KYLE SEPTEMBER SE LANGVERWAGTE DEBUUT-ALBUM BIED JOU DIE GELEENTHEID OM VIR ‘N RUKKIE UIT JOU DAAGLIKSE LEWE TE ONTSNAP

Die wag is verby, want Kyle September se debuut-album is uiteindelik hier en sy bewonderaars is klaar in vervoering!

DAYDREAM is ’n versameling opgewekte goedvoel popmusiek wat sal aanklank vind by ’n wye gehoor en voortbou op die klank en styl waarvoor September bekendheid verwerf het. 

Volgens die kunstenaar is die idee agter die album, net soos met sy musiek, om gehore die geleentheid te gee om vir ’n rukkie van hulle daaglikse lewens te ontsnap.

DAYDREAM is ’n metafoor vir ontsnapping, ’n tema wat regdeur die album voorkom,” verduidelik hy. “Verder is dit ook ’n konsep-album wat die verhaal van ’n verhouding vertel, van die aanvanklike ontmoeting tot by die uitdagings wat die paartjie later ervaar. Dit ondersoek die wonders en gevare daarvan om ontsnapping in mekaar te vind.”

Die album, wat twee jaar geneem het om op te neem as gevolg van die pandemie, bevat tien oorspronklike snitte uit Kyle se eie pen en hy erken dat dit moeilik is om ’n gunsteling te kies.

“Om eerlik te wees, is ek nogal geheg aan al my musiek. As ek egter gunstelinge moet uitsonder, sou dit die liedjies wees waaraan ek laaste gewerk het, soos ‘Little Things’, ‘All the Love’ en ‘Testing 1,2’. Ek is baie trots daarop dat ek hulle kon skep gedurende inperking,” verklap hy.

Cuddle Up, die vierde vrystelling vanaf sy nuwe album, kry tans speeltyd op radiostasies regoor die land. Dit volg in die voetspore van Little Things, Sweetness en Analog Heart, wat almal baie goed ontvang is en ’n uitstekende aanduiding is van wat luisteraars van die res van die inhoud kan verwag. 

Kyle is al vir meer as ’n dekade in die musiekbedryf doenig en spog met ’n honneursgraad in BMus van Wits School of Arts.

Oor die jare, het hy verskeie loopbaanhoogtepunte gehad, insluitend sy optrede by Afriski, ’n openingsvertoning vir Francois van Coke by die Misty Waters-fees, en om saam met Graeme Watkins ’n aanlynvertoning te hou gedurende grendeltyd.

Buiten vir sy deeltydse werk as sportafrigter en om nuwe musiek te skryf vir sy tweede album, is sy hooffokus ná die pandemie om soveel as moontlik op die verhoog te wees… veral noudat hy ’n volle orkes agter hom het.

Die sanger en liedjieskrywer is dankbaar vir elkeen wat sover sy loopbaan ondersteun het en hoop dat sy debuut-vrystelling hulle goedkeuring sal wegdra en hulle nie sal teleurstel nie.

Hy sluit af: “Soos voorheen genoem, wil ek graag hê my liedjies moet luisteraars van hulle probleme laat vergeet. Die eerste prys is natuurlik as my musiek op ’n persoonlike vlak kan aanklank vind by iemand en hulle kan help om deur ’n moeilike tyd te kom.”

DAYDREAM is nou beskikbaar op alle digitale platforms. 

Laai dit hier af: https://smarturl.it/71s3x9

LYS VAN SNITTE

Daydream

Take My Hand

I Wanna

Analog Heart

Testing 1, 2

Sweetness 

Cuddle Up

Rabbit Hole

All the Love

Little Things

SOSIALEMEDIASKAKELS

Facebook: https://www.facebook.com/kyleseptembermusic

Instagram: www.instagram.com/kyleseptember

YouTube: https://www.youtube.com/channel/UCMRJAZoFz1sGbFqrxfO6cdA

PUBLISITEIT & BEMARKING

Starburst Promosies

Alani Coetsee

Sel: 072 442 6918

E-pos: alani@starburstmusic.co.za

Webblad: www.starburstmusic.co.za

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →