
Die KONING kom !
Die DEKREET het uitgegaan !
MAAK GEREED !
Die koningin is dood –
DIE KONING KOM !!!
Wyd en syd weerklink
die kreet . . . . .
MAAK GEREEED !!!
MAAK GEREEED !!!
Soms word dit geskree
Soms word dit geskryf
In die agterstrate
word dit gefluister
vir díe wat wil luister !
Orals word dit uitgedeel
ver en wyd –
aan klein en groot –
aan arm en ryk !
Maak GEREED !!!
Die DEKREET het uitgegaan !!!
Jy sal NIE kan sê
jy het NIE geweet !!!
Dit is amptelik –
dit is NOU !
As jy wil rou –
doen dit GOU !
Almal sal HOM sien,
ook díe wat HOM níe dien!
Soos die Son sal HY
oor almal skyn . . . . . .
BLAAS DIE BASUIN !!!
MAAK GEREED !!!
Hou op eet!
Vas en bid!
Was jou klere wit
dat jy mag ingaan
en aan Sy Tafel sit !
Dit is die laaste maal
dat HY praat . . . . . . .
hierna is dit TE LAAT !!!
MAAK GEREED !!!
MAAK GEREED !!!
DIT IS LAAT !!!
DIT IS LAAT !!!



HEMELBLOM
O Vader,
‘n lugblom wil ek wees !
My enigste voeding
U Lewende Water
en Ú Gees !
In U skoon lug wil ek hang –
vér bo aardse skuld en bang !
Sonder vrees wil ek
met oorgawe blom,
lieflike blomme
wat van Ú af kom !
Wie kan uit NIKS iets maak ?
Slégs U !
U kan my aanraak – en met
Water en Gees
maak U n Núwe Vlees
om vir U tot EER te wees !
O Vader, ek kies
om nie ‘n brommer nie –
maar ‘n Bromelia
vir U te wees !
Maak my asseblief ‘n Hemelblom . . . iets so mooi
kan net van Ú af kom !
Hang my asseblief
aan U Boom van die Lewe,
om n Hemelblom vir U te wees, is my strewe !

