NUWE HAYLEA HEYNS ENKELSNIT VRA DIE EEU-OUE VRAAG: KAN ‘N MAN EN VROU NÉT “VRIENDE” WEES?

Die eeu-oue debat of ’n platoniese vriendskap moontlik is tussen ’n man en vrou word ondersoek in Haylea Heyns se nuwe enkelsnit, JUST FRIENDS.

Die idee vir die snit is geïnspireer deur ’n gesellige kuier saam met ’n vriendin. “My vriendin het verlief geraak op iemand in ’n vaste verhouding en ons het in diepte daaroor gesels en probeer uitpluis wat sy moet doen,” verduidelik Haylea. Die gesprek het gelei tot selfondersoek en ’n paar weke later het sy JUST FRIENDS geskryf met die hulp van Thomas Watkeys.

“Hoewel die liedjie inderwaarheid ’n hartsgesprek tussen my en ’n vriendin is, weerspieël dit ook gesprekke wat ek al in die verlede met myself gehad het – ek raak altyd verlief op die verkeerde ou. Die lirieke is my raad aan my vriendin en aan my jonger self.” 

Haylea gebruik die liedjie om haar siening oor die wyd gedebatteerde onderwerp te deel of ’n suiwer platoniese vriendskap tussen ’n man en ’n vrou kan bestaan. “Ek het altyd in hierdie situasie bevraagteken of daar een persoon is wat in die geheim iets meer wil hê, en die liedjie delf dieper in hierdie idee,” sê sy. Op ’n meer persoonlike vlak herinner dit Haylea aan haar persoonlike onsekerhede en vorige seerkry.

Hierdie volwasse kontemporêre poplied het ’n 80’s-gevoel, met klanke en klassieke Phil Collins-styl dromme wat hulde bring aan daardie klassieke era. “Ek is mal oor 80’s-musiek en dit was lekker om hierdie genre te probeer en elemente te kies om in te sluit in die finale produk. Dit was egter ’n uitdaging om nie die 80s-inspirasie te vêr te vat nie en om dit steeds relevant te maak in die moderne era.”

Die snit het ’n vars en interessante 80’s-aanslag wat anders is as enigiets wat dié sanger en liedjieskrywer as vantevore geskryf het. Wanneer jy egter daarna luister en haar pragtige stem hoor wat betekenisvolle lirieke deur die melodie weef, weet jy dadelik dis Haylea.  

Met JUST FRIENDS bereik sy ’n spesiale mylpaal, omdat dit haar tiende oorspronklike enkelsnit is wat vrygestel word. Dit volg in die voetspore van Sorry en Cold Water, wat goed ontvang is en speeltyd gekry het op verskeie radiostasies, en gaan beslis haar posisie in die mark versterk.

Haylea het in Empangeni grootgeword en was nog altyd passievol oor musiek. Na skool, het sy BA Musiek en Drama studeer en haar graad met lof verwerf.

Sy het in 2018 haar debuut in die musiekwêreld gemaak en sedertdien verskeie hoogtepunte beleef. Nie net is sy in 2021 aangewys as Durban se Kunstenaar van die Jaar tydens die City Awards nie, maar sy het ook die voorreg gehad om die Suid-Afrikaanse Volkslied en Britse Volkslied te sing voor groot internasionale rugbywedstryde en om saam met verskeie SAMA-bekroonde kunstenaars, soos Connell Cruise en Mark Stent, te werk.  

Wanneer sy nie met musiek doenig is nie, is Haylea ook ’n kinderboekskrywer, kopieskrywer en inhoudskepper.

Ten spyte van haar besige skedule, hou sy aan om nuwe musiek te skryf. Sy is ook opgewonde om terug op die verhoog te wees en wil graag die wêreld gaan verken. “Ek is baie rusteloos en wil graag weer reis.”

JUST FRIENDS is nou aanlyn beskikbaar by: https://HayleaHeyns.lnk.to/JustFriends

SOSIALEMEDIASKAKELS:

Facebook: www.facebook.com/hayleaheyns

Instagram: @hayleaheyns

Twitter: @hayleaheyns

Webblad: www.hayleaheyns.co.za

YouTube: https://www.youtube.com/channel/UCXggNfsmtEZwSTdYhLFqmBA

TikTok: @hayleaheyns

PUBLISITEIT & BEMARKING:

STARBURST PROMOSIES

Alani Coetsee

Sel: 072 442 6918

E-pos: alani@starburstmusic.co.za

Webblad: www.starburstmusic.co.za

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →