Onderhoud met Logan op vooraand van sy nuwe enkelsnit uitreiking.

Olka Boljka het vir Logan gou ‘n paar vrae gevra om hom beter te leer ken. Sy nuwe enkelsnit Ex-Probleem word 21 September vrygestel.

Vertel ons lesers waar jy gebore en grootgeword, waar bly jy tans?

Ek is gebore hier in Pretoria waar ek nou tans woonagtig is maar het my hele kinderlewe tot onlangs nog gewoon en groot geword in ñ klein dorpie genaamd Naboomspruit Limpopo.

Wat het jy na Matriek gedoen?
As kind het my pa ñ dans/kuier plek gehad, na ñ tragiese ongeluk van ñ vriend van ons het my pa vir 5 jaar die plek toe gemaak. In matriek maak hy ñ voorstel dat ek die plek weer moet oop maak en dit dan doen as ñ “gap” jaar maar ek doen tenminste iets en leer natuurlik baie. So ek het die plek op die ou einde vir 4 jaar gehardloop, so met baie agente, kunstenaars ens. te doen gekry en dit help my nou baie met wat ek doen vandag. It’s all about networking. Ek het al baie ander werke gedoen en probeer maar die musiek was nog altyd meer dit wat ek wou doen want dit maak my gelukkig en dis wat ek moet doen.

Wat doen jy behalwe musiek?
Nou tans spandeer ek amper al my tyd aan my loopbaan en werk hard maar ek is bevoorreg met my Sponsor GlamCor Motors wat natuurlik karre koop en verkoop so ek help hulle uit so van tyd tot tyd as ñ “Spotter” of as hulle voertuie moet weg vat. Dit het my baie gehelp in die verlede wanneer daar nie baie shows was met party naweke nie.

Vertel my van jou nuutse enkelsnit?
Ex-probleem het ek in vreemde tyd geskryf een aand toe ek op ñ tyd met ñ meisie begin kuier het vir nie baie lank nie, na ñ ernstige verhouding. Toe besef ek maar dit voel asof ek deur dieselfde goed gaan as wat ek het met my vorige verhoudings. So ek het myself mal gemaak met baie vrae, want hoekom kry ek net aanhoudend
seer op dieselfde manier. Ek moes myself weer waardig laat voel, dink, maak en sien want ons as mens besef nie die skade wat ons aan ñ ander maak nie. So met Ex-probleem breek ek al die goed van my verlede, alles wat my vashou, terug hou en weg hou van my doel op aarde. Dis ñ ou probleem.
Skryf jy self jou liedjies?
Ja ek skryf al my musiek self, ek sal saam ander kan skryf ook maar my rede hoekom ek so lief vir alleen skryf is want dit is maar my terapie. Mens besef nie dat jy net ñ paar minute het om ñ baie sterk boodskap vir ander oor te dra nie. Dis hoekom dit so belangrik is met wat jy wil sê.
Is daar ‘n liedjie wat vir jou uitstaan wat jy opgeneem het?
Ek moet sê Ex-probleem, want ek het nog net 3 Weke voor hom vrygestel en dis al twee baie sterk liedjies. Die is nou eers my 2de enkelsnit en ek is bitter trots met die nommertjie en is baie opgewonde om te sien hoe mense die lied gaan ontvang.
Wat verkies jy om Afrikaans of Engels te sing? Ek is trots Afrikaans maar moet sê ek is meer lief om Engels te sing oor ek met meer mense kan werk.

Vertel ons van jouself in ‘n neutedop?
Ek is maar meeste van die tyd altyd diedelfde, baie konstante mens. Ek hou van alleen wees maar vind ook liefde en genot in my mense. Ek is maar baie kalm, hou van my rustigheid want as ek shows doen vat dit nogal van mens. Ek glo in balance en is baie sensitief as dit kom by my vertroue en tyd.

Wat is jou gunsteling Musiek genre?
Beslis Country.

Vertel ons iets wat niemand van jou weet nie?
Ek is nie lief vir jag nie.

Wat inspireer jou?
Liefde

As jy saam met enige iemand in die wêreld kan sing, wie sal dit wees en hoekom?

Kip Moore, hy is my heel gunstelling Country Sanger en ek kyk op na hom oor ek baie met sy lewens verhaal in sekere opsigte kan relate. Sy musiek was nog net medisyne vir my siel.
Wat is volgende vir jou, en hoe sien jy jou toekoms? Ek wil kyk of ek nog ñ enkelsnit nou kort na Ex-probleem te release. Dan ñ EP van so 8 liedjies begin bymekaar te sit om dalk iewers in volgende jaar dit daar buite te kan sit. Ek sien ñ goeie toekoms vir myself in dit wat ek doen want ek sal al my tyd en fokus daar in sit om ñ sukses van dit te maak want ek is vrek lief vir musiek!

Wat is op jou emmerskoplys? (Bucket List)
Ek het ñ baie lang emmerskoplys want elke dag is daar nog iets wat ek wil doen, plus ek is adventurous. Maar ja vir nou sal ek daarvan hou om oorsee te gaan travel, dalk vir ñ so 6 maande back packing gaan doen in Amerika om net nog meer van die siel te vind en voel (music wise). Maar nog so paar goed soos Valskermspring, Cape Argus en wie weet survivor dalk haha!

Wanneer verjaar jy?
29 November

Wat is jou gunsteling:

Tipe Musiek: ek hou van baie verskillende musiek maar beslis Country, Afrikaans, Delta Blues, Golden Oldies, Classics, Jazz, Folk, Worship.

Sangers: ek noem net ñ paar, Kameron Marlow, Kip Moore, Bruce Springsteen, Elvis Presley.

Band: Blink 182, My chemical romance, Rascal Flatts ens.

Gunsteling liedjie: Kip Moore – If I was your lover

Rolprent: Phantom of the Opera

Akteurs: Jennifer Aniston, Bradley Cooper


Reeks: Nashville

Kos en drankie: See kos & Jack Daniels

Ontspanning: Visvang, Hiking, Golf, 4×4

Boek: ek lees nie graag nie

Vakansie bestemming: Mosambiek

Kleur: Pers
Waarvan hou jy niks – noem 4 dinge.

  • Afval
  • Green Peppers
  • Mense wat lieg
  • Onregverdigheid

Waar kan mense jou kry en volg?
Ek is op alle sosiale media platforms soos Facebook, Instagram en TikTok

Vir besprekings kontak:

Danelle Liebenberg El Far

Starburst Promotions

071 534 7796

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →