OPWINDENDE GELEENTHEDE WINK VIR KUNSTENAARS UIT STARBURST PROMOTIONS SE STAL.

Twee musikante uit die gesogte publisiteitsagentskap, Starburst Promotions, se stal is deur die gewilde kykNET-ontbytprogram, Ontbytsake, genooi om deel te neem aan hulle kompetisie vir onafhanklike kunstenaars én om op te tree by dié program se opwindende buitelugkonsert op 30 Julie 2022 by Hazeldean Valley Trails.

Muller Brandt, wat pas sy debuut-enkelsnit en -musiekvideo – Moedertaal – uitgereik het se eerste album word op 9 September vrygestel en hy is baie opgewonde om meer van sy eie musiek met die publiek te deel.

“Die album gaan baie van my persoonlikheid verklap. Dis ’n reis deur my wese, van diep musiek tot ligter liedjies. Ek glo ons het dit reggekry om getrou te bly aan die oorspronklike Afrikaanse klank, alhoewel dit met moderne elemente vermeng is,” sê die dertigjarige kunstenaar wat al vir twaalf jaar in die bedryf doenig is.

Verder voel hy geëerd dat Ontbytsake hom gekies het om aan die kompetisie deel te neem en sien hy baie uit na die opkomende konsert.

Simoné Roets, wat onlangs teruggekeer het na Suid-Afrika nadat sy in Australië gewoon en werk het, voel net so bevoorreg om deel te wees van die kompetisie en buitelugkonsert. “Ek sien uit om my musiek tydens die buitelugkonsert te deel. Dit gaan akoesties wees – soos die meeste van die liedjies geskryf is!”

Dié sangeres en liedjieskrywer wat die afgelope paar maande verskeie treffers oor die radio (Dans in die Donker en Ongerep) gehad het, en wat in Februarie 2023 haar eerste album vrystel, is ses-en-twintig-weke swanger met ’n babadogtertjie en sy en haar man, Estiaan, sien uit na die nuwe hoofstuk waarin hulle lewe beweeg.

“Ons is bitter opgewonde en is gereed vir ons lewe om totaal en al te verander,” sê sy oor haar goeie nuus.

Die Ontbytsake span, wat bestaan uit Dawie Roodt (ekonoom), Leon Gropp (musikant), Eloïse Cupido (aktrise) en Corli Botha (sjef), glo daarin om ’n verskil te maak en betrokke te wees by die ontwikkeling van kuns en kultuur, en beskou hierdie kompetisie as gulde geleentheid om vir opkomende talent ekstra blootstelling te gee.

Hulle het ook op Madela-dag 6 700 liter sop geskenk aan behoeftiges as deel van Chefs with Compassion se jaarlikse sop-uitdaging, nadat hulle deur kombuisborg, AEG, uitgedaag is.

Muller en Simoné sal op Saterdag, 30 Julie 2022, saam met ander kunstenaars vermaak bied tydens die Ontbytsake se eerste bergfietsresies en familiedag wat in Pretoria plaasvind. Klik hier vir meer inligting.

SOSIALEMEDIASKAKELS

MULLER BRANDT

Facebook: https://www.facebook.com/mullerbrandtmusiek

Instagram: @c.muller_brandt

YouTube: https://www.youtube.com/channel/UCKOMzywnRRb12apdm5Ftbiw

SIMONÉ ROETS

Instagram@simone_roets_

Facebook: https://www.facebook.com/simoneroets.music/

YouTubehttps://www.youtube.com/channel/UC2_Nq9GLhF-RdnWAhGLQoFQ

ONTBYTSAKE

Facebook: https://www.facebook.com/ontbytsake

Twitter: @ontbytsake

Webblad: www.ontbytsake.co.za

STARBURST PROMOTIONS
Gizela Arndt – PUBLICIST

www.starburstmusic.co.za | gizela@starburstmusic.co.za | 083 399 6869

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →