Tyd raak min om in te skryf vir die Skryf ’n Liefdesverhaal-kursus!

Is daar ʼn romantiese held of heldin in jou hart wat net wag om lewe te kry in ʼn boeiende liefdesverhaal?

Dan moet jy inskryf vir die tweede rondte van Skryfnet se Skryf ʼn Liefdesverhaal-kursus wat op 5 September 2022 afskop.

Hierdie praktiese kursus is ontwikkel deur die gesoute boekeredakteur en manuskripontwikkelaar, Madri Victor, en word ook deur haar aangebied.

Skryf ʼn Liefdesverhaal sal oudergewoonte aanlyn aangebied word oor ʼn tydperk van ses weke, en fokus op die belangrikste elemente van liefdesverhale. Die kursus maak deelnemers ook touwys hoe om hierdie verhale vir publikasie voor te lê.

Om jou plek te bespreek, klik hier.

Inskrywings sluit amper, so bespreek nou om teleurstelling te voorkom. Koste beloop R2100 per persoon.

Vir meer inligting oor die kursus, besoek ook Skrynet se webwerf of stuur ʼn e-pos na navrae@skryfnet.co.za

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →