Theonette het al op 3-jarige ouderdom aan haar ma gesê dat sy eendag op die draadloos gaan sing!

Theonette het groot geword op ‘n plaas by Kaapmuiden (Tussen Nelspruit en Malelane.
In 1989 neem sy deel aan Debuut en was gekeur onder die eerste 100 uit 2000 inskrywings.
In 1996 was Theonette agtergrond sanger vir Ron Belcher.
In 2001 stel Theonette haar eerste CD vry en dra dit op aan haar Moeder wat in 1995 oorlede is. Theonette skryf drie van die snitte op die CD waarvan een vir haar Ma geskryf is.
’n Tweede CD volg in 2009 dit was Carpenter Tribute, sy doen twee teater vertonings met Carpenter Tribute.

Haar eerste snit het op Radio Rippel in 2001 gespeel.
Sedert 2008 is Theonette ‘n omroeper op Bosveld Stereo 107.5fm



Theonette deel die verhoog met verskeie bekende kunstenaars:
Sonja Herold
Billy Forrest
Ferdi Nest
Pieter Smith
Matthys Roets
In 2015 was Theonette ‘n gas vir Touch of Class in die KykNet program “My Taal is Musiek”.

Theonette tree op by verskeie feeste en word daarna ook gevra om op te tree by verjaarsdae en funksies asook by verskeie aftree oorde.
Theonette tree ook op as Seremoniemeester by verskeie funksies. Theonette is elke jaar seremoniemeester by ‘n gestremde dagsorg eenheid se geselligheid.
Op 26 Oktober 2018 word die eerste Country Musiek Toekennings gedoen en Theonette is gevra om as vroulike seremoniemeester / aanbieder op te tree saam met SA Bachelor van 2016, Emmanuel Pietersen.
In 2017 is Theonette weer aanbieder / seremoniemeester by die Country Musiek toekennings.
2017 – 2019 Doen Theonette steeds verskeie aanbieder / seremoniemeester werk by verskeie funksies en vertonings.
Op 6 Augustus 2022 tree Theonette op by VLU Dames oggend.
Op 18 Augustus 2022 is Theonette afkondiger en sanger by die ATKV 4 x 4 Klub Jamboree.
19 September 2022 gaan Theonette optree by ‘n Kamp naweek in Dinokeng.


Olka Bolka het ‘n onderhoud met Theonette Vogt gedoen om nog meer oor haar uit te vind.
Vertel ons lesers waar jy gebore en grootgeword, waar bly jy tans?
Ek is gebore in Nelspruit en groot geword op ‘n plaas by Kaapmuiden, naby Malelane. Woon sedert 1985 in Pretoria.
Wat doen jy behalwe musiek?
Ek is ‘n omroeper by Bosveld stereo 107.5 fm sedert 2008. Is ook ‘n ontvangsdame by ‘n baba kliniek, soggens. Hou van sport, perd ry.
Skryf jy self jou liedjies?
Het 2 op my eerste album geskryf.
Is daar ‘n liedjie wat vir jou uitstaan wat jy opgeneem het?
Een wat ek vir my ma geskryf het, na sy oorlede is in 1995.
Wat verkies jy om Afrikaans of Engels te sing?
Engels, hoewel ek ook Afrikaans doen.
Vertel ons van jouself in ‘n neutedop?
Ek is baie lief vir diere en die buitelug.
Wat is jou gunsteling Musiek genre?
Ligte pop en ballades
Vertel ons iets wat niemand van jou weet nie?
Ek speel ‘n verskeidenheid instrumente.
Wat inspireer jou?
Mense se oorlewingsverhale
As jy saam met enigeiemand in die wêreld kan sing, wie sal dit wees en hoekom?
Dana Winner…ek dink sy is fenominaal
Wat is volgende vir jou, en hoe sien jy jou toekoms?
Ek wil nog baie optree en musiek bly maak.
Wat is op jou emmerskoplys? (Bucket List)
‘n Bootreis met ‘n optrede daarop
Wanneer verjaar jy?
24 Desember
Band en gusteling liedjie
Daar is te veel.. Carpenters, Dana Winner, ABBA en alle golden oldies, Afr en Engelse goue
Rolprent
So baie om op te noem, August Rush, enige iets oor diere, Message in a bottle.
Akteurs
Meryl Streep; Bruce Willis, Clint Eastwood
Reeks
Ek hou van forensiese reekse en sitkoms.
Kos en drankie
Tee, Wyn
Pasta of Pizza en natuurlik braaivleis
Ontspanning
Tennis, squash, perd ry
Boek
Motiveringsboeke.
Vakansie bestemming
See , plaas en laeveld
Kleur
Rooi en blou
Waarvan hou jy niks – noem 4 dinge.
Slange, Winter, dieremishandelaars, afval
Waar kan mense jou kry en volg?
Op facebook en Instagram
Vir besprekings kontak Theonette Vogt by 083 442 5921.