


DORS
Mense dryf in n see
SOUT van godsdienstigheid !
So baie water –
NIKS om te drink !
Hulle kan nie verstaan
hoekom hulle vergaan
terwyl hulle dan IN
die water is nie . . . . .
Ons is almal SAAM hier,
maar ek voel so alléén
terwyl ek SOUT trane ween !
Ek lê op my rug
en kyk in die lug . . . . .
wolke vol water
maar ek kan daar nie bý nie
dit is nie vir mý nie !
Ek kan nie DINK nie
ek is te DORS
in hierdie SOUT-HEL
wat my nie toelaat
om te SINK nie !
Waar – o waar is WATER SOET, wat my siel voed en
wys wat is verkeerd, en wat is goed ?
Waar – o waar is WATER
wat my laat sink
en my laat verdrink
as ek my voet verkeerd sit ?
Die sout was nie
my vuil af . . . . .
dit bly op my vel
en dit word LAF !
Waar – o waar kan
ek SOET WATER kry ?
Die sout wat my oënskynlik bo laat bly
is ONBRUIKBAAR . . . . .
dit maak my NAAR !
Aan die Kruis het Hy gesê
“Ek het DORS “
sodat ons vandag
teen Sy BORS kan lê.
“Laat hom wat DORS het, kom, en laat hom wat wil,
die water van die LEWE neem, verniet.”
Moenie DRYF nie –
STAAN !
Moenie wonder nie –
WEET waarheen jy gaan !
LEWENDE WATER
uit Sy Sy,
is die ÉNIGSTE HOOP
vir jou en my !





IN DIE LAASTE DAE…..
In die Laaste Dae
sal mense liefhebbers wees
van hulself – en van genot –
en níe van God. . . . . .
In die Laaste Dae sal mense
die Woord van God soek
en dit nie vind nie . . . . . .
In die Laaste Dae sal
7 vrouens één man aangryp
en hom smeek, om sy naam
oor hul uit te spreek !
In die Laaste Dae sal U Woord
in die Hemelruim weerklink –
“STAAN OP – MY KIND !”
Kom Noordewind
Waai Suidewind –
versamel MY KIND !
Die Bebloede Kleed –
stukkend en vuil –
het teruggekom !
En Jakob het gehuil . . . . .
10 Broers wou Josef nie dien . . . . .
Josef het gehuil . . . . . .
toe hy hulle sien !
12 Stamme trek deur die Jordaan –
12 klippe bly in die míddel
staan.
12 klippe moet sáám gaan !
70 Siele kom saam met Jakob in Egipte aan.
Oor 7 000 man,
spreek Ek My Naam !
Kom MY SEUN,
kom by My skuil !
Ons is weer EEN !
En Josef het lank
aan Jakob se hals geween . . . . . . .


