VOETSPORE…

Die plan was om elke Maandag, Woensdag en Vrydag die wonderlike gedigte wat woord is uit die Hand van ons Vader te plaas, maar ons tyd is nie ons Vader se tyd.

So hou asb Olka Bolka dop vir die inspirerende gedigte wat soms elke dag en andersins paar dae uitmekaar gaan verskyn dis voorwaar voedsel vir ons siel , wat waarsku, inlig , betug, vertroosting en liefde gee uit Die Bybel.

WORD WAKKER !

Wagters op die mure
hoeveel ure voor die dag ?
Tel die vyand se vure . . . . .
die vyand wat sit en wag !

Wagter op die muur,
jy wat wis hoe ver
die nag gevorder is –
MOENIE RUS !

MOENIE VERSUIM !
BLAAS DIE BASUIN
vroeg en laat!
Benut die ure
vóór die daeraad !

Moenie wag vir die son
om op te kom –
dan is dit te láát !

Wagters op die mure
op wie se skouers
álmál se veiligheid rus –
WORD WAKKER !
Dit is te láát om
die vure te blus !

BLAAS DIE BASUIN !
MOENIE VERSUIM !
Die vyand is reeds
in jou tuin !

Wagters op die mure –
WORD WAKKER !
Daar is nie meer ure !

BLAAS DIE BASUIN !
MOENIE VERSUIM !
Die vyand se vure
is ook BÍNNE – ÍN JOU MURE !

In die OOG . . . . .

In die OOG van die Storm
is dit STIL
U WIL hou my vas
vér bo aardse las !

U LIG hou my
in die lug
veilig in die kring
van U beskutting !

Afgesonder – hoor ek nie
die donder –
voel ek nie die wind !
Ek is veilig –
ek is u KIND !

Ek hoef nie te wonder
wat sal ek sonder
U doen nie !
U het gesé “Ek sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie !”

Sonder vrees
kan ek saam met U
die bende bestorm !

Wedergebore in U KRAG
sien ek nie die nag !Afgesonder – uitverkore –
luister ek na Hemelse Kore!

My vlindervlerke
word Arendsvleuels !
Die Beuels van Hemelkore
lei my in U Voetspore !

Sonder vrees –
vervul met U Gees –
vei – LIG –
hou U OOG
my omhoog !

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →