfpromosies.co.za

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →