
Lê
As jy na Hom wil kom
moet jy eers in die Laagland lê . . . . .
ónder in die Laagland,
dáár waar die Lewende Water lê. . . . .
Daar waarheen die Bogrond spoel,
weg van aardse gewoel.
Daar waar n sagte briesie waai, daar waar die blomme
hul gesiggies na die Son toe draai, en die bye naarstiglik bou, om hul nektarsakkies vol te hou . . . . .
Dáár in die Voedsame Klei
vórm Ek jou na Mý !
Onder in die Laagland
waar Ps 23 rus,
word jy toegerus met krag
vir Ps 121 wat wag . . . . .
Stilte – Vrede – Voeding
onder in die Vallei –
waar Hy jou trane opvang
en verander na Blý !
Dáár by die gebroke en die seer –
in die tranemeer –
by díe wat buig – berou – bely –
by die wat plat lê en
aan Sy voete vashou –
Dààr laat Hy Sy skape wei.
Wee die een wat argeloos
oor die Laagland spring !
Selfvoldaan – hoogmoedig –
op sy eíe berg wil klim !
Wee hom!
Hy sal vál !
Sy plek is in die Dal
van Doodskaduwee !
Wie nie by My
EERS
in die Laagland lê,
sal nooìt My Naam
op sy voorkop hê !
Sonder die Laagtes
sal hy nooít
saam met die Vrygekooptes
op die Hoogtes,
Mý Verlossingslied sing !



Koningryksgrond
Daar is n Saailand
braak – onbruikbaar
agtergelaat – oorgelaat
aan wind en son.
Daar het n MAN gekom
Hy het geweet
in hierdie land
is n diamant weggesteek.
Noukeurig het Hy
die land afgemeet.
Alles wat Hy het, het Hy verkoop
om hierdie land te kan koop.
Die land is vuil . . . . .
baie boemelaars – slange –
en boewe het hier geskuil !
n Ashoop – wanhoop – en verval
is AL
wat mense sien
wat verbyloop . . . . .
Hy het die grense afgemerk
en die land begin bewerk
Lewende Water !
Baie Woord !
Baie Saad wat val
waar dit hoort !
Die kraai kom
om die Saad op te pik!
Die onkruid probeer
die Saad verstik !
Die MAN is GETROU !
Hy hou Sy Hand
oor hierdie Land
want Hy weet
op hierdie grond
gaan Ek my TEMPEL bou !

