Etha wil hoop en inspirasie gee met Musiek wat jou voete laat jeuk!

Vir Etha, loop musiek maar nog altyd in haar familie se are.  “Die Here het vir my ongelooflike talente gegee en ek is baie dankbaar daarvoor. Ek geniet dit om te sing en mense ‘n rukkie te laat vergeet van hulle daaglikse sorge.  CJ die loslit DJ verwys na my as die gees bou sangeres,” verduidelik Etha.

Na haar dogtertjie, Carla se dood het sy tot die besef gekom dat mens jou lewe ten volle moet leef en elke dag terugkyk en dankbaar wees.  Sy het besluit dat sy wil doen waarvan sy hou en wat vreugde vir haar verskaf. Baie mense gaan elke dag werk toe en verafsku elke oomblik daarvan? “Ek het myself belowe as die dag aanbreek en dit nie meer vir my lekker is nie, ek sal ophou.”, sê sy.

Etha is al 22 jaar in die bedryf met ‘n 7 jaar breek terwyl haar seun nog in die laerskool was en om sodoende op hom te fokus.  “Nege jaar terug, toe hy hoërskool toe gaan het ek eers weer begin fokus op my loopbaan.”Etha verduidelik dat sy ‘n sterk admirasie vir almal in die bedryf het, aangesien elkeen iets uniek doen.

“As ek iemand moet uitsonder, sal dit Freddy Mercury wees. Hy het in homself geglo en gedoen wat hy wou en nie wat ander vir hom voorgeskryf het nie. Dit is baie belangrik in die musiekbedryf”.Haar droom is om saam met Appel te kan optree. “Hy is vir my ‘n ongelooflike inspirasie deur sy talent en wat hy bereik het in sy lewe. In plein Afrikaans is hy baie plat op die aarde.”Etha sing liedjies wat baie positief is, en wat jou voete laat jeuk. “Ek is maar eenvoudig net `n langarm sokkie meisie met n passie vir Country.”

Etha is tans besig om aan haar nuwe album te werk en is baie opgewonde daaroor. Sy hoop om die album teen September vry te stel.

Een van die hoogtepunte in Etha se lewe was toe sy op die 29 Januarie 2011 by die openings-wedstryd van die rugby seisoen tussen die Blou Bulle en Eastern Kings voor `n skare van 30 000 mense by Nelson Mandela sokker stadium in Port Elizabeth gesing het.  Sy het ook vertonings gehad op TV in die programme “Lirieke Raai”, “Belboks” en “Maak ‘n Las”. Sy was ook deel van die “Maak ‘n Las” span wat regoor Suid-Afrika getoer het met hulle vertonings.

“Beurtkrag” is Etha se 10de enkelsnit.  Haar vorige enkelsnitte soos “Tic Tac Toe” was op “Belboks” uitgesaai en is baie goed ontvang deur die publiek.  Haar enkelsnit, “Pad na jou Hart” word vandag steeds gespeel en die video gekyk op YouTube.

Sy beplan op op 20 Augustus ‘n lyndans video van haar nuwe liedjie, “Skop op die Stof” op te neem en  dit op Youtube vry te stel sodat die dans deur enigiemand aangeleer kan word.

Anton en Etha glo dat “Beurtkrag” baie geniet gaan word en goeie aanklank by die publiek sal vind.“Die doel van die enkelsnit juis dat mense dit moet geniet en die lig in die donker moet raaksien.”

Laai dit hier af op jou gunsteling musiek platvorm.https://anton-etha.ampl.ink/Beurtkrag

Olka Bolka het ‘n onderhoud met Etha gehad.

Vertel ons lesers waar jy gebore en grootgeword, waar bly jy tans?

Ek het groot geword in die Strand in Wes Kaap

Wat het jy na Matriek gedoen?

Ek het gaan regte swot

Wat doen jy behalwe musiek?

Genade te veel om alles te noem.  Here het my geseën met soveel talente maar kom ons probeer

Ek is `n NSA netball skeidsregter

Ek rig netball af

Wedding planner

Spysernier

Bied vakansieprogramme aan

Skryf jy self jou liedjies?

Nee ek laat dit maar oor aan die meer talentvolle skrywers daarbuite.

Is daar ‘n liedjie wat vir jou uitstaan wat jy opgeneem het?

Doepie Boepie het vir lank goed gedoen

Pad na jou hart

Dink aan jou wat vir my oorlede dogtertjie geskryf is

Wat verkies jy om Afrikaans of Engels te sing?

Ek gaan klink soos draadsitter maar beide

Vertel ons van jouself in ‘n neutedop?

Ek is eerlik, reguit en is altyd daar vir my medemens

Wat is jou gunsteling Musiek genre?

Sokkie verseker daarmee grootgeword

Country

Vertel ons iets wat niemand van jou weet nie?

Ek het ‘n bitter klein hartjie huil maklik

Wat inspireer jou?

Wanneer ek sien hoe mense my vertonings geniet

As jy saam met enigeiemand in die wêreld kan sing, wie sal dit wees en hoekom?

Bellamy Brothers mal oor hul musiek

Appel hy is vir my nederig en dankbaar vir wat en wie hy is

Wat is volgende vir jou, en hoe sien jy jou toekoms?

Ek is besig met my nuwe album en gaan 2023 alles insit om dit te bemark

Wat is op jou emmerskoplys? (Bucket List)

Om ‘n treffer te kry

Wanneer verjaar jy?

11 Desember

Wat is jou gunsteling:

Tipe Musiek

Musiek waarop jy lekker kan dans

Sunset sweatshop, Juan Boucher, Blake Sheldon

Gunsteling liedjie

Cry to me

Rolprent

Law abiding citizen, Enige rolprent van Sandra Bullock

Akteurs

Sandra Bullock, Nicolas Cage

Reeks

Spoorloos

Kos en drankie

Sushi, Icetea

Ontspanning                                                       

Lees

Boek

Deon Meyer

Vakansie bestemming

Knysna

Kleur

Swart

Waarvan hou jy niks – noem 4 dinge.

Jaloesie

Vernynigheid

Oneerlikheid

Skindertonge

VOLG ETHA OP:

Facebook – https://www.facebook.com/etha.sangeres

Instagram – https://www.instagram.com/ethasangeres

Webblad – www.etha.co.za

VIR MEER INLIGTING OOR DIE ENKELSNIT / KUNSTENAAR / ONDERHOUDE,  KONTAK:Anton Fitchat: 061 415 7737 | antonfitchatmusiek@gmail.com

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →