Olka bolka het ‘n onderhoud gedoen met kunstenaar Riaan Jacobs.

Waar is jy gebore en het jy grootgeword?
Vereeniging, groot geword op Vanderbijlpark
Het jy naskool gaan studeer, indien wel wat?
Grafiese Ontwerp Nasionale Diploma
Wanneer het jy jou passie vir skilder ontdek?
Van kleins af inkleur boke gehaat, wou my eie prentjies teken en inkleur.
Wat beskou jy as jou gewildste skepping?
My reeks keramiek hase (Beeldhou werk is een van my ander groot passies)
Wat is die grootste mylpaal wat jy bereik het in jou lewe?
Om my ontwerpe op Billboards op snelweg te sien en logos en kuns wat hele wereld vol is.
Skilder jy voltyds?
Ja
Waar kom jou liefde uit kuns vandaan?
Alleen kind gewees in my eie wereld, groot ouers het my aangeneem hulle het Melkery gehad so was baie besig ek het dus verdwaal in kuns.
Waar kry u inspirasie vir u werk?
Uit media en wat om ons aangaan in die wereld, blomme en landskappe is mooi maar ek soek kuns wat praat en vrae vra.
Wat is jou gunsteling genre en waarom?
Kontemporer, jy kan mense se koppe laat worstel met goed wat almal raak.


Wat is die grootste kunsinvloede in u werk?
Chris Diedericks, William Kentridge, Dianne Victor en Fridah Khalo , Marc Chagall
Wie is jou gunsteling kunstenaar van alle tye?
Frida Khalo
Wat was jou grootste uitdaging vir ‘n kunswerk?
Om nie dit te oorwerk nie, less is more!
Werk jy met verskillende verfmediums, wat verkies jy?
Ek werk in amper al die mediums, maar Waterverf en ink is my gunsteling
Het jy enige stokperdjies?
Kameras versamel, dekor en gedigte skryf.
Vertel ons van jouself in ‘n neutedop?
Ek is 48, bly op plaas saam my partner en ons het twee honde. Ek is vraat vir nuwe dinge.
Vertel ons iets wat niemand van jou weet nie?
Dink ek is in verkeerde era gebore, hou van opdress en over the top wees…mmmmmm
Wat inspireer jou?
Die kleure van die natuur en sy magic energie.
Wat is volgende vir jou, en hoe sien jy jou toekoms?
Gallery / studio op plaas oopmaak en kuns klasse gee dalk,
Toekoms is rustig ek is oor fancy karre en huise en om mense te impress is tydmors, dalk trou.
Wanneer verjaar jy?
9 Desember
Musiek – Jazz, Afrikaans so baie ander genres ook, net nie country nie, gesingery oor dooie perde doen dit nie vir my nie hahaha
Sanger & Sangeres – Nic Cave , Kate Bush, Heuwels fantasies
Gunsteling liedjie – Into my arms
Rolprent – The Big Blue
Akteur & Aktrise – Kevin Costner en Juliette Binoche
Reeks – Dwaalster
Kos en drankie kos – Beesstert, Drankie – Sjampanje (Nie Juanita Claasen Le Roux (JC Le Roux) nie hahahah)
Ontspanning – over the top pieknieks met baie gin en borrels ( Krone)
Boek – Kontrei deur Kleinboer
Kleur – Blou
Skilder – Frida Khalo
Vakansie bestemming – Bosveld of Paternoster
Waarvan hou jy niks – noem 4 dinge.
Neus innie lug tannies en hulle kerk omie mans, Minibus Taxis, winter, toskaanse styl huise in Suid Afrika


Biografie Riaan Jacobs.
Ek is 48 en is ‘n kontemporêre Suid Afrikaanse kunstenaar en illustreerder
wat net buite Bronkhorstspruit op ‘n plaas woon saam met my partner
en twee honde kinders.
Ek is gebore op 9 Desember 1973 in Vereeniging, Gauteng provinsie,
Suid Afrika. Ek het groot geword op ‘n plaas, melk boerdery en het
gematrikuleer in 1992, en toe Grafiese ontwerp gestudeer by die Vaal
Driehoekse Tegnikon, nou VUT, Vaal University of Technology 1993 –
1996 en my Nasionale Diploma in Grafiese Ontwerp verwerf. Ek het
gewerk vanaf 1997 – 2011 as ‘n grafiese otwerper en sub redakteur vir
Media24 gemeenskaps koerante. Vanaf 2011 tot op datum, werk ek as ‘,
voltydse kunstenaar / illustreerder en doen vryskut grafiese ontwerp.
Uitstallings:
Gesamentlik 2015 Melville met Tiaan van Tonder
SOLO 2017 Kiki’s Lounge Centurion Pretoria
SOLO 2018 Amuse Café in Linden
Group 2021 Phillips Town, Naaldekoker Gallery, Karoo
Group 2021/2022 Johann van Heerden Gallery
Group 2022 Phillip Heenop Gallery Parys, FS


Met my kuns, kyk ek krities na sosiale, politieke en die kulturele impakte op die samelewing insluitend my. Gereelde verwysings met die impak wat geloof het, deur die gebruik van religeuse simbole in my werke. Verder verken ek die veranderende verhoudings tussen populêre kultuur, en die van die huidige kuns landskap in Suid Afrika. Deur die uitbeelding van temas wat insluit , gay regte, depressie en die Suid Afrikaanse en veral die groeiende Afrikaner kultuur en pre en post-apartheid temas, my werk reproduseer bekende visuele beelde, en die rangskikking daarvan in nuwe konseptuele grafiese werke wat baie emosies en kwessies aanraak.Die gebruik van ‘n verskeidenheid van materiale met elke werk, my styl en lynwerk is dus baie maklik uitkenbaar.. Dus mag van my werke nie altyd voorkom of dit saam werk as ‘n geheel nie, is daar wel ‘n sterk skakel van kommentaar en temas sigbaar. Gedurende my navorsing vir projekte lei dit dikwels na nuwe belangstelling in temas, en moontlike gebruik van nuwe mediums.
Die volgende kunstenaars speel nog steeds ‘n groot rol in my styl in my skilder en illustrasies:
Chris Diedericks, William Kentridge, Diane Victor, Walter Battiss, Dumile Feni
Frida Kahlo, Andy Warhol, Marc Chagall
Pierneef, Peet Pienaar
Kontak Riaan by 068 230 4757 vir meer inligting oor sy kunswerke en beeldhou werk.
designer73riaanjacobs@gmail.com