Muller Brandt se album, Brand die Skepe , word 9 September 2022 vrygestel en hy sien uit daarna om hierdie juweel met die publiek te deel.

“ Goeie talent, gemeng met goeie karakter is die sleutel tot ’n lang en gesonde loopbaan. Mense inspireer my nie met talent nie, maar met goddelike karakter,” sê hy. “Ek beskou myself as ’n denker en dit het my lank gevat om nie alles te oordink wanneer dit by skryf kom nie. Alles wat jy skep hoef nie diep te wees nie. Alhoewel die meeste van wat ek skryf aan die dieper kant is, glo ek dat musiek se krag van so aard is dat selfs die ligste liedjies ’n mens kan laat beter voel. As iets werk, dan werk dit. As ek dit sing en dit voel reg, dan sing ek dit.”
Olka Bolka het ‘n onderhoud met Muller gedoen op die vooraand van sy nuwe CD vrystelling:
Waar is jy gebore, grootgeword en bly jy nou?
Gebore in PTA in die oumoedersbond hospitaal! Hier groot geword, so 3 jaar in Witbank gebly en toe weer terug PTA toe. Bly tans in Centurion
Wat het jy na Matriek gedoen?
Ek het musiek geswot en daarna teologie geswot. Maar Musiek was en is maar my passie so dit het prioriteit bo alles gevat/
Wat doen jy behalwe musiek?
Ek en my vrou is nou amper 4 jaar getroud en ons is mal oor reis. Ons reis oor die wêreld en wil graag nog 2 groot vakansies doen voor ons kinders kry. Ons gaan volgende jaar ‘n Europa toer doen.
Vertel my van jou nuutse enkelsnit?
Die lied se boodskap beeld so mooi my storie uit. Dit is baie persoonlik vir my. Brand die skepe gaan daaroor om jou plan B “aan die brand” te steek en dit wat in jou hart leef na te jaag.
Skryf jy self jou liedjies?
Ek skryf self maar ek skryf ook saam met ander kunstenaars!
Vertel ons van jouself in ‘n neutedop?
Ek is eenvoudig. Klein goed maak my gelukkig. Ek is nie ‘n moeilike mens nie en my familie is alles vir my.
Het jy enige stokperdjies?
Skryf, jag, bordspeletjies, bal skop, reis
Wat is jou gunsteling Musiek genre?
Ek probeer nog besluit! Ek het al probeer maar ek kan nie een bo ‘n ander kies nie. Maar die genres wat die meeste in my huis speel is Country en Afrikaans
Som jou musiekstyl in een sin op?
Dit is ‘n mengelmoes van Country, Blues en pop.
Vertel ons iets wat niemand van jou weet nie?
Ek eet sushi met my hande 😂
Wat inspireer jou?
Ander mense wat hulle drome volg. My vrou! Sy is een next level mens en ek begeer om haar kapasiteit te he! Sy is ‘n yster
As jy saam met enigeiemand in die wêreld kan sing, wie sal dit wees en hoekom?
Luke Combs verseker!! Sy musiek slaan my kliphard en ek harmoniseer altyd saam met al sy songs. Ek dink ek sal ‘n audisie slaag om backings te doen vir hom 😂
Wat is volgende vir jou, en hoe sien jy jou toekoms?
Ek wil toer en my nuwe album oor die land vat. Ek wil ook aanhou vir ander kunstenaars skryf en vervaardig.
Wat is jou droom
Om ‘n goeie man en pa te wees.
Wat is op jou emmerskoplys?
Om elke kontinent te besoek. Ek doen ook Desember my duik lisensie!
Wanneer verjaar jy?
5 April 92’
Tipe Musiek
– Country, Afrikaans
Sangers
– Luke Combs, Kris Kristofferson, Theuns Jordaan, Chris Daughtry, Blake Shelton etc..
Band
– Selfde as bo
Gunsteling liedjie
– I get to love you van Ruelle. Dit was die lief wat gespeel het toe my vrou in die kerk in loop op ons troudag
Rolprent
– Marvel flieks!
Akteurs
– Steve Carell, Ryan Reynolds. Meestal comedy akteurs
Reeks
– The office, The Big Bang Theory
Kos en drankie
– Ek hou van ‘n lekker platter met Chicken Strips, halloumi, en souse! Castle lite!
Ontspanning
– Swem, bos, shopping!
Vakansie bestemming
– Diaz, Stilbaai, Maldives, Mauritius
Kleur
Groen!
Waarvan hou jy niks – noem 4 dinge.
– Moeilike mense
– Kool
– Enige kar uit Frankryk uit
– As mense ander gebruik om te kry wat hulle wil hê.
Volg Muller hier:
SOSIALEMEDIASKAKELS
Facebook: https://www.facebook.com/mullerbrandtmusiek
Instagram: @c.muller_brandt
YouTube: https://www.youtube.com/channel/UCKOMzywnRRb12apdm5Ftbiw

STARBURST PROMOTIONS
Gizela Arndt – PUBLICIST