VOETSPORE – Gedigte deur Elsa du Toit, verkwikking vir jou siel en gees.

VERKWIKKING

Elke môre gee U
Nuwe Dou!
Gister se dou
hoef nie vir ewig te hou!

Elke môre is U
Barmhartighede nuut!
Elke oggend sing die Skepping n Nuwe Lied
van verwondering
oor U wonderbare TROU!

Elke môre sê U
Ek sal jou VANDAG vashou !
Elke môre vat Ek jou hand
EK IS hier by jou !

Elke môre
maak Ek Nuwe Dou!
My dou raak nooit op nie!
Ek verkwik jou!
My oë wat die Heelal deurskou síen jou!

My dou is naby jou –
dis oor jou
in jou
met jou
by jou . . . !

EK IS jou dou
wat elke oggend
My vars Lewende Water
ARMS om jou vou!

Klaagliedere 3: 22 + 23

My kind . . . . .


kom wandel saam met My
in my tuin . . . . .

Jy is REIN deur die WOORD
wat tot jou gespreek is.

My tuin is STIL
en kalm en klam
en dra blomme
van RUS en VREDE.

Wees saam met My
Laat jou trane by
die hek agterbly.

Sit jou dorre hart
voor My voete neer
My sagte dou sal
jou troos en leer.

In U is daar kalmte
in U is daar rus
U is my Veilige Hawe
waar ek veilig is.

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →