Bee-Bee die By – Die Tandeborsel Liedjie

Bee-Bee die By, ’n agtjarige karaktertjie met ’n mollige swart-en-geel lyfie en baie besige vlerkies, het nou ook tot die sakewêreld toegetree met ’n elektriese, herlaaibare, singende tandeborsel.

Dié tandeborsel sing vir twee minute lank “Ons moet elke dag ons tande borsel, borsel, borsel in die rondte; op en borsel af…””

En kinders, wat maar redelik sku is om tande te borsel, borsel nou hulle tandjies sonder dat Mamma moet soebat en raas.

Jeanette Pretorius, wat ook die goue stem van die groep Heuning is, het verlede jaar die unieke karakter, wat net so gewild soos lekkergoed vir middagete (en nie dáárdie groente nie) geword, het geskep. Bee-Bee die By het ook nie op haar laat wag nie en binne ’n jaar het sy tien liedjies die lig laat sien. Die liedjies was so gewild dat Jeanette ook besluit het om dit in Engels uit te reik.

Nou het Bee-Bee die By ook ’n liedjie – sommer net Die Tandeborsel Liedjie wat saam met die tandeborsel sing – uitgereik om kleingoed te leer hoe om hul tande te borsel.  “Die tandeborsel sing Bee-Bee die By se eie Tandeborsel Liedjie vir twee minute lank. Daarna stop die tandeborsel vanself. Dit het vier verskillende borselfunksies en die tandeborsel hoef net elke twintig dae herlaai te word,” vertel Jeanette.

Jeanette is ook ’n mamma en sy vertel dat haar twee kinders maar ook skaam vir die tandeborsel was, maar nadat hulle begin het om “die singende bytjie-tandeborsel” te gebruik is hulle nie meer “bang” vir die tandeborsel nie.

Natuurlik word die … die plaagmonster ook nou vreeslik bang vir die tandeborsel…”

Volgens Jeanette het sy oor die singende tandeborsel gedroom lank vóór sy nog die liedjie geskryf het.  “Toe ek die liedjie geskryf het, het ek reeds die tandeborsel in gedagte gehad, maar ek het besluit  (of is die dalk Bee-Bee die By?) om eers die liedjie uit te reik.

Dit was só gewild dat ek ook dié liedjie in Engels vertaal het. Ek het vir maande navorsing gedoen om seker te maak dat ek die regte kwaliteit tandeborsel aan die Suid-Afrikaanse mark bekendstel.

Dié video van die liedjie het al amper 10 000 unieke trefslae op YouTube gekry. Wat die video, van Die Tandeborsel Liedjie veralso gwild maak is die feit dat sy kinders van die Laerskool Stephanus Roos in Pretoria ingespan het om saam met Bee-Bee te sing. “Die kinders het ’n nou band met Bee-Bee gevorm, en as dié bytjie haar tande borsel – moet hulle seker ook.”

Bee-Bee die By se liedjies is musikaal eenvoudig en die lirieke word herhaal. Dit is ook die wenresep van Die Tandeborsel Liedjie. “Dit maak dit vir kinders makliker om te leer en hulle vind aanklank daarby,” glo Jeanette. “Bee-Bee die By se “maatjies” is tussen twee en nege jaar oud en daarom probeer ek hard om op hulle vlak te dink wanneer ek die liedjies skryf.”

Jeanette het die Bee-Bee-karakter gedurende die vlak 5-grendeltydperk geskep. Sy het vroeër gesê dat sy haar dogtertjie met huiswerk moes help en het besef dat daar ’n leemte in die opvoedkundige musiekmark is.  En voordat jy nog bytjie kon sê, is Bee-Bee reeds in Jeanette se kreatiewe verbeelding gebore.

Sy het toe al reeds ’n hele paar liedjies vir Bee-Bee geskryf, maar het die kindermark met Bee-Bee die By, die heel eerste enkelsnit, getoets. Sy het die toets met ’n onderskeiding geslaag.

Bee-Bee die By het die afgelope twee jaar gereeld by kleuterskole regoor die land opgetree. “Daar was ongelooflik baie navrae vir ’n Engelse weegawe van Bee-Bee die By en ons reik eersdaags die Engelse liedjies uit. Dit is vir my lekker om by die verskillende skole betrokke te wees en ook die onderwysers se behoeftes te hoor,” vertel Jeanette.

Bee-Bee die By het nog nie ouer geword nie. “Sy sal seker altyd agt jaar oud bly,” lag Jeanette.

Die tandeborselis op Bee-Bee die By se webwerf bestel word: https://www.bee-beedieby.co.za/

Kyk na die musiekvideo hier:  https://youtu.be/DpSuK68ptQQ

Die volledige album kan by: https://beebeedieby.lnk.to/BeeBeeDieByMB afgelaai word.

Vir meer inligting, kontak Lydia Winchester:

Sel: 082 554 8453; E-pos: lydiaw@mweb.co.za

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →