VOETSPORE…moenie vrees – trek die WAPENRUSTING van God aan.

Psalm 14

Die Skrif is teen die Muur.
Dit is NOU die Uur.

Die OORDEEL is hier !
Dit is helder dag
DONKER NAG !

TYD het uitgeloop.
GENADE is weggestroop.

Die uurglas is leeg.
Die mensdom is geweeg –
en te lig bevind.

Satan baljaar !
Besete brand en sny
sy kinders mekaar !

Die aarde is n KIS
vol onheil – wanorde – waansin – wanhoop –
en DUISTERNIS !

Met jou rug teen die muur
weet jy – die EINDE is hier !
Niemand hoor as jy roep . . .
niemand kom jou soek !

Dit het nou begin !
Die water is op !
Die meel is min !
Níks maak meer sin !

GEWEEG . . . GEWEEG . . .
TE LIG BEVIND . . . . . . . . !

U IS my Lig !
U IS my Sig!

Bewaar my Vader . . . .
ek is U KIND !

Vrees

Vrees is soos n vuur
wat jou binneste verteer . . .
As dit eers vlamvat
is daar geen keer !

Soos donderweer
dreun dit deur jou!
Soos weerlig
lê dit jou lam !

Paniek neem oor !
Níks bly oor !

Vrees is n Verwoester !
n Wrede harde genadelose
monster wat feite verdraai –
geloof verraai –
lig uitwis !

Vrees is slinks!
Hy glip by die agterdeur in . .
n Leuen hier –
n bietjie twyfel daar !
As jy weer sien
is hy jou vóltydse gesellin !

Soos n seekat se taai –
klewerige arms,
versmoor hy jou !
Met sy leuens
vermóór hy jou !

Gryp die slang
aan sy stert
vóór hy jou merk!
Vermorsel sy kop !
Jy kán – jy is sterk !

Gooi Lewende Water
op die vuur !
Spreek die Woord –
dit is jou Muur !

Draai jou rug !
Loof en Prys –
dit laat hom vlug!

Kyk OP !
Sê hard en duidelik STOP !
Jy – vrees – is gebind !
Ék – is die KONING se Kind !

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →