Skryf in vir ons liefdesverhaalkursus en gesels met Elsa Winckler!

Deelnemers wat inskryf vir die tweede rondte van Skryfnet se gewilde Skryf ʼn Liefdesverhaal-kursus, wat op 19 September 2022 afskop, sal nou ook die opwindende geleentheid hê om met Elsa Winckler te gesels!

Dié kursus wat deur die gesoute boekeredakteur en manuskripontwikkelaar, Madri Victor, ontwikkel is en aangebied word, skop oudergewoonte met ʼn regstreekse aanlyn verwelkomingsessie af waarvan dié gewilde skrywer wat pas haar nuutste roman, Die vroue van Kosmoslaan, uitgereik het gaan deel wees.

Tydens hierdie opwindende sessie sal deelnemers nie net waardevolle raad van Elsa ontvang oor die skryf van liefdesverhale nie, maar ook die geleentheid kry om vir haar vrae te vra.

Skryf ʼn Liefdesverhaal word aanlyn aangebied oor ʼn tydperk van ses weke. Dit is ʼn praktiese skryfkursus wat fokus op die belangrikste elemente van liefdesverhale.

Deelnemers aan hierdie kursus sal leer hoe om oortuigende karakters te skep en hul drome en motiverings gebruik om hul plot woema te gee en spanning te bou.

Daar word boonop gefokus op die vroulike perspektief en hoe ʼn skrywer in ʼn heldin se lyf kan klim. Die kursus maak deelnemers ook touwys hoe om liefdesverhale vir publikasie voor te lê.

Om jou plek te bespreek, klik hier Skryfnet: Skryf ’n Liefdesverhaal – Die Winkel (akademia.ac.za)

Deelnemers wat die kursus voltooi, ontvang ʼn sertifikaat van Akademia

Die kursus kos R2 100 per persoon.

Inskrywings sluit op 16 September 2022, so daar is nie meer baie tyd oor nie. Bespreek nou nou jou plek!

Vir meer inligting oor die kursus, besoek ook Skrynet se webwerf, stuur ʼn e-pos na navrae@skryfnet.co.za of volg ons op Facebook en Instagram.Skryfnet is ʼn projek deur Maroela Media en Akademia.

Ons adres is:

Skryfnet

h.v. DF Malanweg en Eendrachtstraat

Kloofsig

Centurion, GP 0157

South Africa

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →