ANTON FITCHAT VERTEL ROOIKAPPIE SOOS JY DIT NOG NOOIT GEHOOR HET NIE!

Rooikappie is ’n baie geliefde en tydlose sprokie, wat al op verskeie maniere aan kinders (en grootmense) oorgedra is.

Met die hulp van Jan Nel, kry Anton Fitchat dit egter reg om hierdie verhaal te vertel soos wat jy hom nog nooit vantevore gehoor het nie!

Rooikappie is Fitchat se eerste solo-enkelsnit en kan beskryf word as “kindermusiek met ’n sokkie-ritme”.

“Hierdie liedjie het dadelik my aandag getrek, omdat dit anders is as die gewone en vreeslik lekker is om na te luister,” deel hy. “Almal hou van hierdie sprokie en ek glo dat dit by oud en jonk en sal aanklank vind.”

Anton is al van skooldae af versot op musiek en glo dat sy passie amptelik gebore is gedurende sy koorjare op laerskool.

Hy werk al sedert 2009 in die musiekbedryf en het al verskeie hoogtepunte in sy loopbaan bereik, waaronder ’n Melomaan-toekenning vir Duet van die Jaar saam met Betty Jean in 2021, asook ’n Afri-Indie Onafhanklike Kunstenaartoekenning vir Die Virus Komedie-liedjie van die Jaar in dieselfde tydperk.

Die musikant is mal oor humoristiese en Afrikaanse musiek en vind aanklank by sangers soos Sorina Erasmus (Flooze), Patricia Lewis en Manie Jackson, en verklap dat hy nog eendag graag iets saam met Die Flooze sou wou opneem.

Wanneer hy nie op die verhoog is nie, werk hy as grafiese ontwerper en geniet hy dit om op ’n ander manier uiting te gee aan sy kreatiwiteit.

Hy het onlangs saam met Dwayne Griffin ’n liedjie geskryf, genaamd Staan Sterk in Afrikaans, wat deur verskeie kunstenaars opgeneem en eersdaags (11 Maart) bekendgestel is. Dit is ook die temalied van die Staan Sterk in Afrikaanskonsert wat op 19 Maart 2022 by die AfriForum Teater plaasvind het.

Fitchat wen kinderliedjie van die jaar by die Melomaan Gala Aand  met die liedjie. 

Om altyd nederig te bly en outentiek te wees, is van die grootste lesse wat die musiekbedryf hom oor die jare geleer het en hy het dit beslis ter harte geneem.

Rooikappie bewys dat hy nie bang is om uniek te wees nie en is beslis ’n liedjie wat die jongspan vir nog baie jare sal geniet.

Die enkelsnit is nou aanlyn beskikbaar. Laai dit hier af: 

https://bit.ly/AntonFitchat-Rooikappie

Musiek video link:

            “ROOIKAPPIE”

Composer: Rainbow Studios  C.Henn

ISRC Code: ZA-3NM-22-00004

Publisher: Embrace The Brand 

VOLG ANTON FITCHAT OP:

Facebook – https://www.facebook.com/AntonFitchat

Instagram – https://www.instagram.com/fitchatanton

Webblad – www.antonfitchat.co.za 

VIR MEER INLIGTING OOR DIE ENKELSNIT / KUNSTENAAR / ONDERHOUDE, 

KONTAK:Anton Fitchat: 061 415 7737 | antonfitchatmusiek@gmail.com

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →