Groot opgewondenheid heers in Laerskool Gericke, Ceres oor hul heel eerste dramaproduksie, Nina. Na jare se beplanning het die oomblik aangebreek.

Twaalf jong leerders se betrokkenheid aan die Kuns en Kultuur Ontwikkeling van Laerskool Gericke het aan hulle die onderskeie rolle in die verhoogstuk, Nina, besorg.
Claude Pretorius, onderwyser verbonde aan dié skool, behartig die regie en voorbereiding. Hy is baie opgewonde oor die leerders se entoesiasme en vordering tydens die inoefen van elke karakter se rol.

Anna-Mart van der Merwe

Anna-Mart van der Merwe, skrywer van die draaiboek, en Claude Pretorius het voor die skryf bietjie koppe bymekaar gesit oor die storielyn, aantal en aard van die karakters. Daarna is vrye teuels is aan haar gegee om die draaiboek met sy intriges te skryf.
Die rolle is uiteenlopend en verteenwoordigend van die hedendaagse karakters gevind binne vriendegroepe, soos gestremdheid, kultuur- en statusverskille. Die dramaproduksie is vol verrassings, komiese gebeure asook ‘n definitiewe boodskap aan elke persoon wat die geleentheid sal bywoon oor “naaste liefde”.
Die openingsaand is: Woensdag 27 Julie 2022 om 18:30 by Laerskool Gericke, Ceres.
Hierdie dramaproduksie sal dan ook by die verskillende Toneelfeeste aangebied, te siene wees
Fraserburg week van 1-5 Augustus 2022,
Motagu week van 8-15 Augustus 2022 en
Hoërskool Charlie Hofmeyr, Ceres gedurende hul toneelfees in Oktober 2022.
Kontak gerus vir verdere inligting
Anna-Mart van der Merwe: 082 619 6080 / annamartvandermerwe8@gmail .com
Claude Pretorius: 083 650 4109
